
Yeosu (Yeosu-si) is ‘n stad in die Suid-Jeolla Provinsie van Suid-Korea. Die stad bestaan uit die Yeosu peninsula en 317 eilande, waarvan 49 bewoon word en 268 ongerep gelaat is.
Yeosu het koel somers en matige winters, wat te danke is aan die seewind en warm strome. Hierdie klimaat besorg dan ook langer lente en herfs as in die ander streke van Korea.
Yeosu is ‘n stad van geskiedenis en lojaliteit, waar die hoofkantore van die destydse Suid-Jeolla Provinsie se vlootbasis gelee was. Dit is ook hier waar die groot Admiraal Yi Sun Shin die bekende Geobukseon of “turtle ship” ontwerp en gebou het om sy land te red teen die Japanese inval.
Tans is daar geweldig baie ontwikkeling aan die gang in Yeosu met die opkomende 2012 Wereldekspo wat daar aangebied word.
Ons het Vrydagmiddag in Yeosu aangeland en geen idee gehad waar om te begin blyplek soek nie. Dis ook glad nie die beste manier om ‘n taxi te vra nie, maar ek leer ook nie. Om ‘n laaaaang storie kort te maak het ons uiteindelik ‘n lekker blyplekke gekry op Dolsan-do (eiland) met ‘n uisig oor die hawe en die Dolsanbrug wat die eiland met die vasteland verbind.
Ons het ons omgewing so bietjie gaan verken en in die hawe opge-einding, waar ‘n paar manne ‘n vissie probeer uittrek het met die laaste soonstrale wat oor ‘n berg skyn. Meeue het in die lug rondgedraai , al agter bote wat van die diepsee af terugkeer.
Meteens was dit pikdonker, met slegs die neonligte van die merkwaardige Dolsanbrug wat die hemelruim verlig. Orals om die kus van die eilande sien ek geel ligte skyn en helder kleure van die brug wat op die stil waters dans.

Ek het nog rustig op ‘n sementmuurtjie gesit en alles ingeneem toe my maag op my beginne skree… Ek moes hom maar in toom hou, want ek het die manne belowe hulle kan gaan Hwe eet. Ek sal kyk en myself vermaak, maar eet??? Huh-uh! Wel, ek het die gaar goete verorber, voor die mans kon
Ek het amper ge-Hwe met die blote gedagte dat ek rou vis moet eet. Soos ek al voorheen gese het, dit skeel my min hoe dit lyk of ruik, maar ek weet te veel om dit willens en wetens sonder enige vorm van vuur naby dit te eet.


Dis natuurlik uiters vars. Die ou vissie swem nog al te lekker daar voor in die tenk en as hy weer sien, snak hy na asem en word hy in dun stukkies gesny!
So, Hwe is dan rou vis wat in dun skyfies gesny word en dan bedien word saam met soya en wassabi. Die bykosse het ingesluit: broccoli, perskes (raai wie’t dit ge-eet?), gaar prawns en sulke gaar mini krefies. Rou perlemoen, nog ander rou skulpdiere, clams en ander goed van vreemde oorsprong.




Die kersie op die koek was natuurlik die “Sanapchi”. Dit is klein seekatjies wat lewendig opgesny word en hul bewegende tentakels (wat nog baie suigkrag het) word dan in ‘n bord gegooi en jy moet dit probeer afsluk sonder om te verstik! Ek het my vrek gelag en dis deels hoekom die video so kort is, maar dit gee mens ‘n idee watse mission dit afgee om die outjies ge-eet te kry!
Genadiglik het die grappie nie te lank aangehou nie en kon ek na ‘n beskaafde eetplek gaan om kos te kry. Die keer het ek ge-eet en hulle het gekyk








Uiteindelik is ons bederf met ‘n lekker lees ietsie!!!
Waaaa!!! Nee nou word dit veels te erg, nou eet hulle al goed van lewendige oorsprong
Wat gaan daar aan????
Soos dit vir my klink moet jy hierdie goed met een sluk weg pak, anders is jy dood?? Of maak ek nou weer ‘n berg van ‘n molshoop.
Nee regtig so honger was ek ook nou nog nooit!
Kaalvoet daardie foto van die brug is magical!
Ek is bly julle het die naweek so geniet!
Ek fluister vir jou: Ek sal nie in Korea kan uithou nie vriendin, daar is vreemde gogga’s in daai mense se borde
Pragtige inskrywing!!
Lyk darem of jy die see geniet het!
Jong, ek dink jy moet ‘n professionele fotograaf word!
(sjuuut, ek fluister ook….. daai gogga’s lyk vreeslik, sal dit nie op my bord te siene kry nie!)
Weereens uitstekende foto’s en lekker om van ‘n nuwe plek te leer. Stem met die ander saam die rou eetgoed is miskien nie heeltemal my smaak nie. Gaan jy die see in SA ook besoek? want dan sal al die seediertjies in die diepwater moet bly …
Jou foto’s is ongelooflik mooi!! Kaalvoeters, eet hulle rerig daai tentakels wat soos wurms rondbeweeg?!!! Dis soos om ‘n hoender te wil eet as sy kop afgekap is en hy hardloop rond!!! Jiggie… Ek sal maar ‘n vegetariër word as ek ooit daar kom. Ten minste is groente dood…
Ek moet se as ek nou na die video kyk is ek skoon naar, wel as ek na vis kyk is ek naar punt. Die foto van die brug het rerig fantasties uitgekom, jy het ook maar baie meer geduld om foto’s te neem, ek mik en ek druk soos ek mission, dus ook dan hoekom so min foto;s reg uitkom – hehe
Genugtig! Grote grotwater! Jy wil vir my se daar was al hierdie lekker seekosse en jy het NIKS daarvan ge-eet nie???
Hwe is soos sashimi, hwe?
Ek is mal vir sushu en sashimi. Eet ten minste een keer per week. Oor hulle die vis was ruik dit nie na rou vis nie. Lekker.
Ek stap nie ‘n prawn verby nie.
Eeeeeeeuuuuuuuwwwwwww @ rou vis!
Baie dankie dat jy met ons deel, dis very interestink!
LOl @ Krista
Ek sal al die rou goete eet, behalwe daai wat nog beweeg! Lyk in elk geval na ‘n mission en ‘n half om ene “gevang” te kry!
Dink net hoe kriewel hulle in mens se keel af…
Ek eet ook graag Sushi! Maar daardie amper-lewendige dinge – ek weet nie. Sal liewerste nie Wipneus se raad volg en die vinnig en heel afsluk nie – netnou kriewel die goed nog in die maag.
Die ander goeters lyk meer eetbaar.
Ek kan nog alles hanteer, maar daai kriewelrigge dissie… Euw.
Wippie, jy is heeltemal reg! As mens daai pote nie vinnig afsluk nie kan dit jou einde beteken en daar is al mense dood. Jy sal dit maak in Korea man, dis darem nie al kos wat hier is om te eet nie! Waarvan dink jy lewe ek???
Dankie Zee, ek oorweeg dit sterk! Ek sien baie uit na die Kaap se strande!
Whahaha Sandra! Die seediere is veilig met my in die omtrek! Ek het rerig net gekyk hoe die ander eet! Ek gaan liewer dood van die honger… My pa spot so en se hy sal die visse solank laat weet ek is oppad!
Dankie Pikkie!!! Hulle eet dit rerig so. Dis ‘n groot storie om daai outjies gevang te kry met chopsticks, want dit suig nog aan die bord vas ook. Ek verstaan hoekom mense vegetariers word na hulle die Ooste besoek het.
MJ, partykeer moet mens net eenvoudig geduldig wees om ‘n perfect shot te kry, maar oor die algemeen mik en druk ek ook maar net.
NEE, Boer! Ek het darem die gaar goeters ge-eet, maar die res…I don’t think so!
Hwe-hwe-hwe Rosa! Jip, dis maar dieselfde! Gelukkig stink dit nie, maar ek eet dit nog steeds nie rou nie! Ek sal myself net siek maak en HWE!
Se ek ook mos Krista!
Ek moes mos nou weer geweet het jy sal dit eet Dellie! Ek dink eerder daai tentakels bunjee van jou kleintongetjie af reguit maag toe. Dit suig nog orals vas ook!
Emil, Roer: Ek kan ook dalk nog die ander goete waag, maar ek sal die seekat ‘n mis gee as hy nog wil ontsnap…
EK moet se ek het die “chase” van die ander baie geniet! Dit gross my glad nie uit deur daarna te kyk ens nie, maar daar is net geen manier wat ek dit eet nie! Ek het baie van daai goed op universiteit bestudeer en het geen begeerte om dit te eet nie!
Nee, vet weet! Dit lyk soos iets uit Fear Factor!