
Ek het so twee weke terug die tempel gaan opsoek en was aangenaam verras. Die tempel is aan die voet van berg Unjesan en langs ‘n rivier gelee. Die omringende natuur is nie op die oomblik iets om oor huistoe te skryf nie, want die bome is maar kaal en die uitsig baie vaal. Ek sien egter uit om in die Lente, Somer en Herfs weer hierdie tempel te gaan besoek.

Wat die geskiedenis van die tempel betref is daar nie rerig inligting beskikbaar nie. Al wat ek kon kry was die volgende:
Monk Wonhyo, and Hyegong were practicing in Oeo Temple , and one day they made a bet that after swallowing an alive fish, and relieving it on the edge of the rock, the one whose fish is alive will win the bet.
Then, they each swallowed a fish, and one of the fish was relieved alive and the other was dead. When they saw the live fish going up the stream vitally, the two priests said to another that there goes my fish , and both roared with laughter. O represents “I” and Eo represents “fish,” meaning that I saved the fish.



Daar is ook ‘n wandelpad in die berg wat jou tot aan die oorkant van die rivier vat, met kaal boomtakke wat soos ‘n netwerk are teen die blou lug bo jou uitstrek.
Tussen die verskillende geboue is daar oral beeldjies uitgepak en sommiges heel humoristies.




In ander geboue kon mens die helder liggies van lanterns en kerse sien en hoor hoe Buddha al singend aanbid word.


‘n Ander tempelgebou bo-op die berg
So het die son oor nog ‘n dag gesak en moes ek weer my weg op ‘n interessante manier huistoe vind







Baie interessant. Is die meeste van die tempels op of onder heuwels en ver uit ‘n dorp uit?
Ek het al baie hierdie klein boeddha-beeldjies by die tempels gesien en hulle is soms skreeusnaaks. Daai tempelgeboue op die berg lyk indrukwekkend, het jy ooit daar uitgekom?
Jong Sandra, ek het nou nie juis so opgelet nie, maar ek reken die meeste tempels is in die berge. Meeste van die tempels is egter ver uit die dorp/stad.
Boer, ek wou graag daar uitkom, maar ek het bietjie laat geslaap en toe ek weer sien sak die son en aan die anderkant was ek te lui om daai koppie uit te klim! Volgende keer…
Dis vreeslik interressant Kaalvoetertjies en jou foto’s is asemrowend! Ai jy is darem so talentvol!
Dis lekker om jou weer hier te sien Pikkie! Dankie vir die komplimente
Mooi en interessant en ek hou baie van die Boedha beeldjies! Ek versamel Boedha’s ook!
Hoop jy voel gou beter!!
Wil jy regtig vir my se jy was te lui om daardie entjie na bo te stap?
Ja Bib! Eintlik of eerder gelukkig was te al te donker om die pad aan te durf na bo, want anders sou ek dit seker moes doen. Dit was verseker nie my laaste besoek aan hierdie tempel en as jy lus het vir bietjie oefening is jy meer as welkom om saam te hyg tot bo
Ek’s daar!