…om deur ‘n eg Koreaanse mark te stap.



Niksvermoedend bewonder mens die stapels vars vrugte en groente en ou Koreaanse mensies wat sommer so rondsit en oor en weer geselsies maak. Moenie vir een oomblik dink jy gaan honger anderkant uitstap nie! O nee, eerder half aan die groen kant met geen eetlus.
Mens stap nog so in bewondering en meteens dam ‘n volksvreemde reuk op wat hom in jou neusgate anker! Dit het my so laat dink aan my eerstejaar rotdisseksies! Ure later het alles nog na pure rot geruik!
Ek dog ek is besig om finaal my varkies te verloor, want hoe kan groente en vrugte dan nou so reuk produseer?! Toe ek omkyk het ek egter gesien dat een my varkies gevang, geslag en opgekook het. Mag ek nooit so honger word nie!


Links: Harte, longe, derms en wie weet wat nog…

Dis het dadelik gevoel of ek iewers in Afrika is! Oh my goodness, NEE!
Net toe ek dog die ergste is verby het die sogenaamde “vars” vis mark te voorskyn gekom, waar jy letterlik enige blerrie ding wat uit die see kom kan koop. Daar is tot haaie wat geslag en verwerk word en die tannietjie smile ewe breed as mens naderstaan. So asof ek enigsins my mond daaraan sal sit, wat nog van koop!
Die volgende foto’s is wat ek onlangs by verskillende markte in Korea geneem het.
Gwangju


Oesters en haaitjies



Busan


Seekatte en “spoon worms”

Seafood platter


Mossels so groot soos bakstene en speserye
Gyeongju


Krap se kind en gedroogde inkvis



Gedroogde vissies en groente
Ek hoop nie ek het enige iemand se eetlus bederf nie…maar hierdie kan wragtig as ‘n goeie dieetmiddel gebruik word en jy hoef nie te worry oor wat jy eet nie. Mens eet sommer net glad nie!!!







Ek moet se dis nie vir my so erg om na die foto;s te kyk nie, want ek kan niks ruik nie, dis rerig erig n belewenis om deur hierdie markte hier in korea te stap, jy moet net voorberei wees vir die alien reuke wat jou neus gaan tref. Ek het self al n paar markte deur gegaan kaalvoet, maar jy het meer stamina om alles afte neem, ek loop net en kyk so vinnig as moontlik.
Weereens – jou foto’s is great. Jy fokus op sekere aspekte – ek mik en druk en loop so vinnig moontlik aan voor een van die skrefies oge my maak iets eet. Al te veel gebeur.
Hehehe MJ! Ek moet se, dit pla my ook glad nie om na die goed te kyk nie, maar die mengsel van al daai reuke is een te veel!
Ek sal tog iets eet…al doen hulle wat, ek lag en loop weg!
Net toe ek begin dink dit kan nie erger nie…
/me hardloop vir die badkamer!
/me dink sy moet bietjie Korea toe gaan, sal dalk my excess baggage daar kan gaan afskut
Jiggies…. Kits…kits….kits…. Eeeeuuuuwwwie….
Ek moet egter sê, daai vark lyk of hy ‘n smile het!!
Die prentjies sonder die reuk lyk vir my al erg genoeg. Miskien sal ‘n maand of twee in die markte my ook baie help -)
nee ek hou nie oor die algemeen van die oosterlinge se manier van diere hanteer nie, en die miskenning van diere-regte kom wyd in meeste oosterse lande voor. ek sal swaar kry daar. ook die hantering van sogenaamde slagdiere laat veel te wense oor.
Ek wonder of hulle vir my werk het daar in Korea. Ek het nodig om ‘n paar kilos af te skud en selfs ek wat ‘n sucker is vir alles proe sal regtig nie daardie stuff in my mond sit nie. Dit lyk eerder soos skilderye van soorte. Jou foto’s is pragtig.
Ek piepie myself sopnat as ek op daai oopbekke moet afkom! Dit lyk darem te lewendig!
Ek staan steeds ‘n paar treë weg van die karkasse en dinge in die slaghuis
Soos Mocka se, mens kan nie nou iets ruik nie, maar dit lyk darem nie alles sleg nie. Die groente lyk heerlik en kleurvol. (Mooi afgeneem!
) En dit lyk darem of of dit redelik skoon is? Die varkkoppie sit my bietjie af, en daai spoon worms lyk ook grizzly.
OK, ek skip lunch vandag!
Ek stem Boendoe, daai spoon worms is een te veel vir my!
Soos MJ se, Kaalvoet…jy neem nou maar eenmaal pragtige foto’s. Ek kan net beaam dat die markte hier in Korea omtrent iets is om te beleef en ‘n totale aanslag op mens se sintuie loods! Wat ek egter hou van die groente en die viskosse is dat dit gewoonlik BAIE vars is. Dis ook aansienlik goedkoper op die markte as in die winkels. Daai vark-binnegoed sal selfs MY maag laat draai. Uiteindelik het jy iets geblog wat ek ook nie sal eet nie. ‘n Varkkop self kan egter baie lekker wees as jy hom reg gaarmaak.
Baie mooi foto’s, veral van die varkkop, ek sal weer hier kom inloer, as die luste vir Lindt Sjokelade my beet pak!!
Kyk nou net vir Bib hierbo!!! Wat sommer alweer wil smul aan die varkkop!!
Hoe lyk dit met ‘n Pepper Steak, chips en ‘n vars slaaitjie daarby?
Wat presies is op daardie foto bo die vark se kop? Die 3 goed met gaatjies in. Is dit dalk ore?
Dankie vir almal se kommentaar. As ek in die eerste ruk wat ek in Korea was so mark moes aanskou het ek seker nooit weer ge-eet nie. Die reuke in Korea is vreemd genoeg en in so mark nog erger!
Charmaine jy kan altyd kom Engels gee in Korea…ek moet egter waarsku dat mens gou genoeg agterkom waar mens lekker kos kan kry so daai kilogramme bly ook nie vir lank af nie!
Dankie Boerie! Ek weet die goed op markte is baie goedkoper en varser en ek gee nie om om vrugte en groente daar te koop nie. Die seekosse is egter ‘n ander saak…dit lyk nie altyd so skoon in daai markte nie en dit sit my af om enigsins enige vleis daar te koop!!!
Ja nee Wip, geen salf te smeer nie!!!! Daai steak en chips klink goed…vergeet maar die varkkop! Wip, as jy mooi kyk sal jy sien dis varkkoppe met ore aan! Die middelste ene smile dan so breed vir jou
Rosa: Ek verstaan heeltemal wat jy bedoel en ek stem saam met jou. Ek kan ook 100% verstaan hoekom heelwat mense vegetariers terugkeer as hulle eers in die Ooste was. Ek probeer maar om nie te veel aan al die goed te dink nie, want dit ontstel my net, maar ek moet se die hantering van diere hier is baie beter as bv. in China.
As ek OOIT deur daai mark/te moet stap, sal dit met ‘n lugdienssakkie wees… Blah!!
Ek is gek oor markte! Maar ekt sommer so vanself ‘n visreuk ervaar en daaroor is ek nie mal nie! Jou fotos is pragtig! Steeds dink ek dis ‘n ervaring duisend! (visreuke en al)! Moet jy ook jou beursie vashou asof jou lewe daarvan afhang?
Tersia, as dit maar net visreuke was kan mens dit hanteer, maar daar is ‘n mengsel van ‘n klomp geure wat baie vreemd is. Hier loop jy sommer met jou beursie in jou hand of sommer met die geld net so. Grab and runs gebeur nie rerig hier nie.
Hello Kaalvoet!
O nee!!!! Hoe gril ek nou, en kry skoon hoendervleis!!
Ek gril veral vir daai spoon worms!!
Ek sal seker ‘n vegetarier wees daar, sal nie daai kosse kan eet nie! Sal maar op blikkies kos lewe! (wat ek saam vat natuurlik)
Pragtige foto’s!!!
Ek was sooooo lank laas hier moes eers gou na al jou ander fotos gaan kyk het! STUNNING!
EEEEEUUUUUWWWWW!!!!!!
Survivor Korea.
Dankie, ek bly net hier.
Daardie wurms . . .
Kaalvoetjies, jou pittigheid gee my pensiespiere pasella oefening.
Dit laat my aan Bangkok se strate dink, die mengelmoes reuke is daar net so gagga-sleg, ek weet nie hoe op aarde die mense daardie kokkelanders kan eet nie.
Kaalvoet, het jy darem nou al jou kaartjie gekry?
Kaartjie???????? Watse @#$%$#!!!!!! kaartjie????
Daar is een gekoop, maar ek sien nog niks! Dalk loop ek SA toe
O jinne…
Lyk my jy moet maar begin stap…
Not funny!!!
Nie dat ek sal omgee om bietjie langer hier te wees nie, maar my visum verval Maandag…
Oh yes please vir meeste van die visfoto’s. Maar sommige van daai goeters laat my effe ril.
Kaartjie?
nope!
Trek daai tekkies aan…
Paddapote en ‘n duikbril klink na ‘n beter opsie…!
BTW, ek sien nou eers jou nuwe header… I like… die kleure in die druppels, kaalvoet…
Daar’s pragtige foto’s. Kan ek ‘n paar van hulle op my facebook profile add?
Ek verwys actually na die herfsfotos
Ek weet nou nie hoe ek gecomment het op daardie fotos en my comment toe gespring het na hierdie inskrywing toe nie