02
Feb
08

Hallo wereld!

hoe my nuwe wereld van ver lyk

Hier is ek nou…weet nie regtig wat om te skrywe nie…dalk moet ek maar by die begin BEGIN!

So paar maande terug het ek ‘n besluit geneem om ander waters te gaan toets, nie omdat ek noodwendig wou nie, maar omdat ek nie ‘n keuse gehad het nie.  Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek in die vreemde sit nie, veral as ek die koerante so dophou.  Julle wonder seker waar in die wereld ek dan nou is…ek is in Suid-Korea! 

Baie mense het my met vrae in hul oe en geligte wenkbroue aangestaar toe ek die nuus gebreek het.  “Korea!!!!”  Ja, Korea en NEE ek wil nie Londen toe voeter nie – die weer is te sleg…dit was my antwoord vir ALMAL!

Ek moet erken dat ek regtig blindelings in die hele ding ingestap het en ek het baie min geslaap in die week voor die groot uittog, maar wat vir my gewag het maak al die onsekerheid en twyfel wat ek eens gehad het die moeitewerd.  My eerste 2 weke was nie baie aangenaam nie maar later het alles in plek begin val en  n hele nuwe, maar tog vreemde, wereld het vir my oopgegaan.

Ek het my elke dag verstom aan al die vreemdes om my en die snaakse kosreuke, klanke en letters.  Vandag kan ek terugkyk en net glimlag oor hoe ek gevoel het, want party dae vergeet mens dat jy in ‘n ander wereld is.


13 Responses to “Hallo wereld!”


  1. Februarie 4, 2008 om 10:39 vm

    en waar is die res dan nou…?

  2. 2 kaalvoetinireen
    Februarie 4, 2008 om 12:19 nm

    this is a work in progress…gee net kans

  3. Februarie 4, 2008 om 12:34 nm

    lol ok ok ek sal geduld beoeven… btw stonnig header prent!!

  4. 4 kaalvoetinireen
    Februarie 4, 2008 om 12:53 nm

    ek is maat stadig met die tegnologies gevorderde goed….ek probeer nog al die goed uitfigure

  5. Februarie 5, 2008 om 8:59 vm

    Wel daar is dit nou… welkom in die blog wereld. sal jou op my rol sit en gereeld kom dop hou… 🙂

  6. 6 kaalvoetinireen
    Februarie 5, 2008 om 10:44 vm

    Thanx…ek sal probeer om gereeld iets te skrywe, maar die tyd is so blerrie min…

  7. Februarie 14, 2008 om 5:34 nm

    Baie welkom kaalvoetjiesinniereen. Kan nie wag om meer van jou ervarings daar ver oor die waters te lees nie.

  8. 8 kaalvoetinireen
    Februarie 14, 2008 om 11:45 nm

    Dankie, ek probeer nog al die kinkels in die kabels uitsorteer…

  9. Februarie 15, 2008 om 1:00 vm

    mmm nou is daar n paar loertjies gemaak… nou sal jy maar skouer aan die wiel moet sit! 😉

    bib – wat vloek jy nou daar so?? 😯

  10. Februarie 27, 2008 om 7:33 nm

    Hy sê seker maar net “Hello”… 😉

    Welkom Kaalvoetkind, geniet Suid-Korea. By the way, hoe ver is jy en BiB van mekaar af in daai land?

  11. Februarie 28, 2008 om 2:34 nm

    DANKIE DM!
    Ja, hy het net “hi” gese…
    Ek dink ons is ongeveer 300km van mekaar af.

  12. 13 afrikafairy
    Maart 8, 2008 om 8:27 nm

    lekker blog om te lees. geniet dit daar in Korea. sal beslis weer van jou ervaringe lees. ek is ook maar ‘n SA wat in Botswana bly.


Lewer kommentaar


Kalender

Februarie 2008
M D W T V S S
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 655 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye