
Seewind, sout-son
Kinders baljaar sorgeloos
sonder tyd wat pla
Berge pryk hoog bo jou kop
seemeeu draai om jou
en ry op die wind
Duiselig-draai
Die grond kom nader
rots sny diep
skulpe bloei
die see word rooi
Been vergruis, oe staar diep…
‘n Rukwind bring jou terug
Verlore siel duik vry die dieptes in
sonder om te groet
Daar staan die wind
met uitsig oor gebeure…
Lang hare wapperend en rooi
lint wat die wind versmoor
(c) 2000







Pragtig geskryf! En dan se jy EK moet meer skryf…
NS: Hoop jou valentynsnaweek was lekker!
Dankie Boer! Ek dink nog steeds jy moet meer skryf
My naweek was baie lekker dankie en die weer was so lekker. Dis net jammer die koue is nou weer terug
Hoop jy het ook ‘n lekker naweek gehad…
Dis pragtig kaalvoet!
Julle altwee moet meer skryf!
Hierdie is BAIE mooi, Kaalvoet
Dis aangrypend, baie mooi.
Min woorde baie inhoud – well done.
Dagse Kaalvoet
Baie mooi, sien uit na nog. Hoop die koue wyk gou daar by jou.
Groete
Pragtig, jy is baie talentvol!
Baie mooi Kaalvoet!
Pragtig! Ek is nuuskierig om te lees hoe (c) 2009 se poësie sou wapper.
Baie mooi Voetjies!!!
Pragtig…..
Dankie vir almal se positiewe kommentaar.
Ek het bietjie problem op my blog en probeer dit nog uitsorteer, maar lyk my dis net aan my kant. Ek sal gou weer terug wees…
Ek stem saam met Emil. Nog.
Nog, nog, nog!
Ek hou baie van jou nuwe blogtitelkiekie. (Ek sien dit nou eers raak?) Dis regtig ‘n besonderse foto met die waterdruppels wat so spat en alles wat so mooi in fokus is.