06
Mar
08

Dis heerlike lente, die winter’s verby…

OF IS DIT???

Ek dink ek gaan dit nie meer se of dink nie, want elke keer as ek opgewonde raak kom maak die winter vir oulaas ‘n draai. Dis asof die skepsel net nie wil laat los nie!

Ek was die naweek wat verby is, weer bietjie op reis en op rys…het sommer net bietjie gaan verken in die strate van Gyeongju en toe kom ek op die interessante verskynsel af.

hitler

Ek was heel verbaas om die muurskildery van ou Hitler te sien en dit in die middel van nerens en in Korea.

Ek moes natuurlik ook die grootste graf (Bongwhangdae) daar in Gyeongju gaan uitklim…dink dit kan nogal ‘n lekker piekniek spot wees in die lente. So, met ‘n uitsig van die stad en die berge wat driedimensioneel in die agtergrond nimmereindigend aanhou. Hoop net nie die koning gril te veel nie 🙂

 

al le die berge nog so blou

 

En dan, iets wat my natuurlik ver teruggevoer het na my kinderdae…

vlieers

Mens kon daar staan en jou eie vlieer maak en dan word dit aan die lang stert van vlieers verbind, maar die uwe se hande was te taai van al die spookasem!!!

Dit was ‘n heerlike dag van sonskyn en kindertjies wat oral rondgespeel het en mense wat uit hul spreekwoordelik gate gekruip het om die warm dag te geniet. Of dalk was dit net so besig oor dit ‘n vakansiedag was.

Ek was eintlik oppad na die museum, maar het toe bietjie in die woud gaan verdwaal en so, WEER nie die museum gesien nie.

woud

 

Die woud is nou nie juis iets om te sien in die winter nie, maar ek sal dit weer in die somer besoek as alles groen is.

 

'n ander hoek

 

 

 

 

 

 

 

So stap ek toe nou maar rustig rond en sien in die verte ‘n beweging…WAT IS DIT??? Stap toe nader, en tot my groot verbasing sien ek twee takbokke! Sommer so in die middel van nerens! Ek dink Kersvader het hulle hier vergeet… (Ek laai so gou moontlik ‘n foto op. Die foto is op my eksterne hardeskyf wat so klein ongelukkie gehad het…)

Hierdie foto’s wys dat die lente verseker oppad is, maar wanneer hy eendag hier gaan uitkom weet ek nie…hoop hy wen vinnig die geveg met die winter!

 

lente

lente

 

 

 

 

 

 

Ek het later rerig bietjie verdwaal en op ‘n paar tradisionele huisies afgekom en hulle lyk op die ou einde maar almal dieselfde, maar is tog interessant.

 

klippertjiesvan die grond af

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En dan die tannietjie wat sit en “beef jerky” maak, maar sy was nie impressed met die foto nie…jerk!

 

beef jerky tannie

 

Hierdie is ‘n algemene verkynsel in Korea…die kragdrade wat soos ‘n kraaines lyk…rerig nie mooi nie en belemmer soms mooi foto’s!

 

kraaines

Advertisements

1 Response to “Dis heerlike lente, die winter’s verby…”


  1. 1 kyker
    Maart 16, 2008 om 5:28 nm

    Dis erg interessant. Mooi foto’s ook. Dankie. Van daai erdepotte sal mooi lyk in my tuin. hehe.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Maart 2008
M D W T V S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,415 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: