
Gwangju het ‘n baie bekende kunsstraat in die besigheidsentrum. Saterdae kan mens na al die briljante kunswerke gaan kyk, maar om een of ander rede hou die Koreane net mooi niks daarvan as mens foto’s neem nie. Weereens moes ek staatmaak op my skelmstreke, sodat ek dit met julle kan deel.
Al hierdie sketse is met inkleurpotlode gedoen en die detail is ongelooflik. Sommiges lyk selfs soos foto’s op ‘n afstand.






Die volgende paar foto’s is op een vel papier gedoen, maar ek het sommiges afsonderlik afgeneem om ‘n beter beeld te kon kry. Ek reken die idee was om ‘n alledaagse item in ‘n fantasiewereld te omskep. Ek is mal oor hierdie werke!









In Korea word die kinders al van ‘n baie jong ouderdom aan die beste kunsopleiding blootgestel en dis verstommend wat die kinders al op skool leer en kan doen!







Ek het ookal baie skelm-fotos geneem so op-kliek-af!
Kuns gee iets aan ‘n mens, nie waar? Dit is asof dit ‘n mens se binnste smee.
as ek mag vra vir hoeveel gaan so n kuns werk? in Rand.
Baie waar Rosa! Kuns maak soveel dinge in mens wakker.
Ek het nie ‘n idee wat die goed kos nie, maar ek reken dit sal ‘n aardige bedraggie wees.
Ek wonder hoekom deel hulle nie hul talente met ander nie. Hier is ‘n man van Korea wat by die mall Arabiere en perde teken en hy’s uitstekend en baie gewild. Kos klomp geld vir ‘n prentjie.
Ek glo vas ‘n kind moet van kleins af aan kuns blootgestel word.
Ek is mal oor hierdie tekeninge en kunswerke, ek sal heeldag in die straatjie wil rondloop! Jy is reg dit lyk soos foto’s, ongelooflik!!!
Ek sien jy het toe met ‘n date gegaan girl!!!;)
Hehehe Wippie! Ja….
Cool!
Ek VREK oor veral potlood, charcoal en pastel sketse eerder as skilderye – ek is nie baie lief vir olie nie… I like the ‘clean’ finish of sketches – nie dat ek nie ‘n oil of watercolor painting kan waardeer nie – hel, ek appreciate enige work of art, maar hierdie tipe art hierbo is vir my absolutely awesome!!
– gelukkig sal niemand weet dis hy nie
Ek het al self ook my hand gewaag aan potlood… ‘n naakstudie van Helge
Whahahaha BB
“niemand sal weet dis hy nie”
Houtskool en potlood is my gunsteling ’skilderye’! Hierdie werke is ongelooflik goed! Dankie Kaalvoetertjies.
Whahahahaha @ BB!
Ek verkies weer olie as medium, maar hou daarvan om dit met ander te kombineer. Ek sukkel te veel met die potlode…moet se dat houtskool en daardie harde pastelle lekker werk op gewone bruinpapier
Sjoe – dis vrek mooi!
WOW! Dis regtig besonders. Ek weeeens ek het so ‘n talent gehad!
I like…
mies maar dis mooi dankie banja
Ek kan my maar net verstom aan die kreatiwiteit van kunstenaars. Ek meen, watter normale mens sal nou dink om ‘n ‘robotrige’ ou met ‘n boom in die hande, te teken? Die detail is nog iets wat my beindruk.
En ek wonder oor jou skelmstreek-tegniek? Jou foto’s lyk nie soos Rosa se op-kliek-af manier nie.
Uitstekend. Geen wonder Manga kry sulke groot aanklank in die Weste nie. Hierdie mense kan werklik vir jou teken. Laat staan nog die stories waarmee hulle vorendag kom.
Jy neem uitstekende foto’s vir ‘n steel fotograaf hoor
Pragtige kunswerke!
Ek het al die vorige naweek bietjie deur jou laaste inskrywings geloer, maar toe nooit kans gekry om iets te sê nie. Jou foto’s is puik, baie cooler as ‘n geroeste verfblikkie. Ek hou veral van hierdie kunsstraatjie.
Dit is ongelooflike mooi sketse! Dankie tog vir steelfotograwe…
Hierdie inskrywing was die 11de Maart en vandag is die 24ste…verbeel ek my of is iemand bietjie lui?
Ek werk met ‘n plan om daai foto’s te neem en dis nie altyd so maklik nie!
Kop, ek sou graag daai verfblik wou afneem…
Boer, jy verbeel jou! Ek is nie lui nie, ek is net nie lus nie.
Wow. Dis baie goed. Ek hou veral van die swart en wit Koreaanse Elvis (my benaming).
hau miesie wat hy short die skoene mavis hy denk djy hy es die lui klein miesie mavis hy kom soek die leesgoete maar die plek lyk soos ‘n morturie
Ek stem saam Mavis. Enige nuwe strate ontdek
Net ‘n donker tonnel, Emil en daaroor het ek niks om te vertel
Tik-tok-tik-tok…ons wag geduldig op die terugkeer bvan die muse…
Sjoe, nou het ek regtig te lank hier gekuier. Kon nie ophou kyk!
Geen wonder jy kom nie by blog uit nie, met soveel om te sien sal ek ook met tye “wegraak”
Nimsi