Wip en Girly het my getag om hulle in slegs een woord te beskryf.
Wel, ek ken nog nie regtig vir Girl lank en goed genoeg nie, maar ek het reeds vir haar gese ek dink sy’s ‘n treat.
Oor Wip moes ek egter lank gaan dink, want ek dink nie daar is net een woord om haar mee te beskryf nie…op die stadium wil my kop net nie werk om nuwes uit te dink nie!
Ek het egter besluit op palet. Ek sal sekerlik moet verduidelik…Wel, ‘n palet bevat al die kleure wat nodig is om ‘n meestersuk van te maak en vir my verteenwoordig elke kleur iets anders en moois. Rooi – jou goeie hart en die onbaatsugtige liefde vir ander, Geel – die sonskyn wat jy in my lewe sit met jou lag, Blou- (verseker nie kalm nie) jou wilskrag.
Jy’s ‘n juweel vriendin!
Nou tag ek die wat wil en die volgende mense, maar julle hoef nie ‘n inskrywing te doen nie, kom plak dit sommer in die comments…
Vlam, Wip, Bib, Sonkind, BB en Rosa







En nou? As jy so vinnig die hasepad gevat het daar by my?
Dankie virrie huiswerk! Ek het dit vandag nodig.
nee, ek het nie lus vir boksgevegte nie….
en dis ‘n groot plesier!
Kaalvoet – as ek nou ‘n man was, dan sou ek jou beskryf het as SEXY
Maar by die gebrek aan die regte ‘tools’, sal ek die volgende woord vir jou kies: UNIEK
whahaha! dankie hoor!
uniek is ‘n mooi manier om te se iemand is weird!
Anyway, ek hoef ook nie lank oor jou te dink nie! Net een woord:
INTERESSANT
interessant se jy??? I can live with that…
Jammer vir die spam, maar as ek moeite gaan doen soek ek lesers. Lees meer oor Suid-Afrika se tweede satelliet, SumbandilaSat, se lansering op die 15 September op my blog. Elke dag tot die lansering sal daar ‘n satelliet-verwante inskrywing wees.
Og! Toe seg ek alles en niks wys
Agge nee Beeps…probeer maar weer
Wat ek wou seg: Die meeste b(l)oggers se blogs se name is so ‘n perfect beskrywing van hulle self, die eerie! En joune laat my jou so picture: ‘n Meisiekind wat kaalvoet deur die reën, wind en soms selfs ‘n donderstorm sal dartel, laggend en giggelend, ’cause it’s ‘only’ water afterall, knowing that the sun WILL shine again. And when she wants to cry, she’ll much rather do it standing in the rain of by gebrek daaraan in die stort – want as dit reën sien mens die trane nie… nê “Kaalvoetinireën”?
Nee man, ek het genoeg huiswerk!!! En hoe gaan ek myself nou tot EEN woord beperk? Ai…
Bib, maak dan ‘n lysie van woorde, sonder om ‘n sin te maak! Wees kreatief
Ek sou jou beskryf as: Avontuurlustig
beslis jy is die ultimate explorer
Dankie Rosa!
Demmit! Avontuurlustig was eintlik die woord wat ek gesoek het! As domgeit ‘n siekte was…
Hi (((Voetjies)))
Baie dankie – mmmm ek hou van palet. Ja, ek en jy maak ‘n “mean team” as ons tot sonsopkoms lag en grap! Ons het al lekker memories bymekaar gemaak
Ek werk aan jou een-woord inskrywing en dit sal deur die dag verskyn!! Die brein werk op “reserve” en teen half sterkte.
Shame man, jy kan sommer net die een woord hier plak! Jy hoef regtig nie ‘n hele inskrywing te maak nie!
Sterkte vriendin! Ek dink so baie aan julle!
(((Wip)))
Wanneer kan ons jou kom vrae vra?
…wonder ek ook nou