09
Apr
08

Klein Saterdag

 

Wat ‘n heerlike geskenkie van die koreane om vandag as vakansiedag te verklaar!!!  Daar is weer die een of ander verkiesing aan die gang….

Ek het gisteraand beplan wat ek als vandag wil gaan doen en sien ensovoorts en toe ek vanoggend wakker word sous dit buite.  Ek het die storie net een kyk gegee en verder geslaap!  Dis nou maar eenmaal hoe Murphy in die plek werk!  Jy het ‘n dag af en dan reen dit… 👿

Ek kan sekerlik nog steeds uitgaan, maar ek vertrou nie die busse en taxis in hierdie weer nie en dis net ‘n gemors en ek is reeds siek.  So, vandag bly ek maar in die bed met ‘n movie en dalk later ‘n goeie boek.

Dis tye soos die wat ek regtig my kar mis…

Advertisements

6 Responses to “Klein Saterdag”


  1. 1 Thelma
    April 9, 2008 om 4:20 nm

    ‘Klein Saterdag” Hoe laat jy my nou na my pa verlang; ek het laas die woord in 1993 gehoor.

  2. April 9, 2008 om 7:07 nm

    Dis woorde wat ek gereeld as student gebruik het 😆 Waar’s die dae…?

  3. April 9, 2008 om 9:44 nm

    Ag Oumie, geniet maar jou rusdag…. Dit gaan ook verby!

  4. April 10, 2008 om 7:18 nm

    Trek af jou broek en brul. As jy wil. Solank jy net saam speel. Saam speel. http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/04/10/ons-tag-alweer-8/

  5. 5 ERNEST
    Augustus 12, 2009 om 5:16 nm

    Die term “klein Saterdag” het sy bestaan van die Afrikaners gekry vanaf ongeveer 1950’s. Die besighede het op Woensdag middae gesluit en kon die sakemense hulle sportsoort gaan beoefen. Tweedens was die ouers wie se kinders in die skoolkoshuis moes inwoon, toegelaat om hulle kinders te besoek. Onthou dat koshuiskinders net een naweek per kwartaal toegelaat was om huis toe te gaan, bekend as “uitnaweek”. Dit was ook die dag wanneer daar oor en weer gekuier was en meesal ‘n vuurtjie gemaak was vir ‘n lekker braai saam met vriende. Dis lekker om die term nog te hoor en mag dit nooit uitsterf nie.Ongelukkig het die mensdom te materialisties geraak en moes klein-Saterdag die “prys” betaal. Ons ouer garde hou nog steeds “klein-Saterdag” en mag dit nooit tot ‘n einde kom nie !!

  6. Augustus 13, 2009 om 11:57 nm

    Dankie vir die interessante stukkie Ernest. Ek kan jou verseker, solank daar studente is sal die term klein Saterdag nie sommer uitsterf nie 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

April 2008
M D W T V S S
« Mar   Mei »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,400 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: