
Ek het hier aan die begin van die lente saam met die kinders gaan piekniek hou in Damyang by die Gwangju Eco Lake Park. Dit is nie ‘n baie groot park nie, maar is regtig iets om te sien. Die natuurskoon is regtig stunning en die meer is omring deur hoe berge wat pryk met groen bome sover as wat jy kan sien. Die blomme helder die landskap op met al die kleure van die reenboog. My gunsteling was dan natuurlik die plate magrietjies wat sommer so wild in die veld groei.

Ek het die naweek weer daar ‘n draai gaan maak om die plek sonder jillende kinders om my te ervaar. Die reen het my sleg gevang, maar toe dit eers ogehou het was dit weereens pragtig. Dis baie groener en die plante het verwoed gegroei. Dan moet ek ook byse dat die Koreane nie rerig toelaat dat daar verlepte plante rondstaan nie. Die goed word sommer uitgeruk en nuwes word geplant. Die park word regtig so goed instand gehou dat dit alles altyd so nuut lyk.



Die vinnige reentjie het gesorg vir ‘n drukkende humiditeit, maar gelukkig het die son nie regtig uitgekom nie, want anders sou ek baie vinniger huiswaarts gekeer het. Ons het ‘n paar interessante voels gesien en dan ook baie gehoor en nie gesien nie. Daar is enorme spinnekopwebbe in die park en dit het so mooi gelyk na die reen. Die lig was egter te sleg om ‘n mooi foto te kon neem, maar ek het darem so paar van die harige bewoners genader vir ‘n fotosessie
Ek het die mooiste skoenlappers gesien en kon net van die een spesie mooi foto’s geneem kry, want die ander (mooier) bottervliegies het nektar gedrink by bome, wat dit baie moeilik gemaak het om af te neem.
Die goed sit ook nie stil nie en dis nogal frustrerend.
Miswolke het van ver oor die berge aangerol gekom wat die uitsig op die meer vir my net nog mooier gemaak het. Ek was dan ook so gelukkig om ‘n skilpad te kon sien, asook ‘n paar skurwe paddatjies in ‘n dammetjie bo in die park. Ek het egter ook ‘n padda gekry wat in die slag gebly het en dis duidelik dat ‘n skerpbekvoel hom bygekom het.



Oral was daar swerms kleurvolle naaldekokers van bloedrooi tot swart en wit. Ek het my verkyk aan al die diertjies wat uitgekom het na die reen. Alles het sommer so skoon en vars gelyk!


Na ‘n middag se stap en explore deur die park was ons goed honger en het ons op die eerste bus gespring terug stad toe. Daar het ons die bekende Ori-gil of dan nou “Duck street” gaan besoek waar ons ‘n vorige keer die heerlikste Ori-tang (eendbredie) ge-eet het. Hierdie keer het ons egter besluit op Ori-gogi wat ‘n eendvleis roerbraai affere is.

Die bykosse het die een bakkie na die ander hul weg na ons tafel gevind en soos gewoonlik het ek my nie veel daaraan gesteur nie, want dit brand alles net te veel! Daar was darem weer die gebruiklike ommelet en ek maak my so ewe reg om heerlik daaraan te smul, terwyl die res hulle vergryp aan die spicy kimchi en ander “onkruid”. Genade, ons!!! Ek het byna gesterf, want ek weet nie wat daar in was nie, maar dit het 7 soorte hel uit my gebrand en ek is natuurlik uitgelag oor ek al die kleure van die reenboog geword het. Intussen staan die eendjie lekker en prut en ek lek behoorlik mylippe af, want dit gaan mos nie brand nie. Dit het nie die vorige keer teruggebyt nie, so hoekom sal dit nou!
Reg! 1,2,3 vat ‘n lekker groot happie, net om amper by die dood om te draai! Die vrou het seker gesien ek kry swaar, want sy het so ewe komkommers en waterlemoen vir my aangedra! So lekker as wat dit was sit ek nie gou weer my mond daaraan nie. Nou weet ek hoekom hulle altyd cartoons teken met stoom wat by hul ore uitkom!
Voor ek vergeet…tussen die bykosse was daar ‘n nuwe bakkie wat ons nie voorheen gekry het nie en dis wat daarin gele en loer het…


Afgesien van al die hel, was dit ‘n heerlike dag en naweekuitstappie.







Se jou se