
Wipneus het gevra…
Dis snaaks hoe ‘n mens se drome verander en soveel meer realisties word, maar dis seker maar hoe dit werk as jy groot word en besef hoe die dinge werk. As klein dogtertjie kon ek myself ure vermaak met net ‘n potlood en papier. Ek het verwoed geteken en geverf en daar was altyd ‘n hele ritueel wat gevolg moes word as ek die dag besluit ek wil my lyfie nou kunstenaar hou. My pa het vir my tot ‘n esel gebou, sodat ek buite, in vrede, kon verf. Sonder dat my ma moes bekommer oor die gemors wat daarmee saamgaan. Ek het nog altyd daarvan gehou om te teken en te verf en om met klei te speel en my een droom was om ‘n kunstenaar te word. Die medium het my nie gepla nie, maar omring deur die kunste wou ek wees. Later was daar drome van op die verhoog wees en ek het dit selfs oorweeg om drama te gaan swot…
Dan het ek natuurlik ook gedroom van dokter word. My arme kleinboet het gedurig deurgeloop en ek het as kleintjie ‘n fasinasie met verbande gehad. My pa moes altyd my “einas” in ‘n verband sit. Daar is actually foto’s waar ek seker so 4 jaar oud was, en ek onthou dit soos gister, en my pa my hele lyf in verbande toegedraai het. Net my oe het uitgesteek en toe het die mummy lekker sports gehad! Ek het 2 jaar terug besluit om medies te gaan swot na 6 jaar op universiteit. Die idee het ook vinnig verby gegaan toe ek besef het dat dinge in die hospitale ook nie meer te hot is nie en dan sou ek natuurlik ook nie tevrede wees om net ‘n GP te wees nie. O nee, ek wil ingewikkelde operasies doen en daarvoor moet jy spesialiseer, so altesaam so 13 jaar se swot. Ek het toe maar gesettle vir ‘n navorsingspos in ‘n mediese veld wat regtig ongelooflik was. Bloed en derms is die laaste ding wat my uitgross en ek sal my middagete kan eet terwyl ek met die een hand in iets/iemand se derms rondgrawe. Maar, as jy my nou wil naar maak kan jy dit met kos doen! Moet my nie forseer om iets te eet waarvan ek nie hou nie, want dan is dit verby!
Iets wat regdeur my lewe egter vasgeklou het aan my binneste is my passie vir allerhande gediertes. Ek onthou as kind was daar baie bloukopkoggelmanders in ons omgewing en ek het hulle altyd met ‘n stokkie bekruip en dan hul lyfies gekrap, terwyl hul so in die son le en bak. Ek het my moeder grys hare gegee met al die afvlerk en afbeen gediertes wat ek by die huis angebring het. Want gesond moes hulle gesond! As hulle dit nie gemaak het nie is daar begrafnis gehou, met blomme en ‘n kruis van stokkies en die works! My ma het altyd so histeries geraak as ek met ‘n oogpister by die huis aankom en ek sal nooit vergeet hoe ek haar met goggas kon verpes nie. My pa het my ook gewys hoe om ‘n sprinkaan te vang sonder dat die helsem jou stukkend skop.
Saam met my pa het ek baie gaan visvang en my gunsteling tyd naas die actual outing, was om te help om die vis skoon te maak. Nou nog mag dit nie gebeur sonder dat ek by is nie. Ek moes mooi kyk hoe lyk dit binne en dan eers kon my pa alles uithaal. Dis juis dan wat ek so lekker gespeel het. Ek het die organe oopgesny om te kyk hoe dit binne lyk en het altyd gewonder hoe alles werk. Dis nou maar een ding wat my laat tick en dit is om te weet hoe goed werk. Ek het vele werkende elektriese toestelle uitmekaar gehaal en moerse pakslae gekry, want dit het nooit weer gewerk nie. So het ek geleer dat speakers die coolste magnete in het en dat die motor van ‘n radiobeheerkarretjie baie ander cool goed kan doen as om net die karretjie te laat ry. Ek het ook geleer dat “ball bearings” magic “albasters” in het en dat jy MOOI moet korrel as jy ‘n spyker wil vasslaan!
Op ‘n stadium het tale my baie gefassineer en was dit ook ‘n opsie toe ek moes universiteit toe, maar heelaas het B.Sc geseevier. Ek het dit gate uit geniet en het uitgesien na dierkunde prakties, waar talle gediertes onder my skalpel deurgeloop het. ‘n Veearts wou ek ook word,m aar ek het een vakansie by ‘n veearts gewerk en maar besluit dat dit te boring is vir my. So interessant as wat dit kan wees…daar is ook net soveel goed wat nuut bly en as jy dit eenkeer gesien of gedoen het dan het jy dit gedoen. Ek is een wat variasie nodig het en ek raak hopeloos te gou verveeld. Op die ou einde het ek in dierfisiologie gespesialiseer en ook biomonitering en ekotoksikologie sam met dit gedoen. Interessante velde, maar werk is daar min. Ek kon netsowel beeldende kunste gaan swot het!
Nou sit ek in Korea en leer vir ‘n klomp skrefies Engels…not my dream job!
Daar is so baie goed wat ek nog sal wil doen en sal wil wees, maar ongelukkig is tyd die beperkende faktor.
Maar eendag as ek groot is wil ek ‘n:
kriminoloog;
forensiese patoloog;
fotograaf;
explorer;
reisjoernalis/fotograaf;
argeoloog;
sterrekundige;
relic hunter;
internasionale spy (mens kan droom);
profesionele swerwer (ek werk daaraan);
en nog vele meer;
WEES!!!!
Ek tag nou vir MockaJava en wie ookal nog nie getag is nie en wil saamspeel….







Ek het dit nou geniet!!! Ek kan sien jy lewe die lewe!! Jy is nog jonk, die lewe lê voor jou oop en jy kan nog enige ding doen wat jy graag wil doen!
Pasop toekoms, Kaalvoet is oppad
Ek wens net dit was makliker party dae! Kon ek nie ook maar tevrede gewees het met een beroep en daarby hou nie??? Ek sal doodgaan as ek dag na dag dieselfde job moet he!!! Die toekoms is maar ‘n scary thought vir my op die oomblik!
Ag nee, een beroep is boring!! Die toekoms lyk soms scary, maar spring net, moenie dink nie
Moenie dink nie Kaalvoet, doen… Jou drome is bereikbaar, moenie dat dit verbygaan nie… Jy sal as skrywer ook baie goed doen! Ek het hierdie post vreeslik geniet!
Kaalvoet, ek gril ook nie vir bloed en derms nie.
Jong ons koppe werk dieselfde. Jy lysie is ook my lysie. Dankie nou het jy my huiswerk vir my gedoen.
Ek het op al my niggies doker-dokter gespeel.
Laat my dink aan daardie spreekwoord: “God put me on earth to accomplish a certain number of things…. right now, I’m so far behind… I’ll never die!!”
Jy is ‘n verrrrry interesting girl!! /me loer vir Rosa… ja-nee-kyk birds-of-a-feather, ne?!
Kaalvoetjies jy besit reeds die gereedskap wat sukses uitspel; wilskrag en deursettingsvermoë! Die ‘scary bit’ is net n drogbeeld.
Gin wonder jy gril toe nou nie vir die vlermuis nie!! ‘n Interessante girl is jy Kaalvoet. Jy’t vergeet om op jou lysie rock sanger te plaas. (Daar is nog ‘n opening in die band
)
Variety is the spice of life!!
Interessante lysie van goed wat jy nog wil doen!
Ek het hierdie post vreeslik geniet! Met my lewe wat nog voor my lê, en ek wat eersdaags vir die universiteit moet aansoek doen, het hierdie post my nogal versekering gegee dat ek nie die enigste persoon is wat nie seker is wat om te doen nie! Maar ek dink tog om Engels aan skrefies te leer kan interessant en opwindend wees?
Okay…nou stress ek amptelik…
Sê nou maar ek kies die verkeerde rigting? Hoe gaan ek weet? Almal kies sulke interessante beroepe en hier kom kiepie en sy wil ‘n onnie word…hoekom klink dit so stoepit?
Maar daar’s baie wat jy saam met dit kan doen soos:
sport afrig (ek het besluit op swem en netbal),
drama afrig (Romeo Romeo…!!!),
Koorleidster (dit klink net cool en ek’s mal oor sing),
Sielkunde is ook deel van die kursus wat ek op ‘n stadium oorweeg het om te word,
en dan natuurlik nog die satisfaksie om die kinders huiswerk te gee :mrgeen:
My hoofvakke gaan biologie (tot gr12) en wisk (gr8 en 9) wees. Dis interessante vakke waarvan ek hou en meestal in goed doen (die wisk raak so bietjie moeilik).
Dankie vir die inspirasie van die post…laat mens dink aan al die moontlikhede wat daar is in die wêreld. Mens moet nooit ophou droom nie. Ek sou net graag ‘n matroos ook op daai lysie wou sien…dink dis nou eers lekker.
Dankie jy *hugs*
Pikkie: Dankie hoor en ja, mens moet maar net jou oe toeknyp en spring!
Dis goed om te weet daar is nog iemand wat soos ekke dink…

EK wonder nog steeds oor daai vlermuis! Bly om te hoor daar is ‘n opening in die band! Ek het juis ‘n begeerte om ‘n elektriese kitaar aan te skaf…
Rosa: Bly ek kon jou uithelp met die huiswerk, maar ek weet nie of die juffrou so baie daarvan gaan hou as jy afskryf nie
BB: Dit sal die ideaal wees om nie dood te gaan nie, want dan sal ek mos nou tyd he vir alles…maar dan moet mens ook nie oud word nie! Dalk moet ek ‘n vampire word
Mefri: Ons almal het maar ons vrese en twyfel as dit by die onbekende kom, maar dit het my ng nooit afgeskrik nie! Ek spring gewoonlik (en baie kere blind) in’n ding en as dit nie werk nie, leer mens maar swem!
Roer: Interessant se jy…mmmm…seker eerder bietjie weird
Reisiger: Dis net die “tip of the iceberg”. As ek alles moet noem kan ek julle weke besig hou
Jaans: Welkom en dankie vir die inloer. Glo my, jy is by verre nie die enigste persoon wat nie seker is nie. Daar is BAIE!
Aventer: Welkom aan jou ook! Geen droom is simpel nie. Wat belangrik is is dat jy ‘n beroep kies wat jou gaan gelukkig maak. Mens spandeer soveel tyd by jou werk dat as jy dit nie geniet nie dit hel is. Ek weet! Om te doen waarvoor jy lief is is ook seker nie altyd die slimste opsie nie, maar ek is eerder gelukkig met min geld as ongelukkig met baie! BTW, ek was amper in die vloot, maar toe wil hulle my nie he oor ek ‘n graad het nie…kan jy glo???
Nee ek dink dit sal cool wees, ‘n matroos. Was onlangs by die vlootbasis gewees in Kaap en mense dit lyk nou lekker, heeldag op ‘n skip, staan op vir oggend inspeksie, cute matrose
Ag ja nee, my ma wou ‘n speurder geword het maar sy was in die tyd waar vrouens nie eintlik veel kon doen nie, toe word sy maar ‘n onnie (my pa is ook een)
Kaalvoetjie, Interessante goeters wat jy nog wil doen. Ek dink om iets soos CSI te wees sal darem nou interessant wees…. O nee, ek gril te veel vir bloed, dink jy daar is n pil of iets wat mens kan drink om nie naar te raak nie?, of nee, jy word CSI en ek FBI!
Zee, jy moenie praat nie! EK is ‘n groot CSI fan en die FBI/CIA se werk lyk altyd so flippen opwindend. As dit maar net was soos in die movies ne! Maar ek sal nog steeds nie omgee vir so job nie!
Lekker possie! Ek sien wat jy bedoel met “dankie tog ons het nie saam grootgeword nie”! Die arme akkedisse en goggas sou dit nie oorleef het nie!
Jy het al klaar van daai toekomsdrome verwesenlik. Jy is mos nou al ‘n fotograaf en explorer ook? Vir ons, anyway!
Profesionele swerwer klink vir my hemels…
Ek is alles behalwe ‘n fotograaf Dellie, maar dankie vir die stelling… Sal nog daar kom, hierdie is net die begin! Ek hou nie van roetine nie en ek weet nie of ek vinnig sal wortel skiet op ‘n plek nie! Maarmens weet nooit wat gebeur vorentoe nie…ek ontmoet dalk nog my trouman, maar hy sal ook maar moet rooimiere he
Kaalvoet, werklik ‘n interessante inskrywing. Dit gee mens so kykie na die mens wat jy is – klaarblyklik ‘n mens met vele fasette! Ek redeneer baie soos jy. Roetine-werk maak my siel dooier as dood.
Internasionale spioen? Wil jy graag bietjie Noord-Korea toe gaan?
Hehe Bib! Ek sal nie mind om NK toe te gaan nie, maar ek dink nie dit sal werk as spy nie. Ek gaan nie so lekker blend sonder skrefiesoe en met rooi hare nie
Hei Kaalvoet, ek wou eers die possie skip, maar ek’s bly ek het nie. (Het so baie om in te haal, sien!) Jy is so borrelend en lewenslustig, en eintlik weet jy wat jy wil doen. Niemand gaan jou in ‘n boksie druk nie. Ek bewonder jou daarvoor. Go, girl!
Dankie Boendoe! Ek hou nie van boksies nie en MOET ALTYD anders wees…Dis maar wie ek is!