Archive for Junie 23rd, 2008

23
Jun
08

My motto of iets in daai lyn…

Pikkie het my getag en ek weet dis laat, maar eerder laat as nooit!

Ek het meer as een motto (ek dink), maar die twee goed wat ek altyd doen is om te lag en om my kop hoog te hou.  Die wat my ken weet ook, die dag as ek ophou lag en grappies maak, kan hulle my maar begrawe.  Ek probeer om altyd die beste van ‘n slegte saak te maak en om die humor in alles te sien, al is dit hoe sleg.  Om dit te doen is maar hoe ek cope met die dinge wat die lewe soms na ‘n mens se kant toe gooi.  Almal verstaan dit nie altyd nie, maar wie gee om?  Om die snaaks in iets slegs te sien maak die seer minder, maar dis net ek…nie altyd 10-4 nie, maar dis ek!

Naas om altyd te lag is die volgende dan nou maar seker die eintlike motto:

Life’s a journey, enjoy the ride…as die pad vol klippe is en moeilik raak, kry ‘n 4×4

 

en as die pad gelyk en langs ‘n mooi roete verbygaan, kry ‘n Porche.

 

Moet net NOOIT ophou reis nie!!!

 

 

 

 

 

 




Kalender

Junie 2008
M T W T F S S
« May   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 14,272 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye