Archive for February, 2008

29
Feb
08

Nie langer nie (deur Klopjag)

Na aanleiding van baie se skrywery oor die onderwerp…

Ek weet ons was verkeerd

dit was op CNN, BBC en oral om op TV

die feite le nou op die tafel

kan ons asseblief aanbeweeg meneer

want ek sal nie langer jammer se nie

ek sal nie langer jammer se nie

ek sal agter in die tou staan

ons reenboog op my mou dra,

maar ek sal nie langer jammer se nie

Die feit dat ek nie altyd saamstem nie

maak my nie ‘n racist nie

so gaan soek die balk in jou eie oog

want ek sal nie langer jammer se nie

ek sal agter in die tou staan

ons reenboog op my mou dra,

maar ek sal nie langer jammer se nie

hou op geld mors op naamveranderings

daar’s mense sonder huise, kinders sonder kos

so wie is nou die sondebok

ons sal nie langer jammer se nie…

29
Feb
08

dag liewe mens

kids

 

dag liewe mens
neem jou tyd om gelukkig te wees
jy is ‘n wonderwerk
wat tydelik woon op hierdie aarde

jy is enig
uniek,
onvervangbaar
besef jy dit

waarom is jy nie verbaas
bly
en verstom
oor jouself
en al die ander rondom jou

vind jy dit so gewoon
so vanselfsprekend
dat jy leef
dat jy MAG lewe
dat jy tyd kry om te sing
en te dans
en gelukkig te wees
saam met jou geliefdes

waarom dan jou tyd verspeel
in ‘n sinnelose gejaag
na geld en besittings

waarom belas jy jouself
met kommer
oor more en oormore

neem rustig jou tyd om gelukkig te wees
tyd is geen snelweg

tussen die wieg
en die graf
is daar ‘n groot ruimte
om plek te maak
vir jou en die mense rondom jou

28
Feb
08

stilswye

onthou

vyf jaar het jy hand aan hand met die monster geloop
en die wat geweet het het geglo daar’s hoop

Die tyd saam met jou was kosbaar
en ek sukkel nog om jou besluit te aanvaar

daar was niks wat ek sou kon doen
en jou skielike heengaan het my weer
met “ousus” versoen

ek mis jou elke dag
en wil nie vergeet nie

hoe jy my oor die straat gedra het
as niemand iets van my wou weet nie

die oproepe tydens eksamens
en jou gebede se amens

die seer is nog daar
en verander net van kleur soos ‘n herfsblaar

my woorde sal die omvang van
jou menswees nooit kan beskryf nie

‘n pa vir my die was jy
daaraan is geen twyfel

jou stem het my rustig gemaak
jou arms het my getroos

ek weet jy rus nou en kyk nog
op jou manier na my

ek hoor jou nog altyd
en voel jou hier by my
ek wens net ek kon nog ‘n paar
woorde inkry

ek hoor hoe jy lag
en vir my se “bogger” die af dag

“vasbyt meisiekind, jy’s amper daar!”
en eendag nie te ver van nou
sal ons weer saam gaan vakansie hou

28
Feb
08

Een van daai dae of eerder weke…

28
Feb
08

Graduation day

graduation day (27 Feb) 008

Die afgelope 2 weke het ons graduation van die kinders gehad wat Maandag met GROOTSKOOL (elementary school) begin. Ek was teen vanoggend se laaste seremonie goed gatvol om soos ‘n flippen skouperd voor die ouers vertoon te word…Hulle het ‘n obsessie met foreign teachers en hoe meer ouers jou sien hoe beter, wel so reken hulle. Dink dit werk ook net as mens heeltyd smile en ek kon die fake gesiggie ook net so lank opsit! Wat vandag darem so bietjie beter gemaak het is dat dit “my” kinders was en hulle was net 7, so dit het vinnig verby gegaan…

 

graduation day (27 Feb) 018

graduation day (27 Feb) 027

 

 

 

 

 

 

Ek het darem ‘n gratis aandete gescore! Dit was soos ALTYD hopeloos te veel kos, maar ten minste chinese vir ‘n verandering…

 

graduation day (27 Feb) 053

graduation day (27 Feb) 064

graduation day (27 Feb) 058

27
Feb
08

Naweek in Hwasun

By my skool, of Hagwon soos hulle dit hier noem, is ons net ‘n klomp vroumense…so het my kollegas my dan nou ook eindeloos genag om vir ‘n naweek saam met hulle weg te gaan. Aanvanklik was ek nie baie lus vir die hele storie nie, want hulle is nie altyd so mal daaroor om engels te praat nie. Dit kan nogal irriterend raak as mens nie weet wat om jou aangaan nie, maar ek kry hulle goed terug deur sommer net in afrikaans (met myself natuurlik) te praat. Hulle het darem nou al die boodskap uitgefigure:-)

So is ons toe nou een Vrydagaand hier weg na Hwasun. Dis ‘n klein plekkie so uur se ry van Gwangju af. Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar was tog so bietjie opgewonde om ‘n nuwe plek te sien. Om die minste te se, het ons natuurlik verdwaal en ek was so bietjie bekommerd, maar nie oor dit gevaarlik is nie. Ons het na ‘n lang gesukkel uiteindelik die regte afdraai gekry en in allerhande kronkelpaadjies die berg opgery. Ons het in ‘n houthuisie in die berg/bos gebly en dit was ook nie so maklik om te kry nie.

 

houthuisiemy kollegas

 

 

 

Ek het op ‘n stadium uit die kar geklim en ‘n end vooruit gestap om te kyk waarheen die pad gaan, want dit het vir my maar soos ‘n doodloopstraatjie gelyk. Die spul koreaanse vroumense het al gillend en benoud agterna geroep toe hulle my nie meer in die kar se ligte kon sien nie. Ek het gele soos ek lag! Ek is nie ‘n bang mens nie en nog minder vir die donker, maar so moes ek toe nou uitvind dat die lot wil omkap as die ligte afgaan. Hulle is vrek bang vir die donker en vir al die onheil wat kan uitbroei in die nag…soos ek dan nou ook is, moes ek natuurlik hul siele so bietjie uittrek en die lot goed skrikmaak! Evil me, maar dit was vrek snaaks!

Ek het toe maar teruggestap in die rigting van die kar om vir hulle te se hulle moet omdraai. My een kollega het my natuurlik nie geglo nie en moes tot onder ry om seker te maak. Dis nou ook waar baie van die sports begin het…aan die einde van die pad was ‘n groot grasperk waar sy wou omdraai, maar in die hoek was ‘n verskuilde graf. Toe die kar se ligte daarop val het sy so vinnig as moontlik die kar gedraai en daar was net een stofwolk soos sy die kar gespin het! Hulle was spierwit!!! Soos ek kan aflei is hulle spoke nogal wild (volgens die koreane) en daarom is hulle dan nou so bang vir die donker.

boo-ha-haOns het nie lank daarna ons bestemming bereik. Ek moes elkeen vergesel in die donker paadjie na die huisie op die hewel. Daar was ‘n baie spookagtige atmosfeer in die lug met die paar dowwe, geel ligte wat die pad na bo verlig het en die wind wat deur die hoe bome se takke gesuis het. Dit was maar stil…dis nou tot die kospotte aan die gang gesit is en die wyn begin vloei het!

Vir die een ding is ek baie dankbaar en dit is dat my kollegas darem hul rooiwyn geniet en daar was camembert kaas ook! Ek was heel verbaas! Hulle kan nie hul wyn so goed hanteer nie en het vroeg, vroeg op hul ore geloop, soveel so, dat ek hulle moes leer afrikaans praat! Dit het my natuurlik baie vermaak! lekker rooies

Stilletjies het die een na die ander verWYN (soos ek deesdae se) en in die bed geklim (of is dit nou op die vloer neergeplons?).

Vroegoggend is ontbyt gemaak, maar nie soos ons dit ken nie…rys en kimchi…en darem bulgogi (beesvleis) ook! Ek sukkel om so vroeg in die oggend jogurt af te sluk, wat nog van so swaar ete! Ek was egter bly dat ek ge-eet het, want die daaropvolgende aktiwiteit was uitputtend!

Ons het vertrek na ‘n oord (weet duidelik nie wat die naam is nie) waar mens met sulke rubber tjoepies teen ‘n helling afgly! Daar het die kind in my weer die oorhand gekry en het ek ‘n paar skoolkinders ore aangesit! Dit was vetpret! Ek dink die sneeu doen iets aan my…dis asof die ander ek uitkom (onthou enige iemand daardie afrikaanse kinderprogram?)! Wel, ek gee nie om nie, solank ek dit geniet:-)

 

wheeeeee

up, up, up and away

So het ‘n lang dag dan ook tot ‘n einde gekom en is ons moeg en met seer lywe terug na Gwangju!!! Dit was die eerste keer in ‘n lang tyd wat ek weer oor ‘n naweek in Gwangju was en het ek nie geweet wat om met myself aan te vang nie.

Die volgende wyk nou so bietjie van die bogenoemde tema af, maar ek vertel dit in elk geval…

Sondagmiddag was ek regtig gatvol vir my woonstel en toe gaan soek ek ‘n hair shop. My kollegas het lank belowe om my te vat om my hare te sny, maar het ook nie so ver gekom nie. Ek was moeg gewag en vat toe nou maar ‘n kans om dit op my eie te probeer doen. My hare is lank so hoeveel kan nou verkeerd gaan as hulle net die punte moet sny? en dit krul ook daarby, so dit kan nie te erg opgeduiwel word nie, reg???

Ek het toe ‘n plek gekry wat nie te besig was nie en hulle het beduie dat ek kan sit. Hulle het nie ‘n woord engels verstaan nie en moes ek maar met handgebare wys wat ek gedoen wil he en bid vir die beste!!! Ek het toe sommer my hare laat reguit maak ook…ek het 4ure later daar uitgestap!!!! Hulle vat ook maar hulle tyd hoor…ek was heel tevrede en moerse verbaas oor wat ek kon regkry sonder om ‘n woord te se! Hulle het presies gedoen wat ek wou gehad het…dis meer as wat ek van sommige SA haarkappers kan se. Ek weet nie wie was meer verbaas nie, ek of my kollegas!!! Hulle dink natuurlik ek was heeltemal van my kop af om alleen te gaan vir ‘n haarsny!

Hier is ‘n foto van ‘n hair shop in downtown. Nie waar ek was nie!

 

dit lyk nie lekker nie

26
Feb
08

wintersprokie

Ek het aan die einde van die herfs hier in Suid Korea aangeland en was alles behalwe voorbereid op die winter wat voorle. Ek het al sneeu gesien, maar dit was niks in vergelyking met wat ek hier ervaar het nie. Ongelukkig het ek nie ‘n wit kersfees gehad nie, maar die nuwejaar was spierwit.

Ek is die laaste naweek van 2007 weg uit Gwangju en hier het dit net baie gereen en NIKS gesneeu nie. Ek het egter een aand in Gyeongju die eerste sneeu van die winter gesien val, maar dit was ook maar so min dat ek ietwat teleurgesteld was…Ek het in die eerste week van Januarie 2008 my wintervakansie gehad en moes net gaan waar die sneeu is en so het ek op ‘n bus of twee geklim en die lang pad Muju toe aangedurf. Die opgewondenheid was groot en ek het soos ‘n kind op oukersaand gevoel. Ek het eers donker in Muju aangekom, maar het nie omgegee om die koue te trotseer en om my kamera te “oor-ys” nie.

eish

stoel

motel in muju

 

 

 

Toe ek uiteindelik, dood onskuldig, weer by my slaapplek aankom is ek deur die ene Mr. Kim aangekeer en ‘n bier aangebied. Ek het maar gehuiwer oor die saak, maar het op die ou einde ingegee. Toe ek myself weer kon kry word ek uitgevra oor my skoengrootte en word ek so ewe na buite geneem om skiklere aan te pas. Hier bestaan nie iets soos grappies maak oor sulke goed nie en voor ek my kon kry is ek opgegear vir ‘n “snowboard” sessie. Ek was vrek opgewonde, want dit was iets wat ek nog altyd wou doen, maar ek moet bieg, ek was maar bietjie skrikkerig en het geweet ek gaan ‘n totale gek van myself maak. Gelukkig het my “partner in crime” besluit om te ski, so ek was nie so bekommerd om my naam met ‘n sneeuplank te slaan nie aangesien ons nie saam gewys is hoe om die hele storie te probeer bemeester nie.

 

resort

wit bergtoppe

 

 

 

 

 

 

Die hele ervaring was absoluut fantasties en alhoewel dit maar die heeldag onder vriespunt was het ek dit nie eers agtergekom nie. Aan die begin was dit maar ‘n gesukkel om my balans reg te kry, want met jou twee voete vasgemaak aan daardie snowboard is dit nie so maklik nie, maar ek het verbasend gou agter die kap van die byl gekom. Om vorentoe te gaan moet jy die bord afdruk en hoe verder jy dit afdruk hoe vinniger beweeg jy en as jy wil stop of stadiger, moet jy jou gewig na agter gooi, maar ook nie te veel nie, want dan val jy. Ek is ernstig gewaarsku dat ek NOOIT moet vooroor val nie, want jy sal jouself doodval… Soos ek nou maar is, moes ek natuurlik met ‘n helse spoed daar teen die 2e laaste helling af (was baie lekker). Toe ek myself bang maak het ek te vinnig probeer stop en my balans vooroor verloor en daar was een GROOT sneeuwolk rondom my!!! Ek weet nou hoekom mens nie moet vooroor val nie. My wind was uit en ek het net daar bly le: koud, in pyn en vol sneeu! Maar ek sal mos nou nie laat een val my keer nie…so staan ek toe maar weer op na ek weer kon reguit sien en gly toe rustig na onder.

 

sit gat, rus bene

ski-helling van bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar het ek ook besef dat ek dalk weer een of ander vorm van oefening moet oorweeg! Dit vreet mens se bene! Needless to say; ek kon die volgende dag nie so lekker loop nie:-)

Ek was die hele dag op die berg en was dood toe ek by die motel aangekom het. Mr. Kim was ook nou nie juis genadig gewees nie…regte Hitler en ek het my ‘n paar keer goed vir hom vererg! Gelukkig het ek ‘n ander instruktrise die oggend gehad…

Ek is ‘n absolute adrenalien junky en sal dit vir enige iemand aanbeveel! Dit was regtig sooooo lekker en ongelooflik mooi!!!

dennebome bo op die berg

wit bome bo-op berg

 

 

 

 

 

 

Die volgende dag is ek met ‘n swaar hart terug na my stad (Gwangju), maar was aangenaam verras met die 50cm sneeu wat ons in my afwesigheid gekry het. Die winters hier is maar so vaal en lelik soos in die Transvaal, maar die sneeu maak die koue hier die moeitewerd en het ‘n eens vaal en grys landskap in ‘n sprokieswereld omtower. Die sypaadjies was egter nie baie veilig nie en mens het maar so gly-gly rondgeloop. Ek kon nie glo hoe die landskap verander het nie…Dit was dan nou ook ons eerste en laaste groot sneeustorm gewees en het sedertdien nog nie weer so baie gesneeu nie, maar dis werklik iets wonderlik om te beleef. Wat dit vir my nog meer magical gemaak het is dat ek dit met iemand kon deel wat dit net so baie soos ek geniet het. Dit was great om weer soos ‘n kind te kon jol! Ek vergaap my elke keer aan al die mooi patrone van die sneeuvlokkies en dit laat my heeltemal in vervoering.

 

 

bly dis nie my kar nie

kleurvolle insekte

Nou wag ek in spanning vir die lente om sy verskyning te maak, want gisteraand se sneeu en reen het die temperature vandag weer skerp laat daal…ek hou regtig nie van die koue as ek moet werk nie. Sal veel eerder in die bed bly:-)

voetspore na 'n ander wereld

21
Feb
08

Nuwejaar in Korea

Soos baie van julle seker weet, het die oosterse bevolking ‘n “lunar new year” ook, wat dan nou in die eerste week van Februarie val. Ek moet se, ek sien vreeslik baie uit na die paar dae van niks doen en explore…

Vir die Koreane is dit ‘n baie belangrike feestyd en almal stroom na hul ouerhuise om die tyd saam met hul families te spandeer. Wat dit alles behels weet ek nog nie, maar ek is seker ek sal vinnig uitvind en dan kan ek dit met julle deel.

Vir eers sal ek maar vertel van my eerste nuwejaar in Korea…

Dit het begin met ‘n uitgerekte rit in die rigting van Pohang, ‘n kusdorp in Homigot see die ooste van Suid-Korea. Ek het egter nie omgegee nie, want dit was ‘n fees der feeste om te beleef. Ek het moeg is Homigot aangekom en die yskoue seewind het my glad nie tuis laat voel nie. Alle idees om te gaan rondloop en verken het soos mis voor die son verdwyn!

 

 

 

Ek het myself maar tuis gemaak in my woning vir die aand en ja, die krismisbed mense glo nie aan beddens nie en om op die grond te slaap is glad nie ‘n probleem nie. Die ondervloerse verhitting maak darem op vir die harde vloer as dit so koud raak. Dit was verseker die koudste wat ek nog in my lewe gekry het. My koreaanse geselskap het egter seker gemaak dat ek warm bly met al die soju wat hulle my ingejaag het…ek sit nie gou weer my mond daaraan nie, hoor!

 

 

KlokNet voor middernag is ek daar uit om te sien hoe hulle ‘n moviese groot klok twaalfuur lui en intussen trotseer ek temperature van -14!!! Dit was absoluut die moeitewerd gewees om dit te ervaar. ‘n Groot brandstapel is ook gemaak waaraan nuwejaarswense opgehang is en dit is toe later van stapel gestuur en in vlamme na bo…die vuurwerke het die donker hemel verlig met al die kleure van die reenboog en ek kon regtig nie ophou kyk nie. Na al die verrigtinge is ek stil-stil weer terug na my huisie om nog ‘n paar ure se slaap in te kry voor die son opkom. Dit is dan nou natuurlik waaroor alles gaan. Duisende, indien nie miljoene nie, Koreane stroom elke jaar na Homigot vir die een rede: om die son te sien opkom in die nuwejaar! Almal is opgewonde, maar soos die meeste my ken is ek nie vir die oggend bedoel nie en het dit maar sukkel-sukkel gegaan om al die pad te stap tot by die see.y Weereens was dit ongelooflik koud en moes ek langer as wat ek wou in die wind staan en wag vir die son om sy verskyning te maak.

 

 

branstapel

wensboom

 

 

 

 

 

vuurwerke

 

 

 

 

 

 

In die verte hoor ek hoe hulle dromme speel en sien mense dans en met eens word alles stil en loer die sonnetjie skaam oor die horison. Uiteindelik!!! Die nuwejaar is hier en almal juig opgewonde…balonne word die lug ingestuur en musiek word gespeel, mense sing en dans asof daar nie ‘n more is nie…

 

sonsopkomsballonne

 

 

 

 

 

 

Ek beskou myself werklik as baie bevoorreg om dit te kon beleef.y Ek moet ook net by se dat die koue na my nuwejaarservaring ‘n “breeze” was.y Vreemd hoe gou mens aanpas :-)

18
Feb
08

Jaar van die rot in Gwangju

Ek het die jaar van die rot behoorlik ingelui. Woensdagmiddag (6 Februarie) het my twee “partners in crime” stokflou in Gwangju aangekom. Die pad was langer as gewoonlik met al die verkeer. Al wat ‘n koreaan is het op ‘n bus gespring of in ‘n kar geklim na hul ouerhuise. Ek moet eerlik se dat ek BAIE bly was dat hulle besluit het om na my toe te kom…was ook hoogtyd…

Ek het hulle op ‘n baie besige busterminaal ontmoet, waarna ons die winkels ingevaar het en so bietjie gaan rondloop het in die nabye omgewing. Ons het egter nie te lank rondgedrentel nie, omdat baie van die winkels reeds toe was vir die komende vakansiedag. Ons het darem gekry wat ons nodig gehad het om my yskas vol te kry en natuurlik ook ‘n ou ietsie om te drink ;-)

Donderdag het ons opgestaan met ‘n missie om te gaan verken in my onmiddelike omgewing, maar soos ek my gaste ingelig het, is daar nie veel om te besigtig op voet nie.
Behalwe as jy nuwe geboue wil sien opkom soos paddastoele en ‘n see van hyskrane…Donderdag was dan nou ook d-dag wat die nuwejaar aanbetref en as jy enigsins ‘n winkel kon oopkry was jy gelukkig. Dit het soos ‘n spookdorp gevoel en al wat gekort het was die rollende tolbosse wat moes verby waai. Ek het egter in allerhande vreemde en onbekende straatjies ingewandel en op allerhande interessante goeters afgekom.

Toe ek om ‘n hoek gestap kom het ek ‘n gil van opgewondenheid ge-uiter (ek moet net se, ek was nie die enigste een nie). Julle sou ook so opgetree het as julle ‘n SPAR in die middel van nerens gesien het.

spar

My teleurstelling was egter groot toe ek besef het dat daar geen Spar produkte sal wees soos wat ons dit ken nie. Dit was maar ‘n tipiese koreaanse kafeetjie gewees met al die normale koreaanse goed daarin. Maar hy was oop! Ek het juis vroeer vir die manne gese dat alle winkels in SA maar kan toe wees, maar jy sal altyd iewers ‘n Spar kry wat oop is. Dit was regtig ‘n baie weird oomblik…

So het Vrydag ook aangebreek en het ons die stad of eerder “downtown” soos hulle dit hier noem, ingevaar. Eers het ons die bus gevang tot by die busterminaal en vandaar het ons die subway opgespoor. Dit was doodstil ondergrond, maar die skoonmakers was hard aan die werk. Dis een ding van die land…daar is altyd iemand besig om skoon te maak en om die plekke in stand te hou en alles werk net so goed.
Gwangju se subway is natuurlik baie eenvoudiger as die van Seoul, met die dat daar net een lyn is. Daarvoor is ek dankbaar, want ek en verdwaal is nie goeie maats nie.

So het ons uiteindelik ons bestemming bereik en ure in “downtown” spandeer, waar ek my verkyk het aan al die winkels en mense.

Vrydag het verby gevlieg en Saterdag het ons baie moeg en lui, uiteindelik opgestaan en verder gaan verken. Die keer is ons egter na die buitewyke van Gwangju, waar ons na tradisionele huisies gaan kyk het. Die gebied waar ons gaan verken het is so 16 km buite Gwangju, rondom die Gwangju meer. Ek dink die omgewing is regtig mooi in die lente en as dit nie vir die effense sneeu was wat daardie middag geval het nie, sou dit sekerlik nie so mooi gewees het nie.

Die Hwanbyeokdang Pavillion is een van Gwangju se monumente. Dit is gebou deur die skrywer Kim Yunjae wat dan ook in die laaste jare van sy lewe hier studente opgelei het.

sonsondergang by pavillion

Ons het natuurlik nie veel daglig gehad nie, maar het die beste daarvan gemaak en tot na donker in die omgewing rondgeloop.

Dan laaste, maar verseker nie die minste nie, het ons teruggery met die bus na die grote stad waar ons ‘n tradisionel eendgereg in Yu-dong straat gaan eet het. In hierdie straatjie is daar net restaurante wat eend bedien en dit was verseker uit die boonste rakke. Ek kon nie genoeg daarvan kry nie en dit het die week se kuier goed afgesluit.

orritang

So het die jaar van die rot dan nou goed begin en het ek ‘n wonderlike paar dae vol avonture gehad. Wat meer wil mens he…?

02
Feb
08

Hallo wereld!

hoe my nuwe wereld van ver lyk

Hier is ek nou…weet nie regtig wat om te skrywe nie…dalk moet ek maar by die begin BEGIN!

So paar maande terug het ek ‘n besluit geneem om ander waters te gaan toets, nie omdat ek noodwendig wou nie, maar omdat ek nie ‘n keuse gehad het nie.  Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek in die vreemde sit nie, veral as ek die koerante so dophou.  Julle wonder seker waar in die wereld ek dan nou is…ek is in Suid-Korea! 

Baie mense het my met vrae in hul oe en geligte wenkbroue aangestaar toe ek die nuus gebreek het.  “Korea!!!!”  Ja, Korea en NEE ek wil nie Londen toe voeter nie – die weer is te sleg…dit was my antwoord vir ALMAL!

Ek moet erken dat ek regtig blindelings in die hele ding ingestap het en ek het baie min geslaap in die week voor die groot uittog, maar wat vir my gewag het maak al die onsekerheid en twyfel wat ek eens gehad het die moeitewerd.  My eerste 2 weke was nie baie aangenaam nie maar later het alles in plek begin val en  n hele nuwe, maar tog vreemde, wereld het vir my oopgegaan.

Ek het my elke dag verstom aan al die vreemdes om my en die snaakse kosreuke, klanke en letters.  Vandag kan ek terugkyk en net glimlag oor hoe ek gevoel het, want party dae vergeet mens dat jy in ‘n ander wereld is.




Kalender

February 2008
M T W T F S S
    Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 13,765 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye