
Yeosu (Yeosu-si) is ‘n stad in die Suid-Jeolla Provinsie van Suid-Korea. Die stad bestaan uit die Yeosu peninsula en 317 eilande, waarvan 49 bewoon word en 268 ongerep gelaat is.
Yeosu het koel somers en matige winters, wat te danke is aan die seewind en warm strome. Hierdie klimaat besorg dan ook langer lente en herfs as in die ander streke van Korea.
Yeosu is ‘n stad van geskiedenis en lojaliteit, waar die hoofkantore van die destydse Suid-Jeolla Provinsie se vlootbasis gelee was. Dit is ook hier waar die groot Admiraal Yi Sun Shin die bekende Geobukseon of “turtle ship” ontwerp en gebou het om sy land te red teen die Japanese inval.
Tans is daar geweldig baie ontwikkeling aan die gang in Yeosu met die opkomende 2012 Wereldekspo wat daar aangebied word.
Ons het Vrydagmiddag in Yeosu aangeland en geen idee gehad waar om te begin blyplek soek nie. Dis ook glad nie die beste manier om ‘n taxi te vra nie, maar ek leer ook nie. Om ‘n laaaaang storie kort te maak het ons uiteindelik ‘n lekker blyplekke gekry op Dolsan-do (eiland) met ‘n uisig oor die hawe en die Dolsanbrug wat die eiland met die vasteland verbind.
Ons het ons omgewing so bietjie gaan verken en in die hawe opge-einding, waar ‘n paar manne ‘n vissie probeer uittrek het met die laaste soonstrale wat oor ‘n berg skyn. Meeue het in die lug rondgedraai , al agter bote wat van die diepsee af terugkeer.
Meteens was dit pikdonker, met slegs die neonligte van die merkwaardige Dolsanbrug wat die hemelruim verlig. Orals om die kus van die eilande sien ek geel ligte skyn en helder kleure van die brug wat op die stil waters dans.

Ek het nog rustig op ‘n sementmuurtjie gesit en alles ingeneem toe my maag op my beginne skree… Ek moes hom maar in toom hou, want ek het die manne belowe hulle kan gaan Hwe eet. Ek sal kyk en myself vermaak, maar eet??? Huh-uh! Wel, ek het die gaar goete verorber, voor die mans kon
Ek het amper ge-Hwe met die blote gedagte dat ek rou vis moet eet. Soos ek al voorheen gese het, dit skeel my min hoe dit lyk of ruik, maar ek weet te veel om dit willens en wetens sonder enige vorm van vuur naby dit te eet.


Dis natuurlik uiters vars. Die ou vissie swem nog al te lekker daar voor in die tenk en as hy weer sien, snak hy na asem en word hy in dun stukkies gesny!
So, Hwe is dan rou vis wat in dun skyfies gesny word en dan bedien word saam met soya en wassabi. Die bykosse het ingesluit: broccoli, perskes (raai wie’t dit ge-eet?), gaar prawns en sulke gaar mini krefies. Rou perlemoen, nog ander rou skulpdiere, clams en ander goed van vreemde oorsprong.




Die kersie op die koek was natuurlik die “Sanapchi”. Dit is klein seekatjies wat lewendig opgesny word en hul bewegende tentakels (wat nog baie suigkrag het) word dan in ‘n bord gegooi en jy moet dit probeer afsluk sonder om te verstik! Ek het my vrek gelag en dis deels hoekom die video so kort is, maar dit gee mens ‘n idee watse mission dit afgee om die outjies ge-eet te kry!
Genadiglik het die grappie nie te lank aangehou nie en kon ek na ‘n beskaafde eetplek gaan om kos te kry. Die keer het ek ge-eet en hulle het gekyk








Se jou se