Archive Page 2

09
May
09

Spinnehol

 

 

So sit ek rustig en fliek kyk op my rekenaar, op hierdie Vrydagaand/Saterdagoggend, en eweskielik gewaar ek ‘n beweging uit die hoek van my oog.

 

Ek dog eers ek verbeel myself, want as jy soveel as ‘n mot in jou woonstel gewaar is dit iets om oor fees te vier. Om die een of ander rede sien ek net nie goggas en insekte hier soos in SA nie. Dit bly vir my weird, want ek is maar altyd op die uitkyk vir vreemde, lewende wesentjies ;-)

 

Waar was ek…o ja, die beweging! Groot, vinnig en pikswart! Ek het actually bietjie geskrik, want dis regtig die heel eerste keer in die jaar en ‘n half in Korea wat ek OOIT ‘n spinnekop in my plek sien/kry! Ek is skoon opgewonde!!! Ek weet die meeste van julle hou seker die skerm nou op ‘n afstand, maar ek moes natuurlik net nader gaan ondersoek instel.

 

 

 

DSCF3005

 

 

Die outjie is nie veel kleiner as die palm van my hand nie. Hy/sy het al 8 sy/haar bene en geen beserings is al opgedoen nie (ek het dit so gehou). Ek vermoed 6 oe, of ek sien net nie die ander nie ;-) JA, ek was so naby!

 

 

 

DSCF3006

 

 

 

Die outjie het eintlik mooi doodstil gesit en pose en nie eers geroer vir die flash nie! Seker maar gereken as hy nou nog nie plat is nie dat dit nie gaan gebeur nie! Ek sou hom graag as troeteldier wou he, maar daai kake lyk of hulle besigheid beteken, so ek het my troeteldier maar weer mooi buite gaan neersit :(

 

 

 

DSCF3007

DSCF3010

 

 

 

 

 

 

 

 

Verder weet ek niks van die kalant af nie, maar ek vermoed dis ‘n gewone funnel web spinnekop. Ek wonder net hoekom het “hulle” dit ‘n spinnekop genoem as die sydrade by sy agterstewe uitkom? Spinnehol maak net soveel meer sin.

05
May
09

Buddha verjaar

 

DSCF2861

 

 

 

2 Mei was ‘n groot dag wat feesvieringe betref vir Buddhiste in Korea. Buddha se verlaardag was Saterdag en hierdie spesifieke dag word ook Seokga tansinil genoem.

 

 

 

DSCF2837

DSCF2856

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit beteken nie veel vir my nie, maar die lotuslanterns hang nou al ‘n geruime tyd oral in die strate en dit lyk tog so mooi in die aand. Ek het dus van hierdie geleentheid gebruik gemaak en die wonderlike Bulguksa tempel gaan besoek om die kleurvolle fees en musiek te kan bewonder.

 

 

 

DSCF2890

DSCF2821

 

 

 

 

 

 

 

 

Ek het laatmiddag daar aangekom met die grootste partytjie reeds verby as ek dinge so gekyk het. ‘n See van lanterns groet jou met jou aankoms en hoe verder jy stap hoe mooier word dit. Daar is ook allerhande kos en tee uitgedeel, maar ek het maar verby gehou na al die reuke wat ek opgevang het. Soos dit donker geword het het al wat ‘n Koreaan is ‘n kersie in jou hand geprop om te help lanterns aansteek.

 

 

 

DSCF2925

DSCF2937

 

 

 

 

 

 

 

 

Oral het monks rondgestaan met hul kaal geskeerde koppe en luidkeels gesing oor mikrofoon. Wel, dis nou nie rerig sing nie, dis meer net ‘n ge-hummmmm, maar saam met die houtinstrument waarop daar ritmies geslaan word is dit ‘n wonderlike klank. Die mense is vinnig toegespreek en aangese om gereed te maak vir die groot lanternoptog al om die tempel. Weereens, soos elke ander jaar met die knaap se verjaardag, het die hemele oopgemaak en het dit lekker gestortreen.

 

 

 

DSCF2939

DSCF2899

SDC11748

 

 

 

Ek het vinnig daaraan gedink om ‘n sambreel in te pak, maar toe weer net so vinnig daarvan vergeet, so ja, ek het goed natgereen! Teen die tyd wat ek ‘n reenjassie kon koop het dit ook alweer opgehou reen, maar toe het ek nou die ding aan. Ook maar goed, want oppad terug na die bus het dit weer erg begin reen en het die jassie darem so bietjie gehelp. My kamera was nie so gelukkig nie, maar die werk darem nog ;-)

 

 

 

DSCF2964

 

 

 

Die tempels oral oor Korea sal dan vir die hele maand nog met lanterns versier bly en die helder kleure sal nog vir ‘n rukkie die strate optower!

 

 

 

DSCF2978

23
Apr
09

Goryeong en sy eindelose grafheuwels

 

Ek het weer die voorreg gehad om hierdie besonderse dorpie met sy ryk geskiedenis te besoek. Al was dit net om dieselfde paadjie te stap en om ‘n vriend bekend te stel aan die plek se storie.

Boer het lank terug hier oor Goryeong se geskiedenis geskryf, so ek gaan nie herhaal wat hy gese het nie. Julle moet maar daar gaan lees as julle meer wil weet ;-)

Ek wil eintlik net vir julle wys hoe drasties die landskap verskil tussen mid-somer en lente. Ek het laasnaweek min of meer dieselfde foto’s geneem as met my vorige besoek in die somer. Ek plaas die somer foto’s links en die lente foto’s regs.

 

 

 

DSCF6306

DSCF2626

‘n Replika van graf 44, wat die eerste graf was wat bewyse gelewer het dat diensknegte lewendig saam met hul konings begrawe is

 

 

 

 

 

 

DSCF6374

DSCF2625

Trappies na ‘n reeks grafte

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6406

DSCF2662

Hier kan mens in die verte die grafte van bg. foto’s dien

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6397

DSCF2652

‘n Voetpad na bo (links) en as mens terugkyk (regs)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6418

DSCF2664

‘n Vallei aan die oorkant met ‘n kronkelpad na tradisionele huisies

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6421

DSCF2657

Uitsig oor Goryeong

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6422

DSCF2668

Die bekende ry koninklike grafte

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6428

DSCF2675

Anderkant die grafte stap mens al langs ‘n bedekte voetpad wat jou weer na die dorp lei

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6391

DSCF2578

My troeteldiere ;-)

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF6411

Graf 44 waarvan die replika gemaak is. Dit lyk nie so groot nie, maar het ‘n omtrek van 27m

DSCF6413

DSCF2637

Hierdie is binne die replika en hier kan mens die uitleg volgens hierargie duidelik sien.

16
Apr
09

‘n Amper naweek song

Sommer net ‘n nuwe liedjie (Map the soul) van die Koreaanse groep Epik high.

Ek was beindruk met die video en mens hoef nie die taal te verstaan om die boodskap te kry nie.

 

 

Seker mense het my gemaak die lirieke opsit…so, hier is dit nou…

 

(myk sings about a girl)
i remember my first glimpse of her face
i saw you smile, then i smile
i was straight blown away
mesmerized by your beauty from your feet to your hands
how could one be so beautiful i don’t understand
heaven sent, god’s gift without a doubt in my mind
sometimes i wonder why our paths decided to collide
 we started off as perfect strangers
boy meets girl, infatuation to love
now you’re my whole entire world
destiny taps me on the back — saying hello
but really it was your touch
no and i’ll never let you go
then you spoke i never heard a voice so sweet
heavenly
and from her words man i knew this girl was deep
just like me
with times to worry and times to play
we’ll sit and stress over life or just burn the day away

i know for sho’ in our past life
we had to be friends livin and dyin together
knowin that we would meet again
it’s just a blessin to have you in my life
i was destined, to be with you
my privilege so amazing no question
and i’m knowin, soon enough we’ll get where we’re goin
just thinkin about it i can feel my heart growing
am i trippin? or is it that i finally see?
i don’t know, but my heart is saying that you’re the one for me
please believe me, i’m exactly where i wanna be
this rhyme is written from my heart to you
sincerely

no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you

(tablo sings about nature)
you turn a cocooned soul into a butterfly
and i, lose control, can never turn aside
you shine like summer skies, like when a lover lies next to me and says to me
you make me wonder why
you are a beautiful mystery
every note carved into musical history
assimile, metaphor, words not enough to
entrust to you,
trust that its true
we must have approved while we asked for evidence
dwell on past and sentiments, but we bask in eminence
every moment every day, busy getting paid away, the soul fades away into a grainy shade of grey
i pray, that you’ll listen to what i say,
cause i feel like a missing shoe
this is to everything that you are,
the wild earth, a child’s birth, sun moon and the stars

no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you

(kero one sings about religion)
check it out
so i ask what would i be without you?
like stevie without wonder
hunger without food
a sheep without a shepherd
a sleep without your message
that despite the skeptics that i knew were true
and i knew, that there was more to life
and i grew, livin for the light
i took my answers, combined them with yours
it made life exciting but it closed some doors
with the crisis my life accelerated and deflated
sunk to the bottom, then elevated till i faded
but you always had my back though
when kids threw rocks at me, i’m on stage rappin — still
i see kids without loveit brings tears to my soul
but why they always dry up
the world’s gone bonkers
your heart in fear
and as long as i believe
you’re the reason i’m here

no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you
no reason to live, without you

L-O-V-E-U, i was made to be with you
made to be with you
made to be with you
L-O-V-E-U, i was made to be with you
made to be with you
made to be with you
L-O-V-E-U, i was made to be with you
made to be with you
made to be with you
L-O-V-E-U, i was made to be with you
made to be with you
made to be with you
L-O-V-E-U, i was made to be with you
made to be with you
made to be with you

12
Apr
09

Somersneeu…

 

Nee, die weer is nog nie SO deurmekaar nie!

 

Die kersiebloeisels het almal op een slag gesig gewys. Van ver lyk dit of die landskap wit gesneeu is en as die wind eers begin waai, val die klein blaartjies saggies na die grond. ‘n Koel briesie is nog teenwoordig en dra die soetste geure in die lug.

 

 

 

DSCF2505

 

 

 

Mens kruip oral uit hul gate om hierdie wonder te ervaar. Die paaie is besig, die mense baie en rye is lank, maar dis als die moeitewerd. Oral is kinders wat lag en speel en ouers wat piekniek hou in die koelte van hierdie mooi bome.

 

Oral in Korea word feeste gehou om die lente behoorlik in te lyf, met een van die grootste kersiebloeiselfeeste in Jinhae in die Suide. Seoul het ook baie gebiede wat besonders vertoon in die lente en dan natuurlik ook Gyeongju, wat net ‘n klipgooi van my af is.

 

 

 

DSCF2449

 

 

 

Dis vandag ‘n week later en dis alles weg. Ek kan nie dink dat dit so gou verdwyn nie.

 

Om te reis gaan nou weer ‘n kopseer word, want mens moet so lank vooruit beplan en buskaartjies koop om te verhoed dat jy gestrand op ‘n plek sit. Nie dat ek op die stadium sal omgee om weg te raak nie ;-)

 

Ek los julle met ‘n paar foto’s van die mooi blomme…

 

 

 

DSCF2450

DSCF2453

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2463

 

 

 

DSCF2475

DSCF2478

 

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2528

11
Mar
09

‘n Straatjie vir kuns

 

art street

 

 

 

Gwangju het ‘n baie bekende kunsstraat in die besigheidsentrum. Saterdae kan mens na al die briljante kunswerke gaan kyk, maar om een of ander rede hou die Koreane net mooi niks daarvan as mens foto’s neem nie. Weereens moes ek staatmaak op my skelmstreke, sodat ek dit met julle kan deel.

 

Al hierdie sketse is met inkleurpotlode gedoen en die detail is ongelooflik. Sommiges lyk selfs soos foto’s op ‘n afstand.

 

 

 

art street

Downtown mission(22Mrt) 048

Downtown mission(22Mrt) 052

Downtown mission(22Mrt) 053

Downtown mission(22Mrt) 054

Downtown mission(22Mrt) 068

Die volgende paar foto’s is op een vel papier gedoen, maar ek het sommiges afsonderlik afgeneem om ‘n beter beeld te kon kry. Ek reken die idee was om ‘n alledaagse item in ‘n fantasiewereld te omskep. Ek is mal oor hierdie werke!

Downtown mission(22Mrt) 070

Downtown mission(22Mrt) 076

Downtown mission(22Mrt) 075

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 078

Downtown mission(22Mrt) 079

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 081

Downtown mission(22Mrt) 080

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Downtown mission(22Mrt) 083

Downtown mission(22Mrt) 091

In Korea word die kinders al van ‘n baie jong ouderdom aan die beste kunsopleiding blootgestel en dis verstommend wat die kinders al op skool leer en kan doen!

02
Mar
09

Oeosa tempel

 

DSCF2189

 

 

 

Ek het so twee weke terug die tempel gaan opsoek en was aangenaam verras. Die tempel is aan die voet van berg Unjesan en langs ‘n rivier gelee. Die omringende natuur is nie op die oomblik iets om oor huistoe te skryf nie, want die bome is maar kaal en die uitsig baie vaal. Ek sien egter uit om in die Lente, Somer en Herfs weer hierdie tempel te gaan besoek.

 

 

 

DSCF2083

 

 

 

Wat die geskiedenis van die tempel betref is daar nie rerig inligting beskikbaar nie. Al wat ek kon kry was die volgende:

 

Monk Wonhyo, and Hyegong were practicing in Oeo Temple , and one day they made a bet that after swallowing an alive fish, and relieving it on the edge of the rock, the one whose fish is alive will win the bet.

 

Then, they each swallowed a fish, and one of the fish was relieved alive and the other was dead. When they saw the live fish going up the stream vitally, the two priests said to another that there goes my fish , and both roared with laughter. O represents “I” and Eo represents “fish,” meaning that I saved the fish.

 

 

 

DSCF2129

 

 

 

DSCF2116

 

 

 

DSCF2164

 

 

 

Daar is ook ‘n wandelpad in die berg wat jou tot aan die oorkant van die rivier vat, met kaal boomtakke wat soos ‘n netwerk are teen die blou lug bo jou uitstrek.

 

Tussen die verskillende geboue is daar oral beeldjies uitgepak en sommiges heel humoristies.

 

 

 

DSCF2097

DSCF2109

 

 

 

 

 

 

 

 

DSCF2102

DSCF2098

 

 

 

 

 

 

 

 

In ander geboue kon mens die helder liggies van lanterns en kerse sien en hoor hoe Buddha al singend aanbid word.

 

 

 

DSCF2190

DSCF2149

‘n Ander tempelgebou bo-op die berg

 

 

So het die son oor nog ‘n dag gesak en moes ek weer my weg op ‘n interessante manier huistoe vind ;-)

26
Feb
09

Wat’s in my handsak? (tag)

 

Wipneus het my getag om die inhoud van my handsak bekend te maak…

 

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

 

Laat ek bietjie kyk wat gaan in my handsak aan :oops:

 

 

 

DSCF2200

My LUCKY STRIKE bag. Ek het dit laasjaar in Gwangju by ‘n ondergrondse winkel gekoop.

 

 

 

DSCF2208

Die inhoud!

DSCF2211

Mints wat ek nog by die lughawe gekoop het in Incheon, oppad huistoe en sweets van die Dross en Wimpy.

DSCF2217

Kleingeld uit 2 werelde en my YES/NO coin wat ek ‘n paar jaar terug op ‘n navorsings-trip by die V&A gekoop het…

DSCF2219

My selfoon (wat eintlik maar net as wekker dien) en sy battery, my ander kamera (wat nie meer so baie gebruik word, sedert ek my ander ene via ‘n goeie fee uit SA gekry het. Ek het hom vergeet in die kar by die lughawe en moes noodgedwonge die kleintjie aanskaf in Korea). My verkyker, wat ek gewoonlik nie by my het nie, eksterne hardeskyf en my MP3 speler.

DSCF2220

2 sonbrille (moenie vra nie), kougom en die res…

DSCF2222

 

DSCF2227

 

 

 

 

 

 

 

 

My beursie, bankboekie en paspoort. Dan natuurlik ook ‘n multi-tool vir die wis en die onwis, my hardeskyf se skroewedraaier en ook vir ingeval ek ‘n skroef of twee het wat vasgedraai moet word en my huissleutels.

My beursie het te veel kaarte in…2 Koreaanse bankkaarte, SA bankkaart en kredietkaart, my ALIEN kaart (hehehe), Kyobo boekwinkel kaartjie en my bestuurlisensie (wat niks hier beteken nie en al het dit sal ek dit nie waag nie)

 

Dis dit! Ek tag vir Roer , Boendoe, Skoor en wie ookal nog wil saamspeel!

16
Feb
09

Ongetiteld

Picture 200

 

Seewind, sout-son

Kinders baljaar sorgeloos

sonder tyd wat pla

 

Berge pryk hoog bo jou kop

seemeeu draai om jou

en ry op die wind

 

Duiselig-draai

Die grond kom nader

rots sny diep

skulpe bloei

die see word rooi

 

Been vergruis, oe staar diep…

‘n Rukwind bring jou terug

Verlore siel duik vry die dieptes in

sonder om te groet

 

Daar staan die wind

met uitsig oor gebeure…

Lang hare wapperend en rooi

lint wat die wind versmoor

(c) 2000

 

09
Feb
09

Die eerste volmaan

DSCF1913

 

 

Vandag is die 15e dag van die “Lunar” nuwejaar en dan ook die eerste volmaan. ‘n Belangrike fees, naamlik Jeongwol Daeboreum (Jeongwol = eerste maand; Daeboreum = groot maan) word vandag gevier en tradisionele musiek en danse kon oral in die strate waargeneem word. Hierdie fees is in gebruik sedert die Shilla dinastie en is nie net vir goeie wense en geluk nie, maar ook om van alle booshede ontslae te raak.

Speletjies en rituele

Daar word geglo dat die eerste persoon wat die volmaan sien, goeie geluk vir die hele jaar sal ervaar. Sommige mense klim nogsteeds berge uit om die maan te vang as dit begin opkom (Talmaji), terwyl ander neute met hul tande kraak en eet. Dit besorg glo gesondheid aan jou tande vir ‘n hele jaar. Hierdie ritueel word bureom genoem. Die neute moet egter ge-eet word voor jy enige woord spreek in die oggend en die aantal moet gelyk wees aan jou ouderdom. (sterkte vir die ouer garde…as die neute se harde doppe nie hul tande breek nie sal niks dit breek nie. Wel, vir die volgende jaar ten minste ;-) ). Daar word ook geglo dat die geraas, deur die kraak van die neute, bose geeste wegjaag.

‘n Ander gebruik is, Jisinbapgi, die brand van droe gras op die walle tussen rysvelde terwyl kinders met blikkies vol brandende kole in die lande rond hardloop. Hulle glo dat die rook die lande vrugbaar maak en dat dit wurms wat die volgende oes mag opvreet, vernietig. ‘n Ander ritueel genoem daljiptae-wugi, is die brand van ‘n taljib (“maanhuis”) gemaak van strooi. Mense skryf wense uit op papier en heg dit dan aan die strooi vas. Die brand hiervan is vir wense vir ‘n goeie oesjaar. Hierdie gebruik kan ook tydens die “sunrise festival” gesien word met nuwejaar soos ons dit ken. As die hout/strooi vinnig brand is dit ‘n teken van ‘n goeie oesjaar. Hoe groter die vuur hoe beter die oes, volgens die kenners natuurlik.

100

 

 

Towi palgi is ‘n ritueel wat “selling your heat” heet. Jy staan vroeg op en klop aan ‘n vriend se deur. As hy/sy antwoord dan neem hy jou hitte vir die somer oor, m.a.w jy gaan nie warm kry in die somer nie en hy/sy gaan dubbel so warm kry. Dit klink vir my na ‘n baie dom ding om te doen…

Die mense speel ook die volgende tradisionele speletjies:

 

 

yunnori

ganggang suwollae

yunnori

 

 

 

ganggang suwollae

 

 

 

 


tuho

jegichagi

tuho

 

 

 

 

 

 

 

jegichagi

 

 

 

 

 

 


yeon-nallig

paengi-chigipaengi-chigi

 

 

 

yeon-nallig

 

 

 

 

 


 

 

DSCF1235

neolttwigi

 

 


 

Kos

Rys met 9 verskillende soorte gedroogde groente, van die vorige jaar, word in gedroogde kelp toegedraai en ge-eet. Hierdie gereg word bokssam genoem wat “lucky wrap” beteken. Klink vir my meer na ‘n “lucky packet” met al daai ou groente :lol:

 

Yaksik (medisinale kos) is soet rys gemeng met neute en dadels en word ook ge-eet met verjaardae en troues.

 

Gwibalguisul, beteken letterlik “drank vir beter gehoor” en word ook wyd en suid op hierdie dag aan die ouer gardes uitgedeel, sodat hulle net goeie nuus vir die res van die jaar sal hoor.

 

Ek plaas ook ‘n video van die danse en musiek wat tradisioneel in die strate gespeel word.

 

 

 

 

 

 

So, kyk vanaand uit vir die volmaan en maak jou wens. Ek het reeds!

 

 

 




Kalender

November 2009
M T W T F S S
« Oct    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

Blog Statistieke

  • 13,765 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye