
Yangdong village is ‘n klein tradisionele woongebied, tussen Pohang en Gyeongju, vanuit die Choson dinastie. Die onstaan van die village dateer terug na die tyd van Son So (1433-1484), wat met ‘n dogter van Yu Bok Ha getrou het. Son So se seun het met Yi Beon, dogter van die Yeogang Yi familie, getrou wat ‘n seun met die naam Yi Unjeok gehad het. Hy word gereken as een van die 18 sages in Korea.
Die Yangdong village voer ‘n suksesvolle bestaan sedert die 15e eeu uit. Die tradisies, sowel as die tradisionele geboue van die Choson dinastie het wel behoue gebly. Die geboue sluit in: Seobaeckdang (die primere huis van die Wolseong Son familie), Mucheomdang (die primere huis van die Yeogang Yi familie), Gwangajeong, Hyangdan, grasdak-huisies van die laerklas, Ihyangjeong en Simsujeong paviljoene en die Ganhakdang village skool.

Seobaeckdang

Mucheomdang

Tradisionele grasdak-huisie

Ihyangjeong paviljoen

Simsujeong paviljoen

Ganhakdang skool
Die topografie van die hele village het ‘n spesifieke rangskiking op berg Seolchang en in die vallei. Die huise van die Wolseong Son en Yeogang Yi familie, asook die van hul nasate is gelee op hoer dele van die berg en vallei, waar die huise van die laerklas gelee is aan die voet van die berg en laer gedeeltes van die vallei.
Hierdie rangskikking illustreer die sosiale karakteristieke van die Choson dinastie, wat gebaseer was op status. Die Yangdong village onderhou sy yangban (aristokratiese klas) tradisie en kultuur vandag nog.


Dit was ‘n koue wintersdag met helder blou lug en ‘n tipiese koel windjie wat deur murg en been sny. Vaal, dor, kortgesnyde ryslande met gerwe oral in bondeltjies vasgebind. Oral waai daar stoom uit skoorstene in ‘n poging om die grasdak-huisies te verhit. Hier en daar sien mens mense wat daaglikse take in en om die huis verrig. Droe rysplante word op waentjies gelaai, ‘n trekker staan stil op ‘n land met ys in die vore. Mielies word opgehang om in die amper, amper wintersonnetjie te droog.



Daar is geen winkels, behalwe een bitterklein vertrekkie wat koffie en koeldrank aan besoekers verkoop. Die deur kan nie ver oopskuif nie en mens moet soos ‘n krap daar inskuif en die bondel mense, reeds binne, trotseer. Verder is daar net stofstraatjies wat mens van huis na huis lei en erens tussen al die huisies hang ‘n verlate swaai met n paadjie wat na nerens lei.

Die huisies van die laerklas word soms met klip en modder gebou en die grasdakke word gereeld vervang en glad nie met teer behandel soos ons dit ken nie. As mens so leefwyse soos hierdie mense handhaaf is daar seker tyd vir al die werk, want daar is nie veel om te doen andersins.

Die besoek aan Yangdong was soos om in tyd terug te gaan en om ‘n smakie te kry van die primitiewe, maar baie suksesvolle bestaan.


















Se jou se