So sit ek rustig en fliek kyk op my rekenaar, op hierdie Vrydagaand/Saterdagoggend, en eweskielik gewaar ek ‘n beweging uit die hoek van my oog.
Ek dog eers ek verbeel myself, want as jy soveel as ‘n mot in jou woonstel gewaar is dit iets om oor fees te vier. Om die een of ander rede sien ek net nie goggas en insekte hier soos in SA nie. Dit bly vir my weird, want ek is maar altyd op die uitkyk vir vreemde, lewende wesentjies
Waar was ek…o ja, die beweging! Groot, vinnig en pikswart! Ek het actually bietjie geskrik, want dis regtig die heel eerste keer in die jaar en ‘n half in Korea wat ek OOIT ‘n spinnekop in my plek sien/kry! Ek is skoon opgewonde!!! Ek weet die meeste van julle hou seker die skerm nou op ‘n afstand, maar ek moes natuurlik net nader gaan ondersoek instel.

Die outjie is nie veel kleiner as die palm van my hand nie. Hy/sy het al 8 sy/haar bene en geen beserings is al opgedoen nie (ek het dit so gehou). Ek vermoed 6 oe, of ek sien net nie die ander nie
JA, ek was so naby!

Die outjie het eintlik mooi doodstil gesit en pose en nie eers geroer vir die flash nie! Seker maar gereken as hy nou nog nie plat is nie dat dit nie gaan gebeur nie! Ek sou hom graag as troeteldier wou he, maar daai kake lyk of hulle besigheid beteken, so ek het my troeteldier maar weer mooi buite gaan neersit


Verder weet ek niks van die kalant af nie, maar ek vermoed dis ‘n gewone funnel web spinnekop. Ek wonder net hoekom het “hulle” dit ‘n spinnekop genoem as die sydrade by sy agterstewe uitkom? Spinnehol maak net soveel meer sin.







Spinnehol? Bwhahahahahahahaha!!! Ja, dit maak meer sin!
Ek gril nie vir spinnekoppe nie, maar ek sal taamlik versigtig wees vir so groot kalant. Swart is boonop nie ‘n baie vriendelike kleur nie, is dit?
Black is mos beautiful???
Ag, as ek reg is oor wie die outjie is dan is sy byt nie fatal nie! Ek weet die een wat mens in Australie kry is baie gisftig!
Ek is maar versigtig hier oor ek nie die skrefies-goggo-jantjies ken nie
In daai sin hou ek nog baie van apartheid. Elkeen in sy eie gebied om te ontwikkel en lewe soos hy wil.
nee man! hoe’s jou hart dan nou? Al wat ek weet is dat die knaap kanbly wees hy’s nie in Sjina nie. Daar word sy familielede vir ontbyt ge-eet!
Grim! Kyk, mag ek in my lewe nooit so honger wees dat ek begin goggas vreet nie.
Nee hel, jy is DAPPER! Hy sou lankal plat gewees het as ek naby was
Jy was alweer spam
Ek weet nie van dapper nie, dalk net dom
Ek nog steeds meer van slange…
aaaarggggg! ek het hoendervleis!
Trek ietsie warm aan semisoet!
Dankie vir die inloer!
Ek sal nie ‘n gesprek probeer aanknoop om te kyk of dit giftig of nie is nie.
Ek verstaan ook die opgewondenheid oor die mot
. Jare terug toe ons hier gekom het en op die 14de vloer gebly het, was ek net so opgewonde oor my eerste vliee en buite myself toe ek ‘n spreeu sien. (Altwee ietsie van die huis)
Hehehe! Bly daar is darem iemand wat verstaan
En hier onthou ek jou deurskynende spinnekop.
http://kaalvoetkiekies.wordpress.com/2008/09/09/spinnekop-2/
Ek onthou daai ene…voel soos ‘n leeftyd terug, maar ek kan nog presies onthou waar en wanneer ek daai outjie afgeneem het en hoe die weer was
Dit tel egter nie, want dit was in ‘n park in die buitewyke van die stad en hierdie swart meneer was in my woonstel!!! Hoe cool is dit dat hy/sy vir my kom kuier???
Jy’s plein weird, Kaalvoetjies! “Kuier”?????????? Wasie koek en tee, ek vra!
I’ve been called worse…dis lekker om weird te wees
Ek hou ‘n paar motte gevange vir die volgende kuier
Ja, dis erger om ‘normaal’ genoem te word.
Normal people scare me!
Ek het nie geweet jy’s bang vir my nie…
grapgat jy!
Liewe Genade! Jy sal my nie eers naby hom kry met ‘n kamera nie! Ek is dooi bang vir spinnekoppe, maar glad nie vir slange nie. Spinnekoppe is skuilie, jy kan hulle nie sien nie, hulle kan wegkruip waar jy nie eers weet hul is nie. Sjoe, koue rillings!
whahaha! Slange kruip ook weg Nikita
Maar hulle is groot en jy sien hulle en hulle maak ‘n “geluid” in die gras..daardie spinnekoppe in die veld…jy kan my niks vertel nie.. ek het twee jong slangetjies in SA gehad..2 bruin huisslange (weet jy mag hulle nie aanhou nie, maar mense stenig hulle in die veld!) en hulle is cute. Ek sal net nooit spinnekoppe aanhou nie! hehe.. en spinnekoppe is grillerige gogga-goete!
Oeeeeeeeeeeeee jig!! groase, ek sweer ek weet nie waar het ek jou uitgekrap nie
Een dag is een dag dan gaan die gediertes jou nog aanval!!!
Nee kyk môre gaan jy les opsê by die “Darkside” No more cookies for you my girl!! I’m so sorry!!!
Hulle sal my g’n aanval nie Wip, want ek werk dan so mooi met hulle!
Jy’t my uit ‘n drein gelok met ‘n koekie
Ek kry sommer ‘n gril!
Kom aan, dis nie so erg nie, is dit?
My pa het ‘n vriend wat ‘n ernstige fobie vir spiders het. Hy het een aand soos ‘n kind gehuil na hy in die donker in ‘n web vasgeloop het…dis ook die vinnigste wat ek iemand sien uittrek het! Nodeloos om te se, ek het my amper natgemaak! Ek weet fobies is nie snaaks nie, maar hy was
Jy’t baie waagmoed Kaalvoet! Ek weet die ou dingetjie is baie kleiner as ‘n mens maar brrrr… Neeee!!!
Nee dankie, ek is ook banger vir n spinnekop as vir n slang. Maar ek sal hulle maar ook nie doodmaak nie…shame, hy’t nie gevra ek moet bang wees vir hom nie!
Dankie 2-lingkind!!!
Dit verbaas my nogal om te sien hoeveel mense eerder ‘n slang sal trotseer…weird…of dalk is dit net ek…mmmm…seker maar net ek
Net sy ma kan so ‘n gesiggie lief he!
En ek natuurlik
EEEIIIIKKKKK!!!!
Oulike mannetjie wat jy daar het Kaalvoeters!!! Het jy hom darem ietsie aangebied om te drink???? Jy het nie dalkies vir hom ‘n bedjie in ‘n skoenboks gemaak voordat hy dit geweier het nie???
Jy is downright weird!!! Ek dink jy moet by my kom kuier in die Kalahari… Ons het ‘n skerpioenplaag wat skrik vir niks… Ek belowe jy mag hulle maar eers afneem voordat ek hulle doodmaak….
Whooo hooo vir die skerpioene! Dis ‘n cool pet om te he! My een prof het een in sy kantoor aangehou! Ek maak so gou moontlik ‘n draai daar by jou vir troeteldiere
Die mannetjie het net gou verby gekom vir ‘n snack en toe weer die lang pad aangedurf!
Ek, weird??? NOOIT
ek het nou gesluk aan die knop in my keel by aanskoue hiervan. hy issie mooi nie.
Haai nee Rosie, het nie gedink jy sal ‘n knop in die keel kry nie
Hy mag dalk nie so mooi wees nie, maar sy ma het hom lief
Heng Rosie, “nie mooi nie” isse understatement!! en hoe weet jy disse ‘hy’ Voetjies??? het jy hom omgedop??
ek voel oor spinneholle (LOL!!!) dieselle as oor parras… *GRIL* !!
Ag ek weeti of dit ‘n hom of ‘n haar issie Beeps, ma DIT bly oulik!
Ek sal anderdag ‘n blog oor my parras doen…spesiaal vir jou!
Ek kannie wag virre biekie meer lekker gril nie, eeeehhhhmmmm moet ek nou by voorbaat sê: thanks??
Ag nee man Beeps! Parras is so oulik man! Kyk nou net hoe cute is die ene op my header of wil jy nou vir my se jy gril elke keer as jy my blog kom lees!
Dag ek moet net kom vertel watse bielie van ‘n spinnekop manlief gisteraand in die badkamer gekry het! Hy was behoorlik flou geskrik toe ek by hom kom! hahaha…ek moes hom amper lawe! hehe..dit was snaaks… ek het die skoen baie kalm nadergebring, hy was morsdoodbang! LOL! dit was baie snaaks, hy was wit om die kieue soos hy vir daardie grote geskrik het, wonder wat hy met joune sou doen.
Whahahahaha! Dankie vir die vertel hiervan! Is nogal snaaks en ek kan net imagine…
Wag!! ek’t ook ‘n spinnehol storie!! My se ma (sy’s ‘n WILLE girl – pure Suidwester gebore en getoë oppie plaas) moes in die goeie ou dae op Kerkplein in Pretoria bus afklim-en-vang werk en huistoe. anyways, ons moes virre Biologie in St 9 ‘n arachnida taak doen. Wat sien die girl toe sy die middag Kerkstraat oorsteek?? ‘n Spinnehol!!! Jip! Wat maak sy??
Sy, die malste van mal ma’s gryp haar pakkie vuurhoutjies uit haar handsak, gooi die vuurhoutjies in die hardloop sommer net daar uit en VANG daai arachnida model in daai leë dosie!! 
Toe sy by die huis instap en skree “Voilá!!!” en die boksie soos ‘n 1ste skouprys oorhandig sien jy net sulke fyn haartjies tussen die skrefies wriemel soos ta probeer ontsnap. **EEEEEWWWW** (jy willie weet hoe ‘n gesukkel dit was om daai wese UIT die boks uit te kry nie – (ek kon nét met die beste wil ini wêreld nie toekyk nie!!) maar sy’t hom onseremonieel uiteindelik met ‘n koppiespeld op ‘n polystyrene bord sitgemaak (ek weet virre feit ons het nie formalene by die huis gehad nie). Ek weet ook hy was stokstyf die volgende dag. Seker hom friggin doodgeskrik vir my se ma OF sy’t hom dalk met haarspray die ewigheid laat sien. Ek weet nie… ek willie weetie… ek weet net ek’t goeie punte gekry vir daai spinnehol-taak.
O jitte BB!!!! LOFLMBO!!!!!!
Gril en kry ek nou hoendervleis aloor vir daai ‘prentjie’ van ta wat uit die boksie probeer ontsnap. Regtig, grille van my kroontjie tot in my kleinste toontjie.
Whahahahahahaha….asem…..whahahahahahaha….asem…..whahahahahaha!
Ek moes al baie goggas opspeld in my lewe, maar dis ‘n storie vir anderdag!
Jy wat jou so ophou met gevaarlike speelgoed! Wonder hoe sal hierdie outjie smaak, saam met gebraaide uie, knoffel en ‘n bietjie cajun-speserye (en natuurlik rys as ‘n bykosssie).
Bib! Ek het jou amper nie herken met die nuwe avatar!
Jy moet Noorde toe travel om die goed te kan eet! Die Sjinese love dit!
Hi kaalvoet, dit my nou n eeu gevat om tot hieronder te kom om vir jou n comment te kan lewer, so ek is nommer 47, HOOR..
Ek moet se die kalant lyk baie mooi en ek hou van die feit dat hy stil gesit het, want as hy enigsins n vinnige beweging gemaak het was ek bo-op die yskas of iets, net omdat ek dit nie verwag nie. verder het ek vrede met wat om my lewe en kruweel. Ek kon nou net weer dink net jy sal hom nie dood maak nie en eerder planne beraam het hoe om hom as n troeteldier te kon aanhou, nou dat ek daaraan dink mis ek mos nou my eie gyeongju troeteldiertjie – die hottenttotter….
in elke gevalle lekker dag verder daarso hoor
Donna! Ek gril vir spinnekoppe, soos jy weet.
lol@spinnehol
Ek kry steeds ‘n gril.
My fobie is vir srinkane. Monsters uit die hel. Ek versteen as een in my pad land. Vroulief moet hulle verwyders – ek hardloops sommer in die teenoorgestelde rigting!
Spinnekoppe kan el dalk nog hanteer; maar ek gril steeds!
Hehehe! Ek het op ‘n stadium koringkrieke aangehou, maar hulle is simpel en eet mekaar
So, hoe voel jy oor koringkrieke Emil?
Snaaks genoeg is daai ok, behalwe as hulle baie groot is. Hotnotsgot is ook ok. Ek vat hulle sommer met die hand. Maar ‘n springkaan – dis doodsake! Ek probeer nog vasstel hoekom ek so ‘n fobie daaroor het, maar helaas, niemand kan my behoorlike inligting gee nie – ek moes seker maar net my alie afgeskrik het as sneuter.
Cool stuk. Slange n Spinnekoppe fassineer my. Die enetjie lyk soos ‘n “Jezebel”, eerste troetelnaampie wat in my kop ingekruip het.
En dis dan nou net hier wat jy sal moet skoonmaak sover as wat ek hol. Moer, hy lyk sommer baie groter as die palm van mense hand.
Ok, dis nou presies weer 18 dae sedert jy die spinnehol gewaar het. Blog ‘n bietjie weer (meer) man!
Of ek gou meer gaan blog, weet ek nie, maar daar sal DV more ‘n nuwe post wees Bib!
Goeie Vader ek het heel waarskynlik die ding dood getrap sou my eerste reaksie wees…daarna miskien die kamera neem om dit af te neem…ooooh ek gril sommer net om na die foto’s te kyk..maar baie intressant jou blog – hou ook van die hele uitleg oor die Moses ding! Lekker dag. Groete uit Friesland. Riana
Self lank aan arachnofobie gely…. tot ek kinders had en hul moes “beskerm” @ al die on”diere”.
Spinneholle – omdat die mense weghol???
Hehehe! Spinnehol omdat die sydraat eintlik agter uitkom en nie voor nie!