Archive for September 22nd, 2008

22
Sep
08

Unjusa, tempel van legendes en misterie

 

Unjusa 355

 

Unjusa tempel is gelee in die Hwasun distrik en is ongeveer 30km buite die dorp Hwasun. Die presiese ouderdom van die tempel kon nog nie bepaal word nie, maar daar word vermoed dat dit opgerig is oor ‘n lang tydperk vanaf die Mid Goryeo tot laat Goryeo dinastie.

 

Daar is heelwat interessante en misterieuse stories gekoppel aan die tempel en sy 1000 steen buddhas en pagodas.

 

Volgens die legende het die Nasionale Meester Doseon die tempel opgerig op grond van sy teorie dat die land ongebalanseerd is. Die Noorde en Suid-Oostelike dele het hoe berge en baie heuwels, waar die Suid-Westelike gedeelte van die provinsie meer afgeplat is. Hy het die stuk aarde met ‘n boot vergelyk wat sou omkeer indien daar nie balans geskep word nie. ‘n 1000 steen Buddhas en ‘n 1000 pagodas is toe opgerig om ‘n balans te handhaaf wat dan ook goeie geluk sou bring. ‘n Ander deel van die legende stel dat die beelde in een nag opgerig is deur messelaars wat uit die hemel neergedaal het. Die rede vir die Buddha standbeeld wat op sy rug le is dat die messelaars gekul is om vroeer terug te keer na die hemel en kon dus nie die beeld betyds regop kry nie.

 

‘n Ander sy van die saak is dat as die groter Buddha van die twee opstaan, dat dit die begin van ‘n nuwe wereld sal wees. Die kosmiese Buddha sal dan uit die hemel neerdaal en deur sy boodskap sal dit ‘n besef van die ware Buddha wereld bring, wat bestaan uit vrede, vreugde en voorspoed.

 

Daar is verskriklik baie stories oor die oorsprong van die tempel en sy beelde en hulle is almal ewe interessant. Daar is egter op die oomblik slegs ongeveer 70 Buddhas en 20 pagodas staande. Niemand kon nog vasstel wat die presiese ouderdom van die tempel is en wie dit eintlik opgerig het nie, maar daar word vermoed dat dit opgerig is in die mid tot laat Goryeo dinastie.

 

Die Buddhas en pagodas bly enig in hul soort en daar kan nie in woorde beskryf word hoe perfek dit opgerig is nie. Van die merke en tekens soos die diamantvorms op die pagodas dui daarop dat dit tipies van die Goryeo dinastie is.

 

Daar is egter ‘n nuwe teorie, wat wyd aanvaar word, gebasseer op die rangskikking van die sewe skyfvormige stene bo-op die berg en dan ook die plasing van die Buddhas en pagodas. Die sewe klipskywe is in die presiese proporsie en ligging tot mekaar gerangskik as die sterre in die “Big Dipper” konstellasie. Die ligging van die pagodas en Buddhas pas in menigte ander bekende konstellasies in. Dit dui daarop dat Unjusa uitgele is as ‘n kaart van die hemelruim.

 

Wat dan ook ‘n groot misterie is is die twee Buddhas op die berg wat op hul rue le en laat my baie dink aan die piramides. Hoe het daardie klippe daar gekom???

 

Ek reken hierdie is maar net nog een van menigte interessante verskynsels wat onopgelos sal bly.

 

Nou vat ek julle vir ‘n vinnige “vituele toer” deur die gronde soos wat ek gestap het…en by die verkeerde paaie ingeneuk het! (Dis wat gebeur as mens my alleen laat in sulke plekke-ek kyk nie waar ek mission nie)

 

 

Unjusa 009Unjusa 028

 

 

 

 

 

 

Bo: Ingang tot die gronde

 

Regs: Unjusa Gucheung Seoktap (9 vlakke)

 

 

Unjusa 017

 

 

 

 

 

 

Links: Kenmerkende patroon, uit die Goryeong dinastie, wat op die spesifieke pagoda waargeneem kan word.

 

 

 

Unjusa 015

 

 

Regs van die bogenoemde pagoda sit die lot so ewe in ‘n ry en wag op beter dae. In die volgende foto kan mens die 9-vlak pagoda sien met die Buddha’s in die agtergrong en bo-op die heuwel sien mens ‘n 5-vlakkige pagodauitsteek.

 

 

 

Unjusa 026

 

 

 

 

Unjusa 031

Unjusa 039

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oral le daar klippe gestrooi en van die klippe is koppe en ander afkop lywe. Dis asof ‘n reus daar deurgeloop het en ten pin bowling gespeel het.

 

 

Volgende in die ry is die volgende twee pagodas.

 

 

Unjusa 048

Unjusa 050

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Links: Unjusa Chilcheung Seoktap met die sogenaamde “pilare’ op die hoeke van die skag en regs: Unjusa Ssang-gyochamun Chilcheung Seoktap met die kenmerkende “X” patroon op die basis. Albei hierdie pagodas het 7 vlakke.

 

 

 

Unjusa 067

Unjusa 072

Unjusa 068

  

 

 

Die Buddhas sit almal regs van die pagodas al in die pad af. Daar is nie stories of name vir hulle nie, so ek plaas maar bloot die foto’s.

 

 

 

 

Unjusa 078

 

  

Bo: Unjusa Kwangbae Seokbul-jwasang. Hierdie is die enigste sittende Buddha by Unjusa tempel met sy eie nimbus. Die nimbus is die plat steen met die vlamagtige patrone daarop uitgegrafeer.

 

 

 

Unjusa 113

Unjusa 123

 

 

 

 

 

 

 

Bo: Unjusa Seokjo Bulgam (Steen Buddha shrine) staan in die middel van die vallei tussen twee pagodas. Die twee Buddhas sit rug teen rug met een wat na die Noorde kyk en die ander na die Suide. Hierdie is ‘n baie unieke beeld. Die pagoda voor die shrine het 7 vlakke en lyk soos bg. Chilcheung Seoktap.

 

 

 

 

Unjusa 127

  

 

 

Bo: Wonhyeong Dacheung Seoktap (Multi-vlak silindriese Pagoda). Hierdie unieke pagoda volg op die twee sittende Buddha’s in die shrine.

 

 

 

Unjusa 135

 

  

‘n Terugblik op die shrine en sy pagoda’s.

 

 

 

Unjusa 137

 

Hierdie is die ingang na die tempel. Unjusa tempel is ook die enigste tempel wat nie die tradisionele hekke met sy 4 wagte het nie.

As mens links sou gaan voor jy deur die ingang beweeg, stap jy die berg uit na ander indrukwekkende beelde. Ek los dit vir later, want ek het dit met die terugkomslag gaan sien.

 

 

 

 

 

Unjusa 179

 

 

Bo: Dacheung Seoktap staan reg voor die hoof aanbiddingsaal.

 

 

 

Unjusa 151

Unjusa 155

 

 

1000 goue Buddha’s

 

 

 

 

….en ‘n hond wat spanspek eet….

 

Unjusa 259

 

 

Ek het om die tempel gestap na die volgende bordjies wat nog skatte onthul het. Dis nou juis hier waar ek die berg van die verkeerde kant af benader het, maar al wat saakmaak is dat ek alles gesien het en in een stuk al glyende daar af is :oops:

 

 

 

Unjusa 188

Unjusa 194

 

 

 

 

 

 

 

Links: Balwoohyeong Dacheung Sektap (Rysbakkie-vormige, multivlak pagoda). Regs: Drie Buddhas en ek dink dit was ‘n kop of iets wat ook daar gele het. Ek kon nie uitmaak nie.

 

 

 

Unjusa 218

 

 

Bo-op die berg word ek beloon met hierdie fantastiese uitsig, al is ek van die verkeerde kant af op. Verder aan is ek begroet deur die “rock of commandment”. Ek weet nie wat so wonderlik daaraan is en waarvoor dit staan nie, maar dis maar net ‘n moerse stuk klip in die middel van nerens bo-op ‘n berg.

 

Dis nie die opgaanslag wat die probleem was nie, maar ek het die verkeerde pad afgevat en dit was nie so lekker nie. Ek het gesien hoe val ek my kamera te pletter en hoe bly daar van my net ‘n nat kolletjie oor daar doer onder…

 

Af aan die anderkant het ek op hierdie twee pagodas afgekom.

 

 

Unjusa 237

Unjusa 240

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Unjusa 245

 

 

As jy jou verbeelding gebruik dan sal jy die Ma-ae Yeorai Jwasang in die rotsmuur uitgekerf sien. Mens kan glad nie meer die patrone sien waarvan hulle praat nie en die gesig is ook maar net-net sigbaar.

 

By die tempel het ek eers weer “ge-regroup” na die vallende, glyende proses na die voet van die berg, net om weer ‘n ander ene uit te klim. Gelukkig was daar hierdie keer trappe ;-)

 

 

 

 

Unjusa 266

 

 

 

Unjusa 275

Unjusa 277

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Links: Geobuk Bawi Ohcheung Seoktap (5 vlakke) en regs: Geobuk Gawi Gyochamun Chilcheung Seoktap (7 vlakke). Die regterkantse pagoda is op ‘n rotstafel en as mens afklim sien mens die volgende Buddhas.

 

 

 

Unjusa 283

 

 

 

As mens verder opstap kom jy op die bekende beelde af wat op hul rue le.

 

 

 

Unjusa 317

 

 

 

Af met die pad weer terug na die beginpunt sien mens die laaste van die klomp groot steen wonders.

 

 

 

 

Unjusa 331

 

 

Bo: Die klipskywe gerangskik soos die “Big Dipper” en die Chilcheung Seoktap pagoda (7 vlakke).

 

 

 

Unjusa 335

 

  

Na ‘n heerlike staptog word jy gegroet deur die ry Buddhas. Dit was ‘n heerlike rustige ervaring en ek sal verseker daarna terugkeer in die nabye toekoms.

Oppad terug na die busstop word ek finaal gegroet deur ‘n pragtige groen landskap van Hwasun.

 

 

 

Unjusa 366

 

 

 




Kalender

September 2008
M T W T F S S
« Aug   Oct »
1234567
891011121314
15161718192021
22232425262728
2930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

Blog Statistieke

  • 14,695 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye