So sit ek rustig en fliek kyk op my rekenaar, op hierdie Vrydagaand/Saterdagoggend, en eweskielik gewaar ek ‘n beweging uit die hoek van my oog.
Ek dog eers ek verbeel myself, want as jy soveel as ‘n mot in jou woonstel gewaar is dit iets om oor fees te vier. Om die een of ander rede sien ek net nie goggas en insekte hier soos in SA nie. Dit bly vir my weird, want ek is maar altyd op die uitkyk vir vreemde, lewende wesentjies
Waar was ek…o ja, die beweging! Groot, vinnig en pikswart! Ek het actually bietjie geskrik, want dis regtig die heel eerste keer in die jaar en ‘n half in Korea wat ek OOIT ‘n spinnekop in my plek sien/kry! Ek is skoon opgewonde!!! Ek weet die meeste van julle hou seker die skerm nou op ‘n afstand, maar ek moes natuurlik net nader gaan ondersoek instel.

Die outjie is nie veel kleiner as die palm van my hand nie. Hy/sy het al 8 sy/haar bene en geen beserings is al opgedoen nie (ek het dit so gehou). Ek vermoed 6 oe, of ek sien net nie die ander nie
JA, ek was so naby!

Die outjie het eintlik mooi doodstil gesit en pose en nie eers geroer vir die flash nie! Seker maar gereken as hy nou nog nie plat is nie dat dit nie gaan gebeur nie! Ek sou hom graag as troeteldier wou he, maar daai kake lyk of hulle besigheid beteken, so ek het my troeteldier maar weer mooi buite gaan neersit


Verder weet ek niks van die kalant af nie, maar ek vermoed dis ‘n gewone funnel web spinnekop. Ek wonder net hoekom het “hulle” dit ‘n spinnekop genoem as die sydrade by sy agterstewe uitkom? Spinnehol maak net soveel meer sin.







Se jou se