31
Mar
08

Ge-Breinbliksem

brain

 

Daar is 5 huise in 5 verskillende kleure. In elke huis bly ‘n persoon met ‘n ander nasionaliteit. Die 5 eienaars drink almal ‘n sekere drankie, rook almal sigare en hou ‘n sekere troeteldier aan. Nie een van die eienaars drink dieselfde drankie, rook dieselfde tipe sigare of hou dieselfde troeteldier aan nie.

Die vraag is: Wie hou die vis aan?

Leidrade:

Die Brit bly in die rooi huis.
Die Sweed hou honde aan.
Die Deense eienaar drink tee.
Die groen huis is links van die wit huis.
Die ou in die groen huis drink koffie.
Die persoon wat Pall Mall rook, hou voels aan.
Die eienaar van die geel huis rook Dunhill.
Die man wat in die middelste huis bly drink melk.
Die Norwegian bly in die eerste huis.
Die man wat Blend rook bly langs die een wat katte aanhou.
Die man wat die perd aanhou bly langs die man wat Dunhill rook.
Die eienaar wat Bluemaster rook drink bier.
Die Duitser rook Prince.
Die Norwegian bly langs die blou huis.
Die man wat Blend rook het ‘n buurman wat water drink.

Ek sal nie nou al vir julle se wie die raaisel uitgedink het of wat hy daaroor te se gehad het nie. Dit breek net ‘n mens se spoed. Kyk of julle die antwoord kan kry! Hierdie goed maak my mal en ek sal aanhou tot ek die antwoord kry! As jy dink jy het die antwoord, laat weet my…

Advertisements

19 Responses to “Ge-Breinbliksem”


  1. April 1, 2008 om 1:46 vm

    Ag nee hel man, ek sien sulke goed en voel verplig om dit dadelik te doen!

  2. April 1, 2008 om 2:17 vm

    Right – het jou (kat)vis!

  3. April 1, 2008 om 3:29 vm

    Nee ou kaalvoet, ek ly aan slaapdepresomething, Ouboet het Lugweginfeksie en Poppedyn mangelontsteking. Al wil ek kan ek nie op hierdie stadium meer as twee breinselle opkommandeer om te help nie. Sal hom maar print en langs die troon hou. Ek sal hom eventually kry as ek net eers weer bietjie slaap ingehaal het….

  4. April 1, 2008 om 10:00 vm

    Hehe! Dit het my ‘n rukkie gevat en ek moes maar prentjies teken om die ene uit te figure! Mens moet net kophou en geduldig wees dan is dit eintlik eenvoudig!
    NJ: Ek verstaan wat jy bedoel met “verplig voel om dit dadelik te doen” ek kan sulke goed ook nie uitlos nie.

  5. 5 Nico
    April 1, 2008 om 3:35 nm

    Mens het 2 dinge nodig om die een te doen, nee, 3… baie tyd, genoeg papier en hope geduld. Maar dis interessant. Ek dink Einstein het gesê net 1 uit 12 ppl kan die ding oplos…

  6. April 1, 2008 om 8:03 nm

    Nee wat, mens het nie so baie papier nodig nie. Dalk bietjie tyd en vir my was dit geduld! Einstein het gereken 98% van die populasie kan dit nie uitfigure nie! Dis regtig nie so moeilik nie, mens moet net kophou, maar dit op sig self is al ‘n moerse challenge vir my op ‘n gewone dag 🙂

  7. April 1, 2008 om 9:24 nm

    #%$#*** waar was ek nou weer??
    ^%$6%7##!!!!!!

  8. April 2, 2008 om 10:47 nm

    Net as ek iewers kom, skreeu ‘n kind, tjank ‘n hond, roep Mynick of iets, sal weer vanag probeer!

  9. April 3, 2008 om 9:59 vm

    Ag shame man…moenie verplig voel nie hoor en vat jou tyd!

  10. April 4, 2008 om 2:51 vm

    @#$%^&*(*&^ en weer *&^%$#@#$% !!!!!!!!

  11. April 5, 2008 om 12:18 vm

    Ek is nou al halfpad mal….sit met omtrent vier lysies hier. Doodgetrek oor begin.

    Ek kan nie my tyd vat nie ek raak skoon beserk.

  12. April 5, 2008 om 10:03 nm

    @#$%^^&&^%$# ek sal more weer probeer…

  13. April 6, 2008 om 10:23 nm

    RF: ek verstaan hoe jy voel! Ek het ook ‘n hele paar keer van voor af begin en net as ek dink ek kry dit reg, maak ek myself deurmekaar! Ek het myself ‘n hele paar keer uitgetrap 🙂
    pikkelik: haal diep asem en vat dit rustig! 😆

  14. April 7, 2008 om 3:33 vm

    Ok, ek het ‘n nuwe plan van aksie….
    Olka Bolka Riebietjie Stolka, Olka Bolka Knor….

  15. 15 boendoe
    April 9, 2008 om 1:16 vm

    Daai ding het my nou al ‘n rukkie mal gemaak, maar ek is jammer om te se: ek het die antwoord gaan opsoek. Bleddie eenvoudig, as jy eintlik daaraan dink!

  16. April 9, 2008 om 3:44 vm

    Boendie,ai boendoe…..(waar? LOL)

  17. April 9, 2008 om 1:06 nm

    Boendoe: Ek verstaan hoekom jy dit gaan opsoek het. Ek het al ‘n paar keer met vorige raaisels ook moed opgegee en dan wou ek my gat skop oor dit so eenvoudig is. Mens wil dit partykeeer so ingewikkeld maak. Hierdie ene het my ook ‘n rukkie besig gehad, maar ek het hom darem uitgefigure gekry.
    RF: As jy rerig wil sal ek vir jou die link stuur…of sommer die antwoord gee…

  18. April 15, 2008 om 9:52 nm

    Kaalvoet, het die Duitser die vis?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Maart 2008
M D W T V S S
« Feb   Apr »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,299 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: