Ek’s uiteindelik terug in die blogwereld!!!!
Dankie vir almal se booskappe en goeie wense vir 2009. Mag julle almal ook ‘n wonderlike jaar he!
EK het ‘n baie lekker tyd in SA gehad en die Kaap plat getravel. Ek het selfs saam met die haaie gaan duik net anderkant Gansbaai. Ek wens ek kon vir julle al die foto’s wys, maar die duiwel het weer sy mes ingehad vir my foto’s en so het ek die groot meerderheid daarvan verloor. Ek weet nie hoe dit gebeur het nie, maar dis weg! Dis net ‘n goeie verskoning om weer saam met die haaie te gaan duik en om my avonture te herhaal
Ek het baie lekker saam met almal gekuier, wat ek te siene kon kry. Ongelukkig is daar ook net soveel tyd en sonder jou eie vervoer in SA is mens effe gestrand. Ek het die publieke vervoer van Korea ongelooflik gemis, asook soveel ander goed.
Ek het skaars geland in SA en het toe reeds slegte diens in die lug ervaar. Ek swem eerder Korea toe voor ek ooit weer met SAL vlieg. Ek het die deel verstaan dat daar 2 mense kort is op die vlug, maar ek verstaan nog steeds nie hoekom ek nie koffie saam met my ontbyt kon kry nie. Dit vat mos nie so baie tyd nie, maar ek word met ‘n houding herinner dat hulle 2 personeellede kort is. “So what do you want? Water or juice!” Ek het reeds sap saam met die ontbyt gehad, so vir at sal ek nou nog wil he en wie wil nou water drink so vroeg in die oggend! Jy kry my nie weer op daai vliegtuie nie en klaar! Dis veronderstel om ‘n internasionale vlug te wees en dan is dit die diens wat mens kry.
Ek was so lank weg, oor ek ‘n maand in SA was en sedert ek ‘n maand gelede in Korea aangeland het, was ek opsoek na ‘n rekenaar. Ek het sommer ‘n gebruikte ene gesoek met die doel om later ‘n nuwe een te koop as ek bietjie geld gespaar het. So, vat ek die lang pad Seoul toe en kry toe n rekenaar gekoop wat net 3 dae gehou het…Ek pos toe die ding terug en my geld word aan my teruggegee sonder enige vra. Moedeloos was nie die woord nie. My geld was min en die vooruitsig van m eerste salaris het ook nie gehelp nie. Ek het toe nou maar op die ou einde oe toegeknyp en ‘n nuwe rekenaar gekoop. Ek moes so paar dae daarvoor wag, want hulle moes eers die sagteware in Engels opspoor. Ek moet se ek was nogal heel geduldig, maar net omdat ek weet dat as hulle se hulle bring jou rekenaar more, dan doen hulle dit actually.
Vanoggend vroeg het ‘n ou my internet kom koppel, maar hy sal more terug wees om vir my ‘n vinniger konneksie op te stel teen geen ekstra koste. Hoe great is dit?
Ek sal in ‘n volgende inskrywing vertel van my nuwe tuiste en skool. Intussen was daar darem al ‘n paar avonture ook gewees, maar later meer daaroor. EK moet nou eers regmaak vir werk en my staal vir die terries :mr green:







Dagse Kaalvoet
Bly om te hoor jy is weer aanlyn en dat mens nou weer gereeld jou sal kan raaklees.
Alles wat mooi is vir jou daar in die Ooste.
Groete
Welkom terug! Ek sien uit na jou stories hierdie jaar.
En van goed wat sommer net wegraak, kan jy my niks vertel nie…
Ja-nee, welkom inderdaad!
Sien uit na al jou avonture. Ons soek bietjie nuwe bloed met nuwe stories!
Hie haaaa!!! Uiteindelik! Welkom terug
Heita Voetjies!!!! Welkom terug nê!! Is lekkerrrrrr om jou weer te lees! x
Kaalvoetmeisiekind, ek is baie bly jy is terug…..
Sien uit na jou pragtige fotos!
Hi jy. Sommer baie bly vir jou die rekenaar probleme is nou uitgesorteer. Bietjie raad met die terries. Nee wag, ek het niks… Sterkte!
Hoor hier, daai girl in die sneeu lyk nogal baie soos jy! Anyways, synde dat jy nou so mal is oor SAL, het ek gedink jy sal hierdie artikel geniet. http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2456455,00.html
Welkom terug en bly jy het die vakansie geniet. Ek het daai haai-trippie se papiere beloer en besluit walvisse van die wal af kyk is beter.
Hehe Roer, as jy verbeelding gebruik lyk ek dalk so
Ek het die artikel gelees en was glad nie geskok nie. Plaas hulle die goed rook en kalm word ipv om so ongeskik te wees!
Uit-flippin-eindelik! Gedog daai kombi’tjie gaan dit nooit maak nie. Welkom terug! Ons sien uit na jou vertellinge en avonture!
NS: Jy moet sommer ‘n brief aan SAA stuur of na ‘n koerant of twee.
Ek is sooooo bly jy is terug op my skerm Kaalvoetjies!!!
Wat van ‘n post oor daai shark cage diving? Ek wil graag presies hoor hoe dit is. Nie op DSTV mannetjies met hormone dophou, en al wat hulle uitkry, is “awsome”!
Wel Skoor, dis pretty much wat al die mense gese het! Ek gaan nie ‘n post daaroor skryf nie, want ek het al my foto’s verloor en daarsonder maak dit nie veel sin om iets daaroor te se nie! As jy ‘n duiker is, dink ek dit kan bietjie teleurstellend wees, maar om saam met Jan Tand in die water te wees en om hulle van so naby te sien was rerig great! Ek beplan om dit weer te doen as ek voete in die Kaap sit!