Archive for Maart 29th, 2008

29
Mar
08

JY

soos ‘n dief in die nag

het jy skelmpies oor die muur geklim

ongemerk die vier kamers binnegedring

stilletjies het jy die apeks beset

sonder enige verset

 

die kamers is nou joune

‘n gas is jy lankal nie meer

ek hoop jy geniet die tydjie daar

want kuiergaste is baie raar

29
Mar
08

My hospitaal mission

So spring ek mos vanoggend vroeg op bus 37 na die busterminaal om van daar af nr 65 te kry na die “Yo-han Beong Won” hospitaal. Hier gaan mens mos nie sommer net gou na ‘n GP toe nie, NEE, jy gaan hospitaal toe! Die dokter naaste aan my blyplek kon nie die medikasie wat ek gebruik vir my voorskryf nie en het my toe na die hospitaal verwys. Hy het in dieselfde asem gese dat almal daar engels praat.

Om “hallo” te kan se beteken nie jy kan engels praat nie!!!

So klim ek toe nou eventually op nr 65 en weet ook nie eers waar die stop is waar ek moet afklim nie. Ek het geweet ek gaan tien teen een verdwaal, maar op ‘n stadium was ek die enigste siel op die bus en toe vra ek maar die busdrywer om my te se waar ek moet afklim. Dit als in baie beperkte koreaans!

Hy het my sommer in die middel van nerens afgelaai met geen bushalte in sig en toe is ek eers goed deurmekaar oor ek nie weet waar ek is en waarheen ek moet gaan nie. Dit help natuurlik om net diep asem te haal en die koreaans te lees :-) Die hospitaal was net oorkant die pad.

Ek stap deur die glasdeure vol moed met al my papiere en SA voorskriffie reg, net om uit te vind “no englishie”. Soos manna uit die hemel kom ‘n omie aangestap met ‘n bos silwer hare en hy begin engels praat. Ek was so verlig. Hy is ‘n Ier wat al 20jr in Korea bly en hy het my toe na die regte plek gevat en gehelp om te registreer en die dokter te sien en en en. So kom ek toe nou ook agter dat die skrefiesoog dokter vir my nie die regte hoeveelheid meds gegee het nie en toe moes die Ier maar weer help. So het ons op en af gehol tussen toonbanke en dit met iemand wat die taal kan praat en verstaan aan my sy!!!

Hy was nogal snaaks gewees en het my vertel dat hy eenmaal vinnig in SA was oppad na Malawi en dat dit (Malawi) iets is wat hy net nooit weer wil ervaar nie. Ek het maar net gelag. Hy het my ook vertel dat die hospitaal deel is van die een of ander Rooms Katolieke ding en dat hy tegnies ‘n monk is! Dit het my laat dink aan iemand wat eenkeer vir my wou laat glo hy is ‘n virtuele monk…ek het net gesmile.

So het die ou toe nou sy kontakbesonderhede vir my gegee en mooi verduidelik hoe om hom aan die hande te kry as ek issues het. Dit was ‘n interessante en snaakse ervaring gewees (of dalk is dit net ek). Ek het toe ‘n rigting op voet ingeslaan en gehoop ek kom by iets bekend uit. As ek geweet het hoe naby dit aan die bustrminaal is het ek sommer gestap, want ek moes so lank vir bus 65 wag en die het soveel draaie gery dat ek nie ‘n idee gehad het van waar ek is nie.

So leer ‘n mens die plek ken en om hier te verdwaal is nie meer vir my so issue nie, want ek ken darem nou al my adres en daar is BAIE taxi’s. Ek moet net stadig die adres in Koreaans se, want daar is 2 woonbuurte met dieselfde naam maar vrek ver uitmekaar. Soos julle kan raai het ek al in die verkeerde een opge-eindig en dan word jy sommer uit die taxi gegooi as jy verduidelik dat dit nie is waar jy wil wees nie.




Kalender

Maart 2008
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 14,271 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye