Wipneus het my getag om die inhoud van my handsak bekend te maak…
Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).
Laat ek bietjie kyk wat gaan in my handsak aan

My LUCKY STRIKE bag. Ek het dit laasjaar in Gwangju by ‘n ondergrondse winkel gekoop.

Die inhoud!

Mints wat ek nog by die lughawe gekoop het in Incheon, oppad huistoe en sweets van die Dross en Wimpy.

Kleingeld uit 2 werelde en my YES/NO coin wat ek ‘n paar jaar terug op ‘n navorsings-trip by die V&A gekoop het…

My selfoon (wat eintlik maar net as wekker dien) en sy battery, my ander kamera (wat nie meer so baie gebruik word, sedert ek my ander ene via ‘n goeie fee uit SA gekry het. Ek het hom vergeet in die kar by die lughawe en moes noodgedwonge die kleintjie aanskaf in Korea). My verkyker, wat ek gewoonlik nie by my het nie, eksterne hardeskyf en my MP3 speler.

2 sonbrille (moenie vra nie), kougom en die res…


My beursie, bankboekie en paspoort. Dan natuurlik ook ‘n multi-tool vir die wis en die onwis, my hardeskyf se skroewedraaier en ook vir ingeval ek ‘n skroef of twee het wat vasgedraai moet word en my huissleutels.
My beursie het te veel kaarte in…2 Koreaanse bankkaarte, SA bankkaart en kredietkaart, my ALIEN kaart (hehehe), Kyobo boekwinkel kaartjie en my bestuurlisensie (wat niks hier beteken nie en al het dit sal ek dit nie waag nie)
Dis dit! Ek tag vir Roer , Boendoe, Skoor en wie ookal nog wil saamspeel!







Interessante inhoud! Niks nonsies nie. Hou vas aan jou stoel vir myne…
Ek’s jou een voor, want ek het my huiswerk al in Mei 2008 gedoen. Gaan kyk hier: http://roer.wordpress.com/2008/05/11/wats-in-jou-handsak/
Snaaks genoeg het die inhoud nie veel verander nie. Deesdae het ek net ‘n ekstra Vitamine C gesigsproei van The Body Shop wat ek ook saam dra.
Hehehe Boendoe…Ek wag in spanning!
Ag nee Roer, dis al almpere ‘n jaar terug….re-post die huiswerk dan en update dit!
Waar’s Kaalvoet en wie’t haar vervang met my ma?!
Oh-freaking-kay…
Oor jou handsak se inhou, nooit geweet jy is so ‘n gadget girl nie. Ek is beindruk.
Hey! Ek probeer net jou aandag van die Argus aflei!
Ek hou baie van gadgets en kan dit goed gebruik ook hoor!
Ek het geweet hierdie handsak is so vol toorgoedjies
Hoekom mag ek nie vra, hoekom jy 2 sonbrille saam jou ronddra nie?
Uhmmm is dit waar die skroewedraaier nou inkom?
Ek hou van jou Yes/No coin!! Ek soek ook so een, as ek besluite moet maak wat vir my moeilik is, sal ek sommer die coin laat besluit. Dis dan ook maklik: as iets verkeerd loop “blame” ek die coin!
Dankie vir die saamspeel
Lekker naweek
Lyk of daai handsak se inhoud met ‘n plan gepak is
Ek moet erken, daar was baie papiertjies en strokies ook in, maar hoekom sal ek dit nou wil wys???
Nes jy se oor die skroewedraaier Wippie, nes jy se!
Jy is goed georganiseer – ek hou van die skoewedraaier, dit kan sommer ‘n wapen ook word as jy dit nodig kry!
Ek laaik die sak! ‘Ondergrondse’ winkel? Klink jy shop by die mOlle!!!
Stunning handsak. Snaaks dat ek nie verbaas is oor die verkyker in jou handsak nie
Ondergronds = Swartmark of soos in ondergronds by die moltreine…
Dellie, ek dink ek sal eerder die tang vir ‘n wapen gebruik
Dankie Skoor en Zee. Het die handsak by ‘n winkel in die subway gekoop, maar ek reken dit is maar so bietjie swartmark ook
Die verkyker is ‘n nuwe toevoeging en ek sukkel nog om die kamera en verkyker gelyk te probeer gebruik
Nice verkyker, Kaalvoet!
Supercool handsak (en inhoud!!) ek sal die verkyker beslis oorweeg!! (alhoewel Helge altyd syne inpak al gaan ons net Magaliesberg toe vir koffie
Daai VitC gesigsproei van Roer is ‘n must have!!! (sukkel jy nie by die lughawe met daai tool/gadget en skroewedraaier nie (lyk vir my of dit nogal as aanvalswapens aangewend kan word??)
Hehe BB! Daai Vit C reeks is baie nice. Jong, as ek vlieg gooi ek maar liefs al die “wapens” in my tas! Daar is altyd staal messe en vurke op die vlug as ek ‘n wapen sou nodig he! Ek verstaan nou nog nie die logika daaragter nie.
Jou handsak pas 200% by jou. Ek het ook so yes/no ene gehad, maar nou is hy ‘n gone-coin.