
Dit “spuit” my om te se dat ek al vir my freakin’ 5e inspuiting gegaan het in die laaste week en ‘n half!!! My boude kan nie meer nie en ek wil ook nie meer nie! Die eerste lot was vir die griep en dit het gewerk. Die res was vir die migraine waarmee ek van Maandagoggend 3am mee sit! Niks wat die blerrie skrefies vir my gee werk vir die pyn nie en die gewone medikasie wil ook nie meer werk nie.
Dit voel of iemand my oog met ‘n chopstick probeer uithaal en in die proses sommeer my harsings ook bietjie deurmekaar krap. (So asof die persoon ook nie lekker met die goed kan werk nie en vir die eerste keer rys daarmee probeer eet) Ek het ‘n hoe pyndrempel oor die algemeen, maar hierdie is wragtig nie meer snaaks nie. As jy my nou moerig wil sien dan moet ek mos nou ‘n kopseer he, ‘n gat vol bloukolle (en dit verniet), koreaanse brode wat nie hul toets kon skryf nie, want hulle kan nie flippen lees of verstaan nie en ‘n klomp verpleegsters wat vir my lag oor hulle my weer moet inspuit!!!
Ek voel soos ‘n pincushion!

Nee, nie die blomsoort nie (if only) !!! Ek dink ook nie die medikasie hier is so sterk nie, omdat die mensies so klein is. Die blerrie goed werk net eenvoudig nie en die ontvangsdames by die hospitaal ken my al op die naam en vra nie eers meer my mediesefondskaart nie…
Ek was die afgelope ruk meer by die dokter as die afgelope 5jaar en nie oor ek dodelik siek was nie, maar omdat ek nie myself d.m.v. ‘n apteek kan regdokter nie. En dan natuurlik omdat hulle jou net 2 of 3 dae se meds op ‘n slag gee sodat jy MOET teruggaan dat hulle jou opcheck!
Wel, as alles goedgaan dan gaan ek nou behoorlik die dam onder die goue gans uitruk en die naweek gaan vir akkupunktuur! As hulle my dan nou so vol naalde wil steek, sal ek hulle wys…ek is nie bang nie en op die stadium is ek so blerrie desperaat dat ek sal betaal dat iemand my vol spelde steek! Ek hoop dit werk! (As ek die vorige sin weer lees klink dit bietjie snaaks
)
Hierdie ou het my SO aan myself laat dink…








Ek hoop jou naaldwerk. Hiehiehie. (As ek eers vir my eie flou grappies begin lag kort ek miskien ook ‘n inspuiting!) Hoop jy voel gou beter!
Jou arme ding! Ek het nogal simpatie met jou, daar is niks so aaklig soos ‘n migraine nie. Hoop die naweek se stekies doen die ding!
Hiehie Jane…ek lag ALTYD vir my eie grappies en hulle is glad nie snaaks nie! Dis dalk hoekom ek nou so baie inspuitings moet kry!
Dankie Dellie en ja, ek hoop ook die stekies werk
Kaalvoet ek lag (saggies), jy beskryf jou seer vol humor! Ons sien amper nie eers die erge pyn raak, waarin jy verkeer nie
Ek hoop jy word gou beter, so hoofpyn is ‘n narigheid!
Jy mag maar hardop lag Wip! Ek gaan wragtig nie kwaad wees nie! Ek het laaaaank terug geleer dis baie beter om te lag as om te huil en te bitch en moan. Ek probeer maar die humor uit alles haal al is dit hoe sleg. Ag, eintlik is ek maar ‘n nar
Sterkte!!!!!
NS: Die naaldstekery klink vir my na die regte idee!
O, ja! Ek wou nog se: ek dink nie jy drink NAASTENBY genoeg rooiwyn nie!
Boer, vertel my iets wat ek nie weet nie!!!! Ek is net bang as ek alleen begin drink aan al die rooiwyn hou ek nie op nie
Hallo daar, hoekom vra jy hulle nie om sommer so ‘n mooi outydse kerspitwerkie op jou hmmm.. boude te doen nie. Terwyl hulle nou so steek, kan hulle mos nou net so wel ietsie goeds daarvan maak!!!!!
Uhmmm…weet jy…NEE!!! Dis ok, ek sal pass op die geleentheid en buitendien kan ek nie in koreaans kommunikeer nie
Liewers op ‘n speld loop sit voor ek ‘n naald in die bas vat in Korea
Jyt guts!!
Desperate times Jas, desperate times…Ek is mos nie ‘n sissie nie
Ek weet ook nie of dit altyd net guts is of bloot stupidgeit nie
Voel jy al beter Kaalvoet?
NEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!