
WAT IS DIT???
“Plastination” is ‘n tegniek wat gebruik word om weefsel te preserveer. Die resultaat is weefselmonsters wat droog, reukloos en duursaam is. Die standaard prosedure van “plastination” is deur Gunther von Hagens in 1985 beskryf by die Heidelberg Anatomie Instituut in Duitsland.
METODE…
In die proses word die weefsel (of dan nou die hele liggaam) deur alkohol gedehidreer. Lipiede (vet) en oorblywende water word deur asetoon verwyder wat dan weer vervang word deur silikon in ‘n vakuum. Die silikon word dan verhard deur die blootstelling aan ‘n sekere gas.

Die voordeel van eksemplare wat “plastination” ondergaan het is eindeloos as dit by anatomie kom. Die weefsel behou sy natuurlike voorkoms, dis droog en ruik na niks. Die eksemplare behou hul vorm en kan maklik vervoer en by kamertemperatuur gestoor word. Dit is veral voordelig vir nuwe mediese studente wat die eerste keer met kadawers te doene kry. Mens hoef dan ook nie vicks onder jou neus te smeer om die doodse reuk te probeer afweer nie. Laat iemand anders die stink werk doen en die studente kan netsoveel leer SONDER om om te kap!
Nou wonder julle seker hoekom ek hieroor ietsie skrywe…Wel, ek was die afgelope naweek by so ‘n “body” uitstalling hier in Gwangju waar ek bly en dit was amazing!!! Dit sal sekerlik die meeste mense se nekhare laat regop staan, maar dis regtig nie te gross nie. Inteendeel! Ek is seker maar ‘n freak as dit by sulke goed kom, want dit pla my nie in die minste nie en hoe meer ek kan sien hoe beter. Om te weet hoe goed werk en hoe dit aanmekaar gesit is laat my tick.
Ek persoonlik dink dit is ‘n great vorm van kuns, maar dis net ek. Ek het voorheen ‘n program gesien oor die duitse knaap wat die storie begin het en sy werke was besonders. Dit het natuurlik ‘n moviese bohaai veroorsaak, omdat hy onopge-eisde lyke gebruik het, maar later van tyd het mense self hul lyke vooraf begin skenk vir die wetenskap. Ek weet egter nie wie die skrefiesoog is wat die spesifieke uitstalling gehou het nie aangesien alles in koreaans was. Nietemin, die ou het ‘n baie goeie werk gedoen met sy “subjects”
Ek is by die groot donker saal in en het nie regtig geweet wat om te verwag nie.

Toe ek die ou moes groet het dit gevoel soos een of ander “house of horrors” by ‘n kermis. Boo-ha-ha-ha!

En toe dink ek net “plak ‘n palm op my regterhand en groet my!”
Die “mummy” foto was natuurlik nie wettig nie, maar ek MOES dit net afneem! Die Koreane het nogal issues met hul kuns afneem…die res van my foto’s was egter almal met toestemming;-)
As iemand ooit weer se “ek gaan jou velle aftrek!” sal dit die prentjie wees wat by my opkom…

Hierdie was by verre my gunsteling…



Nog ‘n paar foto’s van die uitstalling…




Bloedvate in die longe, hand en lewer…



Dan stop ek nou maar eers voor iemand se ek moet VOETSEK!

Hoop nie ek het iemand se eetlus bederf nie







Eh…fasinerend, maar ek sou dit nie kuns noem nie!
Rather grim…
Jy moenie van jou tag vergeet nie, seblief tog, hoor!
gril ek nou tot in my klein toontjies!
Boendoe: ek sal nie vergeet van die tag nie. Ek dink net nog bietjie oor daai ene! Die meeste sal seker se dis grim, maar dit bly vir my amazing! Ek se mos ek is bietjie weird as dit by sulke goed kom! Die hele proses agter dit is bietjie grillerig, maar ek sou dit tog wou sien…die tipe goed pla my nie! Ek het dit altyd vreeslik geniet om 1e jaar studente uit te freak! hahaha!
Triston:hoe smile ek nou vir jou! sorry hoor:-)
Ek het ‘n program hieroor gesien en gedink dis amazing en dat ek dit graag wil sien. Hulle het toe ontdek dat die Duitse ou heel “wettig” is, maar van die Sjinese outjies operate so bietjie duister, want niemand wil mooi sê waar die mense vandaan kom nie. Die aantuigings op die einde was toe dat politieke gevangenes wat vermoor is gebruik is, maar of dit so is of nie…
Hoe dit ook al sy, ek wil graag so ‘n uitstalling sien, maar sal beter voel as ek weet die mense het darem vrywillig daar opgeëindig.
Ja dit is so! Wel, ek weet daar was ‘n groot storie oor ouens wat destyds lyke vanaf Rusland na die Duitser gesmokkel het, maar hy het gese hy doen niks verkeerd nie en het glo al die nodige “legal documents” gehad. Wat die Sjinese aanbetref…ek het nie eers daarvan geweet nie, maar die uitstalling is deur ‘n Koreaan gedoen sover ek weet, maar ek mag verkeerd wees. Ek sal heeltemal anders na die saak kyk as die mense nie vrywillig hul liggame vir die wetenskap geskenk het nie. Ek weet hulle gebruik ok mense wat nie opge-eis word na hul dood. Dis eintlik maar ‘n weird besigheid, maar ek het dit baie geniet en ek dink nog steeds dis amazing…wettig of nie!
Dit is nou die goed waarvan nagmêrries gemaak word, maar magtig dit is ongelooflik. Ek sal dit nie self wil sien nie, jou foto’s is genoeg. Ek is nou maar eenmaal so ‘n sissie… Ek is actually een van daai eerstejaars wat sal omdop!
hahaha Pikkelik! Ek dink jy sal dit kan sien sonder om om te kap, want alhoewel dit regte mense is wat gebruik word, lyk dit maar soos plastiek modelle. Glad nie te grillerig nie, maar ek kan ook nie regtig se nie, want die tipe goed pla my nie in die minste nie, maar ek gril vir ‘n hout roomysstokkie! Hoe verduidelik mens dit?
Kaalvoet,
Ek beny jou dat jy dit gesien het, ek volg die man (die Duitser) se loopbaan al jare. Ek wil dit uitstalling sooooo graag sien. Jou inskruywing is baie, baie nice!
Ek stem saam met jou dit is mooi, fanatasties!!! Fassinerend. Hoe meer mens sien hoe meer wil jy sien. Die liggaam is net amazing. Ek gril niks.
Ek het al gelees hy het ‘n hele perd met ‘n man op ook gedoen.
Ek dink dit is kuns en wetenskap.
RF,
Die Duitser se werke is te siene in Europa en ek het nog net foto’s van die man op die perd gesien, maar dit is fantasties gedoen! Ek voel dat kuns en wetenskap in baie opsette so na aanmekaar is en ek waardeer alle fasette daarvan. Dis nou maar eenmaal waar my belangstelling le: in die kunste en die wetenskap!
Die spul koreane het my maar net met sulke dowwe uitdrukkings aangegluur!
Die ou het ongelooflik baie aanhangers en mense stroom na sy instituut om die tegniek te leer. Ek het nie gedink ek sal so gelukkig wees om ooit so uitstalling te sien nie en ek was ure daarbinne en het hordes foto’s vanuit elke moontlike hoek geneem
Ek dink ek sou dieselfde gedoen het!
Ek het al by ‘n universiteit se anatomieskool die meer wetenskaplike manier gesien, dit is nie so mooi gedoen nie en dit ruik na galserige vet …. dit is grillerig.
Deesdae is daar mense wat genetika in hul kuns inwerk, wat ook mooi is.
Ja nee, die ou manier van dinge doen ruik beslis nie lekker nie. Die outjies is tem ninste reukloos en lyk baie beter. Hierdie modelle en manier van preservering van weefsel word deesdae baie oorsee in mediese skole gebruik. Ek weet die arme SA studente moet maar nog vicks onder die neus smeer vir daai doodse reuk wat jou so tussen die oe kan slaan.
Ek is mal oor die kunste en dis vir my great dat dit so met die wetenskap geinkorporeer kan word.
Ek is so bly jy het hierdie geblog! Dankie. Ek het gehoor van die mediese skool by Tygerberg, waar daar ‘n soortgelyke uitstalling is vir die studente. Ek wou graag in Desember gaan, maar het nooit daarby uitgekom nie. Dit is ongelooflik! Ek dink ek gaan my organe vir oorplasings skenk en die res vir plastinering!
Welkom en dankie mieliepap! Ek weet darem nie so mooi of ek myself sal skenk vir die aksie nie en ek dink ook nie hulle sal veel met my organe kan doen nie
Dalk kan hulle dit as ‘n voorbeeld gebruik van hoe dit NIE moet lyk nie! hahaha!
Hierdie is defnitief fassinerend! Ek is net so nuuskierig oor die dinge en dink dis baie cool! Die een wat so bietjie deurmekaar is, is egter bietjie weird vir my….
Hehehe DM! Daai ene is ‘n regte “onion boy” met al die lae! Ek het gedink dis nogal cool gedoen en dit pas soos ‘n legkaart inmekaar! Dalk is ek ook maar bietjie weird om daarvan te hou
Ek gril nie. Solank ‘n mens kan leer daarvan en die lyke is met respek hanteer, het ek nie ‘n probleem nie. Sal ook graag die uitstallings wil sien. My wederhelf sal beslis flou val. Gril hom duskant ‘n koma vir die tipe goed. Dit was van kind af duidelik dat hy nie ‘n dokter sou kon word nie.