Archive for February 18th, 2008

18
Feb
08

Jaar van die rot in Gwangju

Ek het die jaar van die rot behoorlik ingelui. Woensdagmiddag (6 Februarie) het my twee “partners in crime” stokflou in Gwangju aangekom. Die pad was langer as gewoonlik met al die verkeer. Al wat ‘n koreaan is het op ‘n bus gespring of in ‘n kar geklim na hul ouerhuise. Ek moet eerlik se dat ek BAIE bly was dat hulle besluit het om na my toe te kom…was ook hoogtyd…

Ek het hulle op ‘n baie besige busterminaal ontmoet, waarna ons die winkels ingevaar het en so bietjie gaan rondloop het in die nabye omgewing. Ons het egter nie te lank rondgedrentel nie, omdat baie van die winkels reeds toe was vir die komende vakansiedag. Ons het darem gekry wat ons nodig gehad het om my yskas vol te kry en natuurlik ook ‘n ou ietsie om te drink ;-)

Donderdag het ons opgestaan met ‘n missie om te gaan verken in my onmiddelike omgewing, maar soos ek my gaste ingelig het, is daar nie veel om te besigtig op voet nie.
Behalwe as jy nuwe geboue wil sien opkom soos paddastoele en ‘n see van hyskrane…Donderdag was dan nou ook d-dag wat die nuwejaar aanbetref en as jy enigsins ‘n winkel kon oopkry was jy gelukkig. Dit het soos ‘n spookdorp gevoel en al wat gekort het was die rollende tolbosse wat moes verby waai. Ek het egter in allerhande vreemde en onbekende straatjies ingewandel en op allerhande interessante goeters afgekom.

Toe ek om ‘n hoek gestap kom het ek ‘n gil van opgewondenheid ge-uiter (ek moet net se, ek was nie die enigste een nie). Julle sou ook so opgetree het as julle ‘n SPAR in die middel van nerens gesien het.

spar

My teleurstelling was egter groot toe ek besef het dat daar geen Spar produkte sal wees soos wat ons dit ken nie. Dit was maar ‘n tipiese koreaanse kafeetjie gewees met al die normale koreaanse goed daarin. Maar hy was oop! Ek het juis vroeer vir die manne gese dat alle winkels in SA maar kan toe wees, maar jy sal altyd iewers ‘n Spar kry wat oop is. Dit was regtig ‘n baie weird oomblik…

So het Vrydag ook aangebreek en het ons die stad of eerder “downtown” soos hulle dit hier noem, ingevaar. Eers het ons die bus gevang tot by die busterminaal en vandaar het ons die subway opgespoor. Dit was doodstil ondergrond, maar die skoonmakers was hard aan die werk. Dis een ding van die land…daar is altyd iemand besig om skoon te maak en om die plekke in stand te hou en alles werk net so goed.
Gwangju se subway is natuurlik baie eenvoudiger as die van Seoul, met die dat daar net een lyn is. Daarvoor is ek dankbaar, want ek en verdwaal is nie goeie maats nie.

So het ons uiteindelik ons bestemming bereik en ure in “downtown” spandeer, waar ek my verkyk het aan al die winkels en mense.

Vrydag het verby gevlieg en Saterdag het ons baie moeg en lui, uiteindelik opgestaan en verder gaan verken. Die keer is ons egter na die buitewyke van Gwangju, waar ons na tradisionele huisies gaan kyk het. Die gebied waar ons gaan verken het is so 16 km buite Gwangju, rondom die Gwangju meer. Ek dink die omgewing is regtig mooi in die lente en as dit nie vir die effense sneeu was wat daardie middag geval het nie, sou dit sekerlik nie so mooi gewees het nie.

Die Hwanbyeokdang Pavillion is een van Gwangju se monumente. Dit is gebou deur die skrywer Kim Yunjae wat dan ook in die laaste jare van sy lewe hier studente opgelei het.

sonsondergang by pavillion

Ons het natuurlik nie veel daglig gehad nie, maar het die beste daarvan gemaak en tot na donker in die omgewing rondgeloop.

Dan laaste, maar verseker nie die minste nie, het ons teruggery met die bus na die grote stad waar ons ‘n tradisionel eendgereg in Yu-dong straat gaan eet het. In hierdie straatjie is daar net restaurante wat eend bedien en dit was verseker uit die boonste rakke. Ek kon nie genoeg daarvan kry nie en dit het die week se kuier goed afgesluit.

orritang

So het die jaar van die rot dan nou goed begin en het ek ‘n wonderlike paar dae vol avonture gehad. Wat meer wil mens he…?




Kalender

February 2008
M T W T F S S
    Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

Blog Statistieke

  • 14,695 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye