28
Feb
08

stilswye

onthou

vyf jaar het jy hand aan hand met die monster geloop
en die wat geweet het het geglo daar’s hoop

Die tyd saam met jou was kosbaar
en ek sukkel nog om jou besluit te aanvaar

daar was niks wat ek sou kon doen
en jou skielike heengaan het my weer
met “ousus” versoen

ek mis jou elke dag
en wil nie vergeet nie

hoe jy my oor die straat gedra het
as niemand iets van my wou weet nie

die oproepe tydens eksamens
en jou gebede se amens

die seer is nog daar
en verander net van kleur soos ‘n herfsblaar

my woorde sal die omvang van
jou menswees nooit kan beskryf nie

‘n pa vir my die was jy
daaraan is geen twyfel

jou stem het my rustig gemaak
jou arms het my getroos

ek weet jy rus nou en kyk nog
op jou manier na my

ek hoor jou nog altyd
en voel jou hier by my
ek wens net ek kon nog ‘n paar
woorde inkry

ek hoor hoe jy lag
en vir my se “bogger” die af dag

“vasbyt meisiekind, jy’s amper daar!”
en eendag nie te ver van nou
sal ons weer saam gaan vakansie hou

Advertisements

6 Responses to “stilswye”


  1. 1 Zee
    Februarie 28, 2008 om 10:14 nm

    Haai kaalvoetkind, het jy die geskryf? Dit is pragtig, laat my sommer nou aan my paps dink… ek voel party dae ook so dat hy hier oor my skouer loer!

  2. Februarie 29, 2008 om 5:16 vm

    Pragtig… en gevul met so veel liefde!

  3. 5 boendoe
    Februarie 29, 2008 om 4:41 nm

    Dis rerig mooi.

  4. 6 kyker
    Maart 16, 2008 om 6:13 nm

    Dis baie mooi woorde


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Februarie 2008
M D W T V S S
    Mar »
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
2526272829  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: