Ek het weer die voorreg gehad om hierdie besonderse dorpie met sy ryk geskiedenis te besoek. Al was dit net om dieselfde paadjie te stap en om ‘n vriend bekend te stel aan die plek se storie.
Boer het lank terug hier oor Goryeong se geskiedenis geskryf, so ek gaan nie herhaal wat hy gese het nie. Julle moet maar daar gaan lees as julle meer wil weet
Ek wil eintlik net vir julle wys hoe drasties die landskap verskil tussen mid-somer en lente. Ek het laasnaweek min of meer dieselfde foto’s geneem as met my vorige besoek in die somer. Ek plaas die somer foto’s links en die lente foto’s regs.


‘n Replika van graf 44, wat die eerste graf was wat bewyse gelewer het dat diensknegte lewendig saam met hul konings begrawe is


Trappies na ‘n reeks grafte


Hier kan mens in die verte die grafte van bg. foto’s dien


‘n Voetpad na bo (links) en as mens terugkyk (regs)


‘n Vallei aan die oorkant met ‘n kronkelpad na tradisionele huisies


Uitsig oor Goryeong


Die bekende ry koninklike grafte


Anderkant die grafte stap mens al langs ‘n bedekte voetpad wat jou weer na die dorp lei


My troeteldiere

Graf 44 waarvan die replika gemaak is. Dit lyk nie so groot nie, maar het ‘n omtrek van 27m


Hierdie is binne die replika en hier kan mens die uitleg volgens hierargie duidelik sien.







Hellloooooooooooo hier is lewe!!! Die lente het gekom!!!
Sommige plekke hier lyk of dit in my gunsteling Irene dorpie lê, veral die met die voetpaadjies!!
Baie lekker om saam met julle deur Korea te reis…
Pragtige foto’s van jou troeteldiere, jy mag maar!!!
Daar is ‘n groot verskil tussen lente en somer, lyk meer soos winter en somer. Pragtige foto’s. Wat’s daai troeteldiere se naam en hoe het julle getrain om so sonder leiband te vlieg.
Lyk vir my amper soos herfs en somer!!! Pragtige foto’s Kaalbas, ek meet Kaalvoet!
Natuurlik is hier lewe Wipstes! Ek het net bietjie gechill die laaste ruk, jy weet mos!
Sandra, daar is ‘n ongelooflike verskil tussen die 4 seisoene. Die troeteldier links is “Stix” en regs is “Fluffy”
Haai Pikkie, maar jy is stout so op ‘n Vrydag!
Die lente is maar vaal en dis eintlik net die kersiebloeisels wat die plek na iets laat lyk. Die grassies en bome sukkel maar oral om groen te word.
Wow, baie mooi.
Dit voel amper uit plek, hierdie mensgemaakte heuwels. En dan tog weer lyk dit asof dit presies net daar hoort.
My heel favouritste is die wit daisies! Dit is poskaart mooi.
Ek’s bly jy kon ook gaan. Nogal baie lekker vir my gewees. Die foto’s bring die kontras tussen die seisoene baie goed uit. Ek hou van jou gedierte-vriende. Eet jy hulle ook soms…?
Moet jou nie laf hou nie Bib! Jy’s die een wat allerhande goggas eet!
Hi kaalvoet, dis rerig amazing hoe elke dorp on korea iets het om te wys, en elke plekkie het sy skat. Dis baie mooi foto’s ( en ja ek lewe ook weer baie dankie vir die comment op my blog)
Mocka!!!! Ek het al gedink jy’t van die aardbol af verdwyn! Moet nou nie so skaars wees nie ne