
Hier is ek nou…weet nie regtig wat om te skrywe nie…dalk moet ek maar by die begin BEGIN!
So paar maande terug het ek ‘n besluit geneem om ander waters te gaan toets, nie omdat ek noodwendig wou nie, maar omdat ek nie ‘n keuse gehad het nie. Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek in die vreemde sit nie, veral as ek die koerante so dophou. Julle wonder seker waar in die wereld ek dan nou is…ek is in Suid-Korea!
Baie mense het my met vrae in hul oe en geligte wenkbroue aangestaar toe ek die nuus gebreek het. “Korea!!!!” Ja, Korea en NEE ek wil nie Londen toe voeter nie – die weer is te sleg…dit was my antwoord vir ALMAL!
Ek moet erken dat ek regtig blindelings in die hele ding ingestap het en ek het baie min geslaap in die week voor die groot uittog, maar wat vir my gewag het maak al die onsekerheid en twyfel wat ek eens gehad het die moeitewerd. My eerste 2 weke was nie baie aangenaam nie maar later het alles in plek begin val en n hele nuwe, maar tog vreemde, wereld het vir my oopgegaan.
Ek het my elke dag verstom aan al die vreemdes om my en die snaakse kosreuke, klanke en letters. Vandag kan ek terugkyk en net glimlag oor hoe ek gevoel het, want party dae vergeet mens dat jy in ‘n ander wereld is.







Se jou se