17
Sep
09

Wat wil jy weet?

Girl en Boer wou weet wanneer hulle kan vra vrae…

Ek is nooit getag nie, maar nou ja…vra dan nou maar wat julle wil weet en ek sal probeer antwoord!

Bib, ek reken jy kan ook nou maar die tag doen ;-)


24 Responses to “Wat wil jy weet?”


  1. September 17, 2009 at 2:42 nm

    1. Wat was die grootste aanpassing daar in die vêrre?
    2. Watter van jou foto’s is jou gunsteling?
    3. As jy kan, sal jy verkies om vir altyd daar te bly?
    4. Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

    • September 17, 2009 at 8:03 nm

      1. Die feit dat mens so sukkel om te kommunikeer aan die begin en vir my die weird kos
      2. Ek plaas my gunstelinge gewoonlik op my foto blog en die laaste 2 op flicker in
      widget kolom
      3. Ek het op ‘n stadium so gedink, maar dan wil ek ‘n ander werk he! So baie as wat ek
      van die plek hou dink ek nie ek sal vir die res van my lewe die mense se mid changing
      ability kan oorleef nie.
      4. Die Kaap en die see…ek oorleef nog goed sonder die lekker kos ;-) Mis ook my mense
      en om sommer net in my kar te klim en die pad te vat.

  2. September 17, 2009 at 3:13 nm

    1. Gunstelingskrywers?
    2. Jy staan een oggend om met niks verpligtinge vir die dag nie. Hoe spandeer jy die dag?
    3. Beste herinnering van jou kinderjare?
    4. Hoe rig mens jou plek in om dit vir jouself aanneemlik te maak as jy bloedweinig van jou goed kon saamvat.
    5 Vyf goed wat vir jou lekker is. (Dit kan enigiets insluit.)

    • September 17, 2009 at 8:16 nm

      1. Dis moeilik, want ek hou van soveel verskillende tipes boeke…solank die storie my boei pla die skrywer my nie rerig nie. Ek hou van Ettiene van Heerden, Paulo Coelho, Dan Brown, Wilbur Smith ens…
      2. Ek explore…soek nuwe plekkies wat uitlander-vry is…andersins sommer net by die huis met ‘n movie…die weke put my uit, so ek muf wanneer ek kan ;-)
      3. Ek en my oupa wat so skelm sweets ge-et het tot my ouma se frustrasie. Hy was ‘n diabeet. Hy sou my altyd nader hark en dan gaan ry ons ‘n draai, want “stix” is mos ‘n kinners en kinners moet lekkers kry! Dan ook visvang saam met my pa!
      4. Mens vat niks behalwe klere nie Nelba…Soos die tyd aanstap het ek al so baie foto’s geneem en ek druk dit uit en plak dit op my mure, asook pamflette van plekke wat ek besoek en kaartjies en allerhande crap eintlik! Dit lyk soos ‘n tiener se kamer, maar ek is gelukkig nie die enigste een wat dit doen nie! Mens koop ook maar allerhande goeters so met die tyd!
      5.roomys op ‘n warm dag, swem in die see, foto’s neem, reis, enige iets wat die adrenalien laat pomp!

  3. September 17, 2009 at 3:16 nm

    Wel.

    Volgens sommige gerugte is jy PRET. Wat is die prettigste ding wat jy al gedoen het? En dan: die prettigste ding waarvoor jy jou behoort (of het!) te skaam.

  4. September 17, 2009 at 4:59 nm

    Ek is baie jammer ek het jou nie getag nie… :(

    1. Wanneer laas was jy in SA?

    2. Het jy ‘n liefde daar ver?

    3. Wat van die kultuur bewonder jy die meeste?

    4. Wat van die kultuur sit jou die meeste af?

    5. Wat presies doen jy daar?

    6. Het jy ‘n spesiale talentjie waarvan ons nie weet nie?

    7. Wat doen jy vir ontspanning / jou vrye tyd?

    8. Wat is jou klere styl?

    9. Hoe het jy op die blogs beland?

    10. Enige iets interessants wat jy so graag met iemand wil deel maar niemand vra jou ooit nie?

    • September 17, 2009 at 8:26 nm

      1. Desember 2008 (9 maande terug)
      2. Jip
      3. Die lot wat so aanhoudend en aaneen kan werk met net 3 dae verlof ‘n jaar! Altyd aan die blerrie werk!
      4. Hulle kan nie ‘n besluit maak en daarby hou nie en als word op nr 99 aan mens deurgegee!
      5. Probeer die monsters Engels leer…
      6. Dit hang af wat jy as spesiaal beskou…ek kan my ore beweeg, my neus met my tong raak en my een oog skeel trek terwyl die ander vooruit staar :mrgreen:
      7. So min as moontlik…explore en neem foto’s
      8. So casual as moontlik…ek is nie een vir opdress nie…en hier kan ek met ‘n kortbroek en T-shirt gaan werk en ek mag nie skoene by die werk dra nie!!! Slippers sal dit wees!
      9. ‘n Mede blogger wat ek in persoon ontmoet het het my gesmeek…
      10. Niemand hoef te vra nie, ek deel alle interessanthede hier…

  5. September 17, 2009 at 5:21 nm

    Sal nog kans gee indien enige iemand nog iets wil vra….

  6. September 19, 2009 at 12:26 vm

    Ek wil weet…as ek en pappa vir jou en Boer amptelik uitnooi, sal julle volgende jaar (Junie/Julie) vir ons kom kuier? :wink: (Of enige tyd na die reenseisoen – Mei tot Oktober)

  7. September 19, 2009 at 3:40 nm

    :lol: Toktokkie in Korea!

    My vrae:

    Wanneer was jou eerste soen ooit?
    Wanneer was jou laaste soen?
    Was daar ‘n verskil?

  8. September 19, 2009 at 4:00 nm

    Eerste soen ooit…kort na geboorte sou ek reken en die laaste ene gister…kan nie die 2 vergelyk nie, want ek kan nie die eerste een onthou nie :)

  9. September 23, 2009 at 12:23 vm

    Kaalvoete, met jou het gebeur wat met my en Netjane gebeur het. Toe speel ons mos maar dokter-dokter met mekaar. Hoekom het jy nie jou dienste kom aanbied as matrone nie, my aarde! :lol:

    Is jy ook die enigste een wat jy ken wat jou ore kan beweeg?
    Na watter land/plek wil jy baie graag nog gaan? Hoekom?
    “frame” jy ‘n foto as jy hom neem dadelik reg, of werk jy later aan hom?

  10. September 23, 2009 at 1:47 vm

    Whahaha…ja ek moes seker my dienste kom aanbied het ne!

    My broer kan ook sy ore beweeg en dan nog afsonderlik ook…hy’s ‘n freak ;-)
    Ek wil baie graag Cambodia besoek en ek weet nie regtig hoekom nie, maar die plek roep my. Daar is net iets magical…natuurlik wil ek ook Sjina besoek en as als goed gaan sien ek die plek in Januarie…
    Ek frame ‘n foto soos ek op daardie oomblik voel. Ek het nog nooit aan enige van my foto’s gedokter nie. So as dit nie werk nie dan is dit nou maar so…ek het actually CS4, maar ek kan dit nie gebruik nie en ek stel ook nie regtig belang om my foto’s regtig te dokter nie.

  11. September 24, 2009 at 12:10 vm

    Ek het gedink jy lol nie aan jou fotos nie.
    Cambodia, okay lekker dit pas by jou :) as ‘n plek jou roep moet jy gaan. Morocco roep my.

    China, nou is ek jaloers. Ek is baie nuuskierig oor die land, jy moet alles kom wys!!!!


Leave a Reply




Kalender

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 14,433 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye