
Die gebou van onder
Die Umeda “sky building” is ‘n merwaardige gebou in die Kita distrik van Osaka en staan ook bekend as “New Umeda city”. Die gebou is die 7e hoogste gebou in Osaka en een van die stad se mees herkende landmerke (as jy dit van die regte kant af sien, bygese. As mens dit van die verkeerde kant af sien lyk dit soos enige ander gebou en vat dit jou 2 aande se ronddrentel om dit op te spoor!)

Die gebou bestaan uit twee torings van 40 verdiepings elk. Die torings word verbind met brue en roltrappe (vanaf die 39e vloer) wat oor die atrium-agtige spasie van 150m, in die middel, strek.

Die atrium van bo met die restaurant

Die ligte lyk soos ‘n ring van vuur

Roltrappe vanaf vloer 39
Die gebou is 173m hoog en mens vat ‘n glashysbak tot bo. Die hysbak word omring deur ‘n swart kapsule tot omtrent halfpad op en dan, onverwags, verdwyn dit en sien jy net stadsliggies en hoe vrek hoog jy is. Genoeg om enige iemand se hart te laat gaan staan, selfs myne! Van waar die hysbak stop op die 39e vloer vat mens ‘n roltrap oor na die ander toring, terwyl jy rustig die uitsig kan waardeer.


Die uitkykpunt word die “floating garden observatory” genoem. Nie dat daar sprake van enige tuin op die dak is nie, maar eerder ‘n tuin van helder liggies wat jou glimlaggend groet. Die 360 grade uitsig is werklik fantasties en in die dag kan mens tot van die eilande is die verte aanskou.


Daar is ook ‘n gewilde restaurant op dieselfde vlak met groot venters wat uitkyk oor die stad. Daar is vertrekke met interaktiewe meubels wat jou op ‘n visuele reis laat gaan, asook banke vir paartjies om so saam na die sterre en die liggies te sit en kyk. Ek moet se, dit sal enige date spesiaal maak…
In die kelder van die gebou is daar ook die “Tokami-koji” restaurant laan, wat die vroee Showa Era van Osaka uitbeeld.



All in all, verseker die moeitewerd om te besoek en al kry mens ‘n beter idee van die gebou in die dag, dink ek dis baie mooier in die nag!







Sjoe! Dis mooi! Ek kan dink daai liggies maak ‘n aand-besoek die moeite werd.
Verseker
Baie indrukwekkende gebou hierdie…en sekerlik die mees romantiese plek in Osaka as die son gesak het?
Ek reken so Bib, maar ek het nie veel van die res van Osaka gesien om eerlik te kan antwoord nie
Sjoe. Dis nou ‘n unieke plek. Dit laat my terugdink to ek ‘n slag in Tokyo was in ‘n hoee gebou. Toe was daar ‘n redelike sterk aardskudding. Nie ‘n lekker gevoel nie. Wonder hoe sal dit in hierdie ene voel, daar hoog bo?
Ek wil nie weet nie!
Wow!! Asemrowend mooi, daai ligte wat jy beskryf as ring van vuur lyk net soos sonsverduistering!
Ek is mal oor stadsliggies!
WOW! Indrukwekkend. Ek sal moet Osaka toe, al is dit net vir hierdie experience.
Jinne… dit moes nou vir jou n ondervinding wees daai!