
Die heilige gebou Rengeo-in, wat ook bekend staan as Sanjusangen-do, in in 1164 AD opgerig onder die bevel van keiser Goshirakawa. Hy het sy lewe gewy aan Kannon Bodhisattva en het gepoog om vrede oor die hele land te bring deur Budhisme te bevorder.
Die naam Sanjusangen-do beteken “Hall of 33 bays”. Die nommer 33 is afkomstig van die Kannon Bodhisattva wat die mensdom sal red deur homself te vermom as 33 verskillende figure.
Die argitektuur van hierdie saal is gebaseer op die rangskikking van die 1001 Kannon standbeelde op die altar met 33 sones. Die gebou is 118.8m lank en ongeveer 16.5m breed. Hierdie gebou het egter in 1249 afgebrand, maar is deur keiser Gosaga herbou. Hierdie nuwe saal met sy 1032 beelde, soos vandag nog gesien, is in 1266 AD voltooi.
So, wat maak hierdie gebou so spesiaal dat ek dit nodig ag om met julle te deel? Wel, van buite is dit maar vaal en vervelig, maar wat binne staan en wag het my sprakeloos gelaat. Ek was egter bitter teleurgesteld dat mens nie foto’s mag neem nie (geldmaak foefie), maar soos die meeste van julle weet probeer ek tog altyd om ‘n steelfoto in te kry. Die foto’s kan ongelukkig nie naastenby die gevoel van hierdie skepping weergee nie, maar dit gee mens tog ‘n idee.


So, hier staan die besonderse 1001 man. Dit lyk vir my meer soos vrouens, maar wie is ek om te stry


In die middel van die saal is die hoof Kannon Ju-ichimen-Senjy-Kanon of ook verwys na as Ekadasamukhasahasrabhuja-Avalokite-svara. Hy het 11 gesigte en 1000 arms. Hy het 11 klein gesigte op sy kop en in werklikheid net 20 paar arms, maar elke arm red 25 werelde en simboliseer dus ‘n 1000. Hierdie beeld pryk ‘n volle 3.3m bo jou uit en mens kan nie help om te staar nie. Omdat daar geglo word dat hierdie Kannon homself kan transformeer na 33 verskillende vorme, kyk mens uiteraard eintlik na 33 033 Kannons.


Sommer net ‘n model van hoe die beelde van nader lyk
Elke Senju-Kannon figuur het ‘n oog op elk van hul 40 handpalms wat in 25 werelde kan in sien. Dus verteenwoordig dit ‘n 1000 oë.
Die ander 28 beelde is almal “guardian deities” van Kannon en die meeste is nogal vreesaanjaend. Ek gaan nie in detail ingaan nie, want dit kan my dalk net ‘n ewigheid besig hou, maar ek wys ‘n paar foto’s van hierdie beelde.


Van al hierde beelde kom slegs 37 uit die oorspronklike saal uit en die ander is na die vuur deur soveel as 70 verkillende beeldhouers geskep. Hierdie beelde is almal uit hout en met “gold leaf” gekleur.
Hierdie was dan ook die laaste historiese plek wat ons in Kyoto kon besigtig en ek is nie een oomblik spyt nie, want dit was absoluut die moeitewerd, al het ek amper beswyk toe my flash perongeluk afgaan
So bietjie humor buite die gebou…hul Engels is ook nie so wel nie…








Ek het sommer hoendervleis gekry toe ek jou steelfoto’s van die verbode objekte sien.
Ek glo dis iets wat mens net met jou eie oe MOET sien – jy is baie bevoorreg!
Let’s stop the walking-smoking – hulle se gatte!
Baie interessant en ek hou ook van steel foto’s
. Dankie dat jy vir ons gewys het. Hierdie ouens hier doen ook direkte vertalings en dis net so skreeu snaaks.
Sjoe. Dit lyk na ‘n gebou vol gepak met stories en geheime. Die groot houtdeure is ook baie mooi. Dankie vir jou steelfoto’s.
Dankie vir die inloer almal. Hoerdie plek was beslis iets wat mens moet sien en self moet ervaar.
Wow!! Weereens ‘n baie interessante inskrywing en nice foto’s. Dis hoekom jou blog een van my gunstelinge is
Oe wow wow wow baie dankie Kaalvoete, dit is nou my tipe plek. Pragtig en baie dankie vir die deel.
Nice! Die ouens se Engels is gewoonlik vrek snaaks! Mens kry paar van daai tipe borde in SA ook.
Nice foto van die deure & hout vloer. Wonder hoe jy dit reggekry het om ‘n foto te neem sonder ‘n toeris in sig. Dit moes vroeg oggend gewees het. Nietemin, baie nice.
Wou jou nog gekomplimenteer het op hierdie uiters interessante inskrywing! Daardie eerste foto is groots!
bluegrass, jy verstaan nie tot watter uiterstes mens moet gaan om sulke toeriste-vrye foto’s te neem nie. Soms moet mens maar net baie lank staan en wag en dan in ‘n blitsige sekond die knoppie druk.
Dankie Bib!
Die foto was laatmiddag geneem!
Bluegrass, dit is nie maklik om sulke foto’s geneem te kry nie en dit is soos Bib se. Daar was soveel mense gewees, maar hulle het almal aan die anderkant van hierdie gebou saamgedrom, wat eintlik die voorkant is. Altwee kante lyk dieselfde, behalwe vir die mense
WOW. Dit is so cool!
Jou travel-stories is altyd so interessant.
Hou van jou nuwe banier. Is dit jou foto?
Dankie en ja, dit is my eie pic. Het dit by die Nakdongrivier in Busan geneem in die winter.
Welgedaan!
Soos BiB seg: Daai eerste foto is “Groots” – dis awesome!!
Werklik pragtig om te aanskou.
Sorry vriendin jy is getag
Ekke kan nie help nie!!! LOL
Love you too!
Jy het huiswerk