
Andong is ‘n klein stad so 2ure Noord van my. Op die oog af is daar ne eintlik iets spesiaal aan die plek nie, maar as mens bietjie gaan rondkrap kom mens op ‘n juweel af. Die Hahoe folk village net buite Andong is een van die oudste tradisionele dorpies wat nog bewoon word. Die mense hier doen alles nog net soos aan die begin (Ek het voorheen hier oor ‘n soortgelyke, maar baie kleiner, folk village geskryf). Buiten die pragtige klein dorpie is dit ook die tuiste van die mees bekendste maskers in Korea, nl. die Hahoe maskers. Daar is ook ‘n masker museum (tans onder konstruksie) en ‘n jaarlikse internasionale maskerfees (die jaar gekanselleer agv varkgriep), asook ‘n kort maskerdans elke Saterdag in die dorpie. Ons het die eergenoemde 2 dus albei gemis, maar het darem die een maskerdans gesien.
Volgens ‘n legende het ‘n jong man, met die naam Huh doryong, ‘n droom gehad waarin ‘n beskerm godheid van die Hahoe folk village aan hom verskyn het. Die volgende oggend het hy met toewyding maskers begin maak. Hy het allerhande rituele uitgevoer en het ‘n tou om sy huis gespan wat verhoed het dat enige iemand hom kon sien of steur.
Soos dit nou maar is, was daar ‘n jong meisie wat verlief was op hom, maar sy kon hom glad nie te siene kry as gevolg van die werk waarmee hy besig was. Sy het toe ‘n gat in die papiervenster gemaak sodat sy hom kon sien en bewonder. Haar daad het alle godelike reels van Huh doryong oortree en hy het net daar op die plek begin bloed spoeg en is dadelik dood. Dus kon hy nie die ken van die laaste masker (Imae) voltooi nie. Hierdie masker word vandag nog so sonder ‘n ken gebruik.
Daar is 10 Hahoe maskers en word van hout gemaak afkomstig van die els boom. Huh doryong het die eerste maskers gemaak in die middel van die Korea dinastie (c.12C). Daar was oorspronklik 13 maskers, waarvan die 3 verlore gegaan het. Die ander 10 is as nasionale skatte verklaar.
Die maskerdans het elk van die 10 karakters (maskers) in die storie en die storie is as volg:
Mudong madang:

In die eerste toneel verskyn ‘n jong dame, nl. Kakshi, wat op die skouers van ‘n ander deelnemer dans. Sy vra die mense om offers te maak vir seen en rykdom. Kakshi is die personifikasie van die omgewing se godin en mag nooit op die grond loop nie, maar altyd op ‘n man se skouers. Deur haar te verwelkom word die godin gelukkig gehou en bid hul vir vrede en ‘n goeie oes. Kakshi verteenwoordig ook ‘n bruid in in ander danse.
Juji madang:



‘n Manlike en vroulike Juji (leeu) kom te voorskyn wat dans en speels baklei. Die wyfie wen die geveg en belowe die dorp hoë produktiwiteit en en ‘n goeie oesjaar. Ch’ oraengi verskyn (die inmenger), wat die leeus dan wegjaag en verder alleen dans. Hierdie toneel dien as die heiligmaking van die plek waar die res van die toneel afspeel, deur demone en bose geeste te verwilder.
Baekjeong madang:


‘n Slagter (Baekjeong) verskyn met ‘n strooi sak, mes en byl, en dans alleen. ‘n Bruin bul kom later ook die arena ingedans en is heel snaaks. Hy het so elke dan en wan sy been gelig (soos ‘n hond) en die toeskouers nat gemaak. Die slagter is ‘n wrede ou en kry plesier daaruit deur diere dood te maak en so het die bul ook nie lank gehou voor hy met ‘n byl doodgekap is nie. Die slagter het die hart en testikels uitgesny en dit aan die toeskouers probeer smous deur aan te gaan oor hoe goed dit vir mans is. Die satire in hierdie toneel is gerig op die gesaghebbende houding van die heersende klas teenoor die taboo van ‘n sekslewe. Deur die toeskouers wat lag hiervoor, kry die slagter weer simpatie.




Halmi madang:



‘n Ou weduwee (Halmi) verskyn volgende met ‘n wit serp om haar kop gedraai. Die ou tannie het haar man verloor slegs drei dae na haar troudag, op die ouderdom van veertien. Sy weef vir so rukkie en kla vreeslik oor haar slegte geluk in die lewe en oor haar swaarkry. Sy dans dan al om die arena en bedel vir donasies en my een vriend moes opdok! Die masker openbaar die armoede en gesig van ‘n vrou van die wereld. Die toneel simboliseer die konflik tussen die sosiale klasse en die swaarkry van die volk.
P’agyeseung madang:


‘
n Jong dame (Bune) het in die berge gedans toe die nood druk. Sy het mooi uitgekyk en seker gemaak niemand sien haar nie. Op daardie oomblik het sy ‘n dwalende monnik (Jung) se oog gevang en die hele aksie het ‘n nuwe passie in hom laat opvlam. Die ou het dit heeltemal verloor toe hy aan haar urine ruik en haar genader om saam met hom te dans. Soos hy toe met die meisie, op sy rug, weghardloop kom die inmenger aangehuppel en sien die hele affere. Hierdie toneel kritiseer geloof en die korrupsie daarvan.



Nadat die monnik en die meisie daar weg is, verskyn die dwaas (Imae) met ‘n groot glimlag. Die dwaas is boonop nog kruppel ook en het vir baie vermaak gesorg deur mense uit die gehoor te nader om saam met hom te dans. Imae is die dienskneg van die Seonbi (die geleerde) en is baie naïef.



Yangban en Seonbi madang:

Yangban
‘n Aristokraat (Yangban) en ‘n geleerde (Seonbi) verskyn volgende en die een probeer beter as die ander wees deur hul kennis en status ten toon te stel. Die inmenger kom binne en spot met hulle en hulle hou op stry. Die slagter nader die twee manne en probeer die bul testikels aan hulle smous. Eers het hulle gedink dis belaglik, totdat hy hulle vertel het wat dit vir hul in die slaapkamer kan beteken. Toe begin die bakleiery eers!

Seonbi
Die ou weduwee kom op die storie af en help hulle om vrede te maak, waarna die hele lot van hulle saam dans. Hierdie toneel moedig die heersende klas aan om hul plek in die sameleweing te herevalueer, terwyl die volk bietjie stoom afblaas en gesellig saam dans en kuier om konflik tussen die klasse te verlig.




Daar was ongelukkig nie veel tyd om die hele dorpie te sien nie, maar hier is ‘n paar foto’s om te wys hoe dit daar lyk.


Links: ‘n Restaurant en Regs ‘n winkeltjie.



Tradisionele huisies

Ryslande en voëlverskrikkers


Links: Gedroogde sesame plante
Regs: Hout vir die winter wat voorlê










Wat ‘n fraai foto van die pienk blom! En die huisies is soooo cute! Ek hou van die stapels hout. Baie interessant, Kaalvoet. Jy maak op vir jou groot droogte.
Die huisie is oulik. Die groot droogte het my sleg getref die jaar, maar hopelik kom daar gou weer bietjie reen…
Ek het dit al gesê en ek moet dit weer sê!! Kaalvoeters, jy MAG maar foto’s neem!!! AAAAAMAZING!!! Ek het die nou baie geniet!
Dankie Piks! Dis so lekker om jou weer hier te sien.
Ek is mal oor daai laaaang grasse wat so rond swooosh in die wind!
Daai lang “grasse”is ryslande, maar ja, dit is mooi as die wind daardeur waai. Koringlande in die Swartland is nog steeds die mooiste!
Kaalvoet, regtig ‘n baie interessante en pragtige inskrywing! Ek weet dis ‘n cliche, maar jou foto’s is stunning (veral die foto van die mot en jou heel eerste foto)! Pragtige landskap en goue rysvelde. Hahoe was vir my ‘n baie mooi plek en die hele storie agter die danse fassinerend. Ek wens soms dat baie meer van die Afrikaanse blogs die kwaliteit het wat in hierdie inskrywing tentoongestel word.
Dankie Bib!
Kaalvoetie…Ek tag jou nou sommer… Ek wil hoor wat jou lewenslesse sal wees!
Salit doen, belowe…maar nie nou dadelik nie
Wooow! Puik fotos! Moes ‘n ongelooflike event gewees het, enige antropoloog se droom
.
Dankie! Dit was baie nice, maar ek sou graag die full blown fees wou sien! Blerrie varkgriep!
Wat ‘n nice inskrywing, ek het dit baie geniet! Baie mooi foto’s
Baie interessant! En soos altyd, excellent fotos, hoogsstaande standaard. Thanks.
Uitstekend soos altyd!!
Dit klink baie interessant – Ek wonder nou net nog so bietjie oor Jung wat dit helemal verloor het toe hy aan Bune se urine geruik het
Wel, die feit dat hy ‘n monk is en sy ‘n vrou se al reeds baie
Kom ons se net dit het hom BAIE happy gemaak…weird, I know!
Ek is mal vir die ou maskers. Dit is nogal interessant hoevel kulture gebruik maskers en dan ook dat dit onafhanklik van mekaar ontstaan het.
Ek is ook mal oor maskers! Ek is nou nog so vies die fees was gekaselleer, want mense van reg oor die wereld bring hul maskers en stories daarom soontoe.
Het jy al ‘n oorseese spook teegekom?
http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/
Nee, maar die Geishas in Japan lyk soos spoke
Pragtige foto’s en baie interessant. Dankie!
Plesier
ander se kulture het my altyd geintereseer. jou fotos is pragtig.
Baie dankie en dankie vir die inloer
Hierdie fotos is ongelooflik mooi. Ek bly in die bosveld en ons sien nie sulke kleurskakerings in die herfs nie. Ek is nuut in die Afrikaanse Blogland en is op soek na maters om in Afrikaans mee te deel. Sou jy belangstel, en tyd het, besoek my gerus en laat ‘n opmerking sodat ek sal weet jy was daar.