
Soos my luck mos nou is, sal ek siek word en terselfdertyd sal daar mos die een of ander voelgriep uitbraak wees. En nie waar nie, in my provinsie!!! Hulle reken dis alles onder beheer, maar mense as julle voel soos ek voel sal julle ook begin wonder! As die blerrie dokter net nie so geheimsinnig was oor die diagnose en medikasie nie, sou ek ook beter gevoel het. Ek word nie sommer siek nie en griep is ook nie iets wat sommer verby my immuunstelsel kom nie, maar die keer het hy vir my in ‘n wurggreep! Twee dae in die bed en vandag moes ek die “liewe” kleuters gaan face, want hier het mens net 2 dae siekverlof!!! I’ve used up all my sick days. Next time I’m calling in dead!!!
My boude is blou gespuit en die verpleegster skud net haar kop en glimlag skeef! Bly sy vind dit so ammusant… Al waarvoor ek seker kan hoop is dat ‘n paar van daardie geel mannetjies wat my so pla voelgriep kry!
Daar is ‘n paar siele wat bekommerd is oor die virus wat so vinnig muteer en hulle is veral bang dat dit later selfs van mens tot mens oorgedra kan word. Al wat ek weet is dat ek vir ‘n rukkie nie kiepies of hul aborsies gaan eet nie!







Whahaha – Skies jy’s siek en skies ek lag, maar dis eintlik vreeslik snaaks. Weet jy wat haaaaaat ek van inspuitings, as hulle vir jou sê: Maar ek voel dan niks! Dit maak my bef… Ek sal net daar omdraai en daai nursie m..r dat sy vir haar tanne lag.
Hoop jy word gou gesond!
Dis fine, lag maar…jou beurt sal kom! Die SA winter is daar…Boo-ha-ha!!! (grappie)
Die inspuitings is darem nie seer nie, maar as dit net wou werk!
Ag nee kaalvoet nou nog griep ook, eers is dit die mannetjies nou die voël griep, dis nou tyd om huis toe te kom, wraggies so kan dit nie meer aanhou nie! Kan ons nie dalk vir jou medisyne stuur nie!! Geen mens kan mos die lyding deurgaan nie?
Hoop jy voel gou beter!
Ek dink nou net, miskien word hulle aange’steek’ met ‘voël’griep …..
Delete asb die vorige comment, dis nou commen…. skies
Siestog Kaalvoet. Siek in die vreemde, jy verlang seker vreeslik huistoe! Sterkte met die sn… fabriek (hoop jyt baie tissues) en die inspuitings!
Sterkte daai kant! Die griep loop op die oomblik die hele Korea vol, maar gelukkig nie die voel-varieteit nie. Maar dit is een of ander obskure, vuilgemuteerde en gewetenlose virus wat my ook om die strot beet het. Ek dink jy moet rooiwyn drink – dis wat ek gaan doen om hierdie virus-gevreet ‘n oorveeg te gee!
Wha-ha-ha @ Pikkelik! Ek sal dit g’n delete nie, dis priceless!
Von: Dankie! Ek verlang net na ons medisyne, want hier weet ek nie wat ek drink nie en dit werk ook nie so lekker nie.
Boer: Ek is met jou op daai rooiwyn-drink-aksie! Ek wag net vir Vrydag
@ Pikkie whaahaaha dis omdat sy moeg is vandag, daar is geen keer aan haar nie!!
Sterkte. So snot storie is nie lekker nie.
Ag shame, sterkte jong! Ek dink jy moet beslis bietjie rooiwyn inkry… of nog beter, Takiela! G’n kiem kan DIT oorleef nie!
Ek sal maar settle vir die rooiwyn, want ek gaan nie 50 000 won (+/- R400) vir ‘n bottel tequila betaal nie, al is ek hoe lus daarvoor. Met ‘n ou suurlemoentjie en sout *sug* Moet se ek voel darem vandag beter na gister se inspuiting en more gaan ek “jew” (zoo) toe saam met die kids, so ek moet net reg wees!