Archive for Januarie 24th, 2009

24
Jan
09

My nuwe tuiste

 

 

south-korea

 

 

 

Ek is terug in Korea en sommer ook in ‘n nuwe stad en by ‘n nuwe skool. Ek bly tans in Pohang, wat aan die Ooskus van Korea gelee is. Dit is dan ook die tuiste van die bekende Homigot en ligtoring museum , waaroor ek al voorheen geskryf het. Ek het darem al voorheen ‘n avontuur of twee hier beleef so dit is darem nie heeltemal vreemd nie.

 

Ek bly weereens ver van al die winkels af, maar daar is darem ‘n E-mart hier naby waar ek kan shop as ek moet. Ek gee glad nie om om so ver van die “aksie” af te bly nie, inteendeel is dit lekker rustig hier waar ek is en ek bly net 200m van die naaste strand af!

 

 

 

DSCF1194

 

Solank ek by die see kan wees, maak niks anders regtig saak nie. Die see is nou maar net eenmaal terapeuties, al is hier nie veel branders nie. Ek moet se, dis die eerste strand in Korea waar ek kon skulpe optel en nie goed soos mossel- en oesterskulpe nie. Nee, mooi draaiskulpe en “sand dollars” en seesterre met die helderste kleure. Ek is baie lief vir die see en gaan stap selfs in die middel van die winter op die strand as die wind nie waai nie.

 

 

 

DSCF1204

DSCF1212

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek sien soms vissermanne wat sommer so op die strand ‘n vuurtjie maak en dan so in die donker sit en visvang. Hoe suksesvol hulle is, sal ek nie weet nie.

 

My woonstel is wel BAIE kleiner as die vorige ene, maar ek het ‘n mikrogolf!!! en ‘n wasmasjien wat was wanneer hy moet! Die kleiner plek is ook soveel makliker om skoon te hou en soveel minder moeite! Dis eintlik maar ‘n glorified bachelor woonstel, maar ekhet ‘n lekker groot bed en ‘n bank (wat nie so lekker sit nie).

 

Die skool waarby ek nou werk is baie kleiner en ons is net 2 onderwysers en die director. Ek het GEEN kleuters nie en ek hoef ook nie meer vroeg op te staan nie! Ek moet eers 1pm by die skool wees en werk van 2:20-8pm. My baas kan darem so bietjie Engels praat, maar lyk nie altyd wakker nie en ek dink ook nie sy is altyd by nie, wat ‘n pyn kan wees. Sy is regtig baie nice wat opmaak vir haar swak kommunikasie vermoe in Engels ;-)

 

Ek moet se, dis soveel makliker om vir ‘n 2e keer Korea toe te kom, want mens weet wat om te verwag en ek het die vreemdheid al so gewoont geraak dat ek dit rerig gemis het in SA. Dis lekker om terug te wees en ek geniet die land met sy ryk kultuur en geskiedenis ongelooflik baie.

 

Verder is daar dan ook POSCO, die 4e grootste staalprodusent in die wereld. Daar werk ongelooflik baie buitelanders van Pakistan, Indie, Bangladesh ens. Dit help nogal, want mens kry makliker inligting in Engels, omdat hulle juis die werkers probeer akkomodeer. POSCO is ongelukkig teen die kus gelee en ek weet nie hoe groen hulle rerig is nie, al se hulle wat. Dis nie ‘n mooi prentjie op die horison nie…

 

 

 

Picture 145

 

 

 

Hier is nog baie plekke om uit te snuffel in my omgewing en ek sal nog daaroor skrywe in die nabye toekoms.

 

 

 

Picture 187

DSCF1779

Vir Boendoe ;-)




Kalender

Januarie 2009
M T W T F S S
« Nov   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 14,271 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye