Archive for April 30th, 2008

30
Apr
08

Dit spuit my…

 

 

 

Dit “spuit” my om te se dat ek al vir my freakin’ 5e inspuiting gegaan het in die laaste week en ‘n half!!! My boude kan nie meer nie en ek wil ook nie meer nie! Die eerste lot was vir die griep en dit het gewerk. Die res was vir die migraine waarmee ek van Maandagoggend 3am mee sit! Niks wat die blerrie skrefies vir my gee werk vir die pyn nie en die gewone medikasie wil ook nie meer werk nie.

Dit voel of iemand my oog met ‘n chopstick probeer uithaal en in die proses sommeer my harsings ook bietjie deurmekaar krap. (So asof die persoon ook nie lekker met die goed kan werk nie en vir die eerste keer rys daarmee probeer eet) Ek het ‘n hoe pyndrempel oor die algemeen, maar hierdie is wragtig nie meer snaaks nie. As jy my nou moerig wil sien dan moet ek mos nou ‘n kopseer he, ‘n gat vol bloukolle (en dit verniet), koreaanse brode wat nie hul toets kon skryf nie, want hulle kan nie flippen lees of verstaan nie en ‘n klomp verpleegsters wat vir my lag oor hulle my weer moet inspuit!!!

Ek voel soos ‘n pincushion!

pincushion flower

Nee, nie die blomsoort nie (if only) !!! Ek dink ook nie die medikasie hier is so sterk nie, omdat die mensies so klein is. Die blerrie goed werk net eenvoudig nie en die ontvangsdames by die hospitaal ken my al op die naam en vra nie eers meer my mediesefondskaart nie…

Ek was die afgelope ruk meer by die dokter as die afgelope 5jaar en nie oor ek dodelik siek was nie, maar omdat ek nie myself d.m.v. ‘n apteek kan regdokter nie. En dan natuurlik omdat hulle jou net 2 of 3 dae se meds op ‘n slag gee sodat jy MOET teruggaan dat hulle jou opcheck!

 

accupunctureWel, as alles goedgaan dan gaan ek nou behoorlik die dam onder die goue gans uitruk en die naweek gaan vir akkupunktuur! As hulle my dan nou so vol naalde wil steek, sal ek hulle wys…ek is nie bang nie en op die stadium is ek so blerrie desperaat dat ek sal betaal dat iemand my vol spelde steek! Ek hoop dit werk! (As ek die vorige sin weer lees klink dit bietjie snaaks ;-) )

 

 

 

Hierdie ou het my SO aan myself laat dink…

jkon587l




Kalender

April 2008
M T W T F S S
« Mar   May »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 13,765 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye