
2 Mei was ‘n groot dag wat feesvieringe betref vir Buddhiste in Korea. Buddha se verlaardag was Saterdag en hierdie spesifieke dag word ook Seokga tansinil genoem.


Dit beteken nie veel vir my nie, maar die lotuslanterns hang nou al ‘n geruime tyd oral in die strate en dit lyk tog so mooi in die aand. Ek het dus van hierdie geleentheid gebruik gemaak en die wonderlike Bulguksa tempel gaan besoek om die kleurvolle fees en musiek te kan bewonder.


Ek het laatmiddag daar aangekom met die grootste partytjie reeds verby as ek dinge so gekyk het. ‘n See van lanterns groet jou met jou aankoms en hoe verder jy stap hoe mooier word dit. Daar is ook allerhande kos en tee uitgedeel, maar ek het maar verby gehou na al die reuke wat ek opgevang het. Soos dit donker geword het het al wat ‘n Koreaan is ‘n kersie in jou hand geprop om te help lanterns aansteek.


Oral het monks rondgestaan met hul kaal geskeerde koppe en luidkeels gesing oor mikrofoon. Wel, dis nou nie rerig sing nie, dis meer net ‘n ge-hummmmm, maar saam met die houtinstrument waarop daar ritmies geslaan word is dit ‘n wonderlike klank. Die mense is vinnig toegespreek en aangese om gereed te maak vir die groot lanternoptog al om die tempel. Weereens, soos elke ander jaar met die knaap se verjaardag, het die hemele oopgemaak en het dit lekker gestortreen.



Ek het vinnig daaraan gedink om ‘n sambreel in te pak, maar toe weer net so vinnig daarvan vergeet, so ja, ek het goed natgereen! Teen die tyd wat ek ‘n reenjassie kon koop het dit ook alweer opgehou reen, maar toe het ek nou die ding aan. Ook maar goed, want oppad terug na die bus het dit weer erg begin reen en het die jassie darem so bietjie gehelp. My kamera was nie so gelukkig nie, maar die werk darem nog

Die tempels oral oor Korea sal dan vir die hele maand nog met lanterns versier bly en die helder kleure sal nog vir ‘n rukkie die strate optower!








Wat mens ook nie moet deurgaan nie, ne?
Die nagfoto’s lyk of dit ‘n sprokieswereld kon wees. Baie, baie mooi. (Maar dis nou al so afgesaag – jou foto’s is altyd mooi!)
Hehehe! Imagine dit…rugsak, geen sambreel, modder, nat jean en ‘n kamera op ‘n tri-pod! Dit was ‘n helse mission en ek moes keeer om nie hardop te vloek nie!
Dankie, weereens vir die kompliment…ek sal maar liewer nie se hoe ek geskel het om die foto’s geneem te kry nie
Sug. Seker my beurt om spam te wees…
Skuus, daar’s altwee nou…
No problemo!
Alles lyk baie mooi en kleurvol en jou foto’s is mooi
. Is sy verjaarsdag elke jaar presies dieselfde datum of word dit soos die ou hier by ons verander en aangepas volgens die maan?
Nou wonder ek??? Wat maak hulle dan met al die natgereende lanterns en dooie kersies? Word dit weer van voor af aangesteek????
Hi Sandra! Sy verjaardag is maar altyd in Mei sover ek dit het, maar die presiese datum verander en hulle werk volgens die Lunar kalender.
Goeie vraag Pikkie, maar ek weet regtig nie! Die kersies het nie almal natgereen nie en die wat het is maar so gelos! Die lanterns is nie van papier nie, so water maak hulle niks.
Fantasties ek is mal hieroor!! Dit is so romanties! Jou foto’s is alweer of nogsteeds baie mooi
Moet ek my buddha’s in die tuin ook laat verjaar??? Hier is nogal baie
Ek is juis lus vir ‘n party!!!
Wel, daar het jy nou ‘n verskoning om te party Wip! Die lanterns word die hele maand opgehou, net jammer die liggies brand nie ook elke aand nie! Jy moet sien hoe lyk dit as daai goed vlam vat!
Geez, jy het ‘n lekker exciting tyd!
Kan nie help om te wonder hoe lank sulke liggies in SA sal bly hang voordat dit verdwyn nie…
Mens kan nie help nie, ne?
Dit laat my nou dink. Met paastyd gaan Christene nie so uit hul pad uit om vir hulle G(g)od ‘n fees te reel nie. Ons is darem maar sleg!
Mooi kiekies weereens!
Ek het self oor die saak gedink GvdS, veral toe ek so in die stortreen die tempelterrein verlaat en daar nog steeds mense was wat ingestroom het om te gaan bid.
Ek laaik vir Boeddha, very cool guy. geluk al is ek nou ook laat.
Ek wonder nou, as ek so varktjie buite die mall gaan sit, of ek ook geld sal kry… Laat my aan Wip se geld parra dink
Mooi foto’s Kaalvoetkind!
Thanx Zee’tjie! Jong, as dit sou werk sou daar baie varke buite die mall rondgehang het…wag ‘n bietjie, daar IS ‘n paar varke buitedie malls, maar ek glo nie hulle bring geld in nie
Jis, nou dat jy daarvan praat, daar is nogal ‘n hele paar
Sjoe. Interessante storie. En die mooiste nagfotografie. Dit moes moeilik gewees het. Kaalvoet: Dis tyd dat jy jou eie tydskrif begin of iets soortgelyks doen. Of miskien vryskutjoernalistiek?
Ek was al so baie by Bulguksa, maar wraggies nog nooit daar met B se verjaardag nie (wel, dit gebeur ook nou maar net eenmaal ‘n jaar!). Ek’s spyt ek het dit hierdie jaar gemis met my reise.
NS: kyker, ek stem volmondig saam met jou!