Ek deel graag met julle net ‘n paar van die snaakse goed wat ek kon bymekaar maak. Ek het ongelukkig nie al die foto’s self geneem nie, maar mens raak ook so gou gewoond aan die Koreane se manier van skryf en praat dat mens dit soms miskyk.


Links: En ek dog daar’s net 24 uur in ‘n dag…
Regs:So, hoeveel manne skryf elke jaar hier in???

Bo: Hou dit maar hoor, julle ken tog nie van braai nie!


Ek wonder oor die sportwinkel en restaurant, want hulle is nie baie ver van mekaar af hier in downtown…

Koreane het ‘n ding met hoenders.
Die foto hieronder is die naam van ‘n “fashion label” hier in Korea en dit sal net snaaks wees as jy Afrikaans verstaan.

Ag, nou praat jy sommer kai-aak man!!!

Links: Hul idee van ‘n grap by ‘n brandtrap 
Regs: Verskil die graad van varsheid???


Links: ‘n Bekende naam in Korea. Daar is ook ‘n Kolon hotel…ek belowe vir julle!
Regs: ‘n Klerewinkel…enough said about their line of clothes…


Is dit nou soos in gholf of moet jy rerig ‘n handicap he??? Wonder of die nude sales enige verband hou met die handicap mall…


En ek dog mens kan nie liefde koop nie!



Pharmacist, toast and testes…mis ek iets???

Ek het nog ‘n hele paar van hierdie tipe goeters, maar sal dit later hier op my blog sit…so ek reken hierdie is dan deel 1 of so iets.







Kaalvoet, dis nou regtig hilarious! Ek sien ook baie sulke gevalle van “Konglish”, maar doen nie altyd die moeite om dit af te neem nie – bly jy het!
Kaalvoet, jy bring Korea tot in my kantoor! Ek het dit baie geniet!
Kaalvoetkind, dit was nou baie snaaks. Dankie soos Wipneus sê, Korea in onse kantore!
Ek is bly ek kon dit met julle deel…daar sal binnekort nog wees, sodra ek al my foto’s uitgesorteer het
Prof. KK van die Bikini Universiteit het gesê……niemand sal dit glo nie.
Die varsheid van die seekos….moenie daar eet nie.
Kai-aak-snaaks
Ek sal permanent besig wees om te lag! Al wat ons hier het is die Kâk Hotel. (En dis die duurste een in die stad!)
Iets gee my die idee dit kan nogals pret raak om daar te swot….
Ja, Jasper…en ek wonder wat die praktiese en teorie eksamens sal behels?
Dit is so stunning. Ek sal ‘n ball he om al die dinge deur te kyk. Dankie vir die moeite – en die smile!
Whahaha! Thanx vir jou moeite. Ek sal niks kan koop in daai plek nie, ek sal permanent aan die giggel wees!
Ek geniet my gate uit en ek loop permanent en lag! Ek wag net vir die dag wat die witjasse my kom oplaai
Daar sal binnekort nog so post wees…