So is ek toe nou Saterdagmiddag weer na my geliefde naalde en spelde mannetjie toe. Ek was bietjie spyt daarna, want ek het seerder daar uitgestap as wat ek daar in is.
Ek het so effense hoofpyn gehad en het vroeg die oggend al my eerste kwota pynpille in vir die dag. Ek het daar ingestap en verduidelik dat die monster my nog teister en toe is ek weer vol spelde gedruk…niks ernstig nie. Net die ou skouers, nek en rug…weg is die hoofpyn!!!



Ek lyk soos iemand wat deur aliens ontvoer is en dan het hulle boonop vir my twee antennas ook gegee…
Daarna moes ek weereens plat op my rug gaan le en het hy naalde in my nek, bo-op my kop en tussen my oe ingedruk. Twee spelde het hul weg na my maag gevind en die res op my regterbeen en voet. Daar le ek toe met ‘n lekker infrarooiliggie wat heerlik warm op my skyn. Ek babbel toe nog so ewe rustig met my “morone” ondersteuning en toe voel dit of ek die buitenste ruim betree het. Die sterretjies vlieg by my verby soos daai ou Windows screensaver (dis gewoonlik ‘n slegte teken as jy migraines kry) en ek kry sulke woeste krampe in my rug af en dit voel kompleet of iemand ‘n mes deur my hart steek. Dit was vrek seer en ek weet nog steeds nie wat gebeur het nie, maar dit was nie lekker nie.

Ek hou toe maar uit en die ou kom toe daar aan en pluk al die naalde uit. Hy wou nog omdraai toe verduidelik ek eers dat daar ‘n helse pyn aan my linkerkant is, soveel so dat ek met moeite self regop gekom het. Toe word daar weer gevoel aan die muur en word ek weereens met naalde deurboor net om hierdie “kramp” verder my rug af te dryf.

Hy het toe gesien dit gaan nie werk nie en verdwyn agter die gordyn. So kom hy aangestap met 2 sulke skietmasjientjie megafters…dit lyk soos daai goed waarmee hulle jou vinger by die bloedbank prik! Elk geval, die goed word toe in my nek en skouers ingeskiet…dit voel half of ‘n perdeby jou aanval, maar dis nie so seer nie. Dit het ook nie gehelp nie!
Die volgende woorde wat uit sy mond uitkom was “blah-blah-blah bleeding” Ek het natuurlik net die “bleeding” deel verstaan en maar net “ja” gese! Wat anders sal mens nou doen???
So het die ou toe met daai skieters van hom 11 gate op elke blad ingeskiet en sulke glasbubbles daaroor gesit. Die volgende oomblik begin die goed aan my vassuig en my “fotograaf/ondersteuner” het bleek geword en net gese dis baie gross. Hier het ek in my geestesoog presies gesien wat gebeur en ek was ook nie verkeerd nie! Soos daai goed aan jou vassuig, spuit die bloed by die gatjies uit en so bloei hulle jou. Ek het nie die vaagste benul wat dit doen en of dit enigsins gehelp het nie! Al wat ek weet, is dat as ek loop of op my rug le, is dit vrek seer as ek inasem en dit voel soos ‘n wind wat vassteek!

Dit lyk soos alien boobies
al wat daarvan oor is, is 2 bloukolle!!!
Heelaas het ek daar uitgestap sonder ‘n hoofpyn en dit het my ongeveer R45 gekos. Vrydagoggend maak ek maar weer so, aangesien dit langnaweek is!!!
Julle dink seker ek is mal om terug te gaan, maar as mens so desperaat is soos ek dan doen jy enige iets! Ek kan nie langer ELKE dag pynpille drink nie!!!
*Ek het gaan soek…die metode staan bekend as “blood cupping” en daar is soveel verskillende vorme van “cupping” wat gebruik kan word. Dit kom daarop neer dat dit veronderstel is om erge pyn op ‘n spesifieke area te verlig deur die stimulering van bloedvloei en wie weet wat als nog. Ek weet darem nie of ek daarvoor gaan val nie, maar dit was nie seer nie, so ek sal dit weer doen. Dalk werk dit op die ou einde.







Se jou se