
Ek was die afgelope naweek na berg Gayasan (so 2ure van my af) om na die pragtige herfskleure te gaan kyk. Gayasan is ook een van Korea se nasionale parke, maar is heelwat kleiner as die ander.






Die hele Korea is besig om in ‘n towerpalet te verander met die helderste geel en oranje kleure en spatsels rooi wat jou aandag dadelik trek. Stil waterstrome en die dooie blare wat saggies neerreen as die koel windjie waai. Voorwaar iets wat die batterye weer bietjie laai en die siel sommer nuwe krag gee.






Daar is eintlik nie eers woorde om hierdie pragtige verskynsel te beskryf nie en ek kan maar net probeer om julle ‘n idee te gee met my foto’s. Die kleure is net doodeenvoudig ongelooflik en lyk soms onnatuurlik, so asof iemand oral plastiekblare “geplant” het.






Wel, met die herfs nou in volle swang en met die laaste bome wat nog verkleur sidder ek om net aan die winter te dink wat voorle. Ek sou kon doen daarsonder, die herfs is mos koud genoeg en die winter is boonop lelik ook, behalwe as jy in die Kaap bly!











Wow! Dis pragtig! En dis waar wat jy se: die kleure lyk dikwels onnatuurlik helder. Dis iets om te beleef hier in Korea en verseker my gunsteling seisoen. Die kleure is eintlik so helder en varierend dat mens dit nie tot reg kan laat kom in foto’s nie. Die foto’s is nogtans baie mooi en beeld uit hoe pragtig dit tans hier lyk.
Kaalvoetjies, dit is asem-snak-betowerend-mooi, ek verkyk my aan die ontploffing van kleur. Die laaste foto met die geel blare is vir my besonder mooi, dit lyk soos ‘n natuurlike blommerangskikking. Ek het gans te lanklaas by jou gekuier. O, en daardie oranje een wat soos yslike krisant lyk….sjoe, ek wens ek kan dit self met my eie oë sien.
Mmmmm ja, jy skuld my ‘n kuiertjie ne! Dankie vir die inloer.
Kaalvoetjies, ek het hierdie kuiertjie meer as net geniet. Ek kom loer elke dan en wan en dan kyk ek my oë behoorlik boepensvol van die mooiste mooi. Dankie vir die vreugde.
Jy weet, as iemand wat eintlik net Afrika se mooi ken, is hierdie nou die tipiese puzzle-boks prentjies.(Soos Nikita my nou die dag reggehelp het!) Dit lyk net onwerklik, so asof dit net in ‘n kamma-kamma wereld kan bestaan. Jy’s bevoorreg om dit eerstehands te sien!
Dis moeilik om dit als in te neem, dis net te mooi om oor te vertel of om te wys.
sjoe, dis baie mooi, ek wens ek kon die foto’s groter sien.
Ek sal van die foto’s op my foto blog vir jou sit
Dit is ongelooflik mooi!
Pragtige foto’s. Ek mis herfs.
Goeie foto’s. Regtig iets om te beleef. In my studentejare op Stellenbosch was dit ook altyd herfs wat die mooiste tyd was.
Skelmbos lyk mooi in die herfs ja, veral die wingerde. Die akkerbome in Potch het ook altyd so mooi verkleur as die winter nie te haastig was nie.
Oooh ek is skoon jaloers op jou mooi herfsfoto’s – dit is wat ek die meeste geniet – fietse in die bos terwyl die blare langsaam na benede gaan met elke windteug….my liewe Leffe man is al so moeg om stil te hou dat ek bome kan afneem…dat ek nou myself 2 keer bedink voor ek foto’s van bome neem…maar dit bly mooi. Baie dankie vir die deel van jou wereld se bome met my…ek sal maar elke keer kom inloer as ek na die kleure verlang. Dankie hoor. xxx
Ek het ook so 2 weke terug op my fiets gespring opsoek na bome, maar nou is dit te koud om die ysterperd op te saal. Dankie vir die inloer!
Liewe genugtig dis darem mooi! Ek het nou al dop gehou en hier in my omgewing is die wisseling nie so kleurvol nie. Daar is so bietjie oranje en rooi en dan bruin maar nie so prominent nie.
Herfs (en jou kiekeis) is mooi…. maar niks beat somer nie.
…kiekies….
Die somer is verseker die beste!
Dit maak my liries. Gedurig terwyl ek stap na my klasse of kantoor toe, dat steek af vas — heeltemal bedwelm met nog ‘n toneel vol uitspattige rooie, gele, oranjes… Ek is bevoreg om op ‘n kampus te werk wat in die “Green Belt” is, so ek werk letterlik aan die voet van ‘n berg, en vergaap my byna aan die natuurskoon.
Sjoe, dis mooi!
Wow! Rerig pragtig – wens ek kon dit ook self beleef.
Voetjies dit is asemrowend mooi en jy het dit picture perfect vasgevang.
Voeterjasie!!! Dis AMAZING!!! Dit lyk kompleet soos ons Farmville boompies! Hulle moes by jou gekrip het!
Kaalvoet,
Kom pik ‘n traantjie. Kom wip ‘n woordjie. Kom se koebaai.
http://delliesedinge.wordpress.com/2009/11/18/dont-cry-because-its-over/
Soos altyd stunning fotos en jy gee mens regtig ‘n geoie idee van hoe dit daar lyl. Nooit gedink dit is so ‘n mooi plek nie.