
Ek wil skree! My verstand werk oortyd, my hart mis ‘n paar slae en my maag maak sulke Kaapse draaie! Ek loop nou al ‘n rukkie met hierdie vreemde gevoel in my dat iets nie pluis is nie. Daai 6e sintuig waarvan die mense so praat. Gewoonlik luister ek nogal daarna, want dinge het net al te veel kere gebeur wat vir my ‘n aanduiding was dat dit nie net toeval was dat ek so gevoel het nie.
Hierdie keer het ek dit egter so bietjie geignoreer en ek weet nie hoekom nie. Ek het seker maar gehoop die gevoel gaan oor en dat dit dalk net my verbeelding is. Vanmiddag toe ek egter vir ‘n wyle weer op my agterwereld kon sit, toe slaan dit my vierkantig tussen die oe! Ever since draai my maag asof ek more ‘n helse belangrike eksamen gaan skryf of iets. Ek het nou al met almal gepraat wat ek kon om seker te maak almal is ok. Die hele spul is nog “well, alive and kicking”. Nou wat nou???
Die laaste keer wat ek so gevoel het was daar net k@k en hare, ‘n geween en ‘n gekners van tande! Diep binne my is ek vrek bekommerd en blerrie bang! Dis nie lekker om nie te weet hoekom ek so voel nie!







Se jou se