Wipneus het my so ruk terug getag om my Koreaanse “brands” te wys, maar agv vakansie en my rekenaar wat in ICU was, het ek net nie daarby uitgekom nie. Op die stadium meng die Olimpiese spele ook sleg in met alles wat ek nie voor die TV kan doen nie.
Tandepaste:
Dis maar ‘n kans wat jy vat, maar die tandepaste was darem nog nie sleg nie.
In SA is dit Colgate herbal.
Wasgoedseep:
Al wat ek weet is dat dit ‘n Vanish produk is…die vorige waspoeier was nie bad nie, maar ek weet ook nie wat dit was nie.
In SA het ek Bio-classic gebruik.
Skottelgoedseep:
Solank dit skoonmaak, wie gee om wat die naam is???
In SA was dit Sunlight…ek dink…of whatever…
Lyfseep:
Enige iets wat lekker ruik…Mens kry darem Niveaprodukte ook hier en ek hou daarvan ook en dan natuurlik Johnson & Johnson se lekker seep…
Ek probeer gereeld iets anders.
Parfuum:
2 waarop ek versot is en wat mens ook hier kry. Op die oomblik is ek op die Kenzo, want my appeltjies is klaar…
Chocolates:
Dars se wit sjokolade is blerrie lekker en die Dove is net so lekker soos Cadbury’s. Mens kry ook Kit Kat hier in wit-, bruin- en donker sjokolade.
In SA is ek natuurlik ‘n Milky Bar fan en jy kan my omkoop met lekker donker sjokolade. Hoe donkerder hoe beter!
Chips:
Ek eet nie eintlik chips hier nie, want dis alles soet en regtig nie lekker nie! Die Koreane is nie groot op sout nie! Ek kry darem Pringles hier, maar nie sout en asyn nie! Dis die eerste ding wat ek koop as ek my voete in SA sit! ‘n Moerse pak Simba chips en ‘n peppersteak pie!
Kougom:
Alles hier is gegeur en is nie naastenby menthol nie. Die enigste een wat ek so nou en dan koop is Xylitol se apple-mint.
Ek mis my Airwaves…die rooies en perses! Ek bly weg van die swart pakkie…dit proe te veel soos zambuca
Aanmaakkoeldrank:
Hier bestaan nie so iets in Korea nie! Ek hou van Oros en my Jannie-verjaar-koeldrank!
Grocerywinkel:
Home plus en E-mart is die beste en het lekker SA wyne ook
Kar:
Koreaanse taxi’s en busse…
In SA het ek ‘n Atoz gehad
Klere:
Labels het my nog nooit gepla nie en ek koop orals!
Bank:
In SA is dit FNB
Selfoon:
Hier het ek ‘n SAmsung anycall en in SA het ek ‘n Samsung en ‘n Nokia gehad…(2 selfone, want my baas het my sommer op ‘n So gebel as hy so gevoel het, so ek kon my “werksfoon” afsit)
Rekenaar:
‘n Sambo computer…net hulle sal weet wat dit is…
In SA het ek ‘n Samsung desktop, wat ek reken nou my broer s’n is tot ek seker eendag weer terug is by die huis.
















Ek hou van jou parfuum keuse
Kenzo se parfuums is divine!!!
ek mis ook jannie-verjaar-koeldrank sowel as oros. Ek is al taamlik keelvol vir coke en fanta.
Median is maar die goedkoopste en werk maar soos enige tandepasta. Nice shot kaalvoet
Goed om te sien jy ken jou chocolates. Ek is ook meer ‘n donker chocolate girl.
Ook maar scary om te gaan groceries koop in Korea – hoe weet jy dit is skottelgoedseep en nie dalk toiletcleaner nie????
Pikkie, gelukkig is daar prentjies op en ek moes se die Koreane is nogal ingestel op visuele advertensie!
Roer, natuurlik ken ek my chocolates en natuurlik my roomys ook
Jip Wip, geen aanmaakkoeldrank en ook nie prestik nie! Hier word als met “scotchtape” geplak!
A ha! Dit gee my nou ‘n idee: ek is mos altyd besig om ‘n plan B te maak vir wanneer alles heeltemal inkonk.
Ek sal begin om Peppermint crisps, mentholkougom en Oros uit te voer na Korea toe.
Enige iets anders wat julle benodig?
Ek het ‘n hele container om vol te maak, julle weet…LOL
As ek eers begin met ‘n lysie gaan jy ‘n tweede container nodig kry Sonia
Wat van lekker biltong en droewors en sout en asyn chips! Lekker pasteie en cross and blackwell mayo! Kaas ook asseblief, tonne kaas! Sien, jy gaan nog ‘n container moet kry…
eish, wat doen jy aan my? Dit gaan my ‘n week vat om daardie brandspeletjie reg te kry…
…en ‘n paar bottels lekker SA wyn!
Natuurlik Bib! Dit word vanselfsprekend aanvaar dat daar wyn in daai container sal wees
Ja vir die appeltjie parfuum!
Jis, dit moet soos ‘n ontdekkingsreis wees om in daai land te gaan shop! Ek sal so amper-amper boksies oopmaak op party plekke. En ek ruik graag aan alles, maar daai skottelgoedseep lyk of mens eerder kan gorrel daarmee!