16
Feb
09

Ongetiteld

Picture 200

 

Seewind, sout-son

Kinders baljaar sorgeloos

sonder tyd wat pla

 

Berge pryk hoog bo jou kop

seemeeu draai om jou

en ry op die wind

 

Duiselig-draai

Die grond kom nader

rots sny diep

skulpe bloei

die see word rooi

 

Been vergruis, oe staar diep…

‘n Rukwind bring jou terug

Verlore siel duik vry die dieptes in

sonder om te groet

 

Daar staan die wind

met uitsig oor gebeure…

Lang hare wapperend en rooi

lint wat die wind versmoor

(c) 2000

 


16 Responses to “Ongetiteld”


  1. February 16, 2009 at 11:13 nm

    Pragtig geskryf! En dan se jy EK moet meer skryf… ;)

    NS: Hoop jou valentynsnaweek was lekker!

  2. February 17, 2009 at 12:10 vm

    Dankie Boer! Ek dink nog steeds jy moet meer skryf ;-)

    My naweek was baie lekker dankie en die weer was so lekker. Dis net jammer die koue is nou weer terug

    Hoop jy het ook ‘n lekker naweek gehad…

  3. February 17, 2009 at 3:16 vm

    Dis pragtig kaalvoet!

  4. February 17, 2009 at 3:20 vm

    Julle altwee moet meer skryf!

    Hierdie is BAIE mooi, Kaalvoet :-)

  5. 5 kyker
    February 17, 2009 at 10:01 nm

    Dis aangrypend, baie mooi.

  6. February 18, 2009 at 10:35 nm

    Min woorde baie inhoud – well done.

  7. February 19, 2009 at 1:45 vm

    Dagse Kaalvoet
    Baie mooi, sien uit na nog. Hoop die koue wyk gou daar by jou.

    Groete

  8. February 20, 2009 at 4:21 vm

    Pragtig, jy is baie talentvol!

  9. February 20, 2009 at 7:25 nm

    Pragtig! Ek is nuuskierig om te lees hoe (c) 2009 se poësie sou wapper.

  10. February 22, 2009 at 11:23 nm

    Dankie vir almal se positiewe kommentaar.

    Ek het bietjie problem op my blog en probeer dit nog uitsorteer, maar lyk my dis net aan my kant. Ek sal gou weer terug wees…

  11. February 23, 2009 at 4:47 nm

    Ek stem saam met Emil. Nog. ;-)

  12. 16 kyker
    February 25, 2009 at 10:05 nm

    Ek hou baie van jou nuwe blogtitelkiekie. (Ek sien dit nou eers raak?) Dis regtig ‘n besonderse foto met die waterdruppels wat so spat en alles wat so mooi in fokus is.


Leave a Reply




Kalender

February 2009
M T W T F S S
« Jan   Mar »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
232425262728  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 13,741 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye