Ek deel graag met julle net ‘n paar van die snaakse goed wat ek kon bymekaar maak. Ek het ongelukkig nie al die foto’s self geneem nie, maar mens raak ook so gou gewoond aan die Koreane se manier van skryf en praat dat mens dit soms miskyk.


Links: En ek dog daar’s net 24 uur in ‘n dag…
Regs:So, hoeveel manne skryf elke jaar hier in???

Bo: Hou dit maar hoor, julle ken tog nie van braai nie!


Ek wonder oor die sportwinkel en restaurant, want hulle is nie baie ver van mekaar af hier in downtown…

Koreane het ‘n ding met hoenders.
Die foto hieronder is die naam van ‘n “fashion label” hier in Korea en dit sal net snaaks wees as jy Afrikaans verstaan.

Ag, nou praat jy sommer kai-aak man!!!

Links: Hul idee van ‘n grap by ‘n brandtrap 
Regs: Verskil die graad van varsheid???


Links: ‘n Bekende naam in Korea. Daar is ook ‘n Kolon hotel…ek belowe vir julle!
Regs: ‘n Klerewinkel…enough said about their line of clothes…


Is dit nou soos in gholf of moet jy rerig ‘n handicap he??? Wonder of die nude sales enige verband hou met die handicap mall…


En ek dog mens kan nie liefde koop nie!



Pharmacist, toast and testes…mis ek iets???

Ek het nog ‘n hele paar van hierdie tipe goeters, maar sal dit later hier op my blog sit…so ek reken hierdie is dan deel 1 of so iets.







Se jou se