16
Apr
08

???

 

Ek wil skree! My verstand werk oortyd, my hart mis ‘n paar slae en my maag maak sulke Kaapse draaie! Ek loop nou al ‘n rukkie met hierdie vreemde gevoel in my dat iets nie pluis is nie. Daai 6e sintuig waarvan die mense so praat. Gewoonlik luister ek nogal daarna, want dinge het net al te veel kere gebeur wat vir my ‘n aanduiding was dat dit nie net toeval was dat ek so gevoel het nie.

Hierdie keer het ek dit egter so bietjie geignoreer en ek weet nie hoekom nie. Ek het seker maar gehoop die gevoel gaan oor en dat dit dalk net my verbeelding is. Vanmiddag toe ek egter vir ‘n wyle weer op my agterwereld kon sit, toe slaan dit my vierkantig tussen die oe! Ever since draai my maag asof ek more ‘n helse belangrike eksamen gaan skryf of iets. Ek het nou al met almal gepraat wat ek kon om seker te maak almal is ok. Die hele spul is nog “well, alive and kicking”. Nou wat nou???

Die laaste keer wat ek so gevoel het was daar net k@k en hare, ‘n geween en ‘n gekners van tande! Diep binne my is ek vrek bekommerd en blerrie bang! Dis nie lekker om nie te weet hoekom ek so voel nie!

Advertisements

8 Responses to “???”


  1. April 16, 2008 om 10:32 nm

    Ek hoop van harte daai 6de sintuig is sommer VER verkeerd!

  2. 2 Wipneus!
    April 17, 2008 om 4:05 vm

    Kaalvoet ek kry ook daai gevoel, so paniekerige gevoel, my hart mis sommer 6 slae! En dan kry ek ook altyd hierdie gevoel van die 6de sintuig, ek sien die vreeslike goed wat gebeur en my gaan tref. En wag…en wag…. dan gebeur daar ook nooit niks nie. 😉 Ek hoop jy is verkeerd en dat dit maar net bietjie stres is wat in jou geraamte of kop met jou wil speel!
    Miskien is die brein bietjie moeg, en kort rus.
    Mooi bly.

  3. April 17, 2008 om 10:01 vm

    Ek hoop ook ek is verkeerd. Gewoonlik kry ek daai nare gevoel as iets met iemand na aan my gaan gebeur…maar soms gebeur daar tog niks! Dalk het ek maar net ‘n vakansie nodig *sug* Die naweek is darem in sig 🙂

  4. 4 Wipneus!
    April 17, 2008 om 3:29 nm

    Ek het net nuuskierig kom inloer, om te kyk of daai 6de sintuig al iets uitgeruik het. 🙂 Jy is reg dis amper naweek, ek hoop jy voel al beter! 🙂

  5. April 17, 2008 om 4:00 nm

    Ai, wipneus! Ek het nog so benoude gevoel en dit voel of iemand my keel toedruk vandag! Ek loop al ‘n geruime tydjie met die gevoel rond, so ek reken iewers is iets aan die broei. Help tog nie om daaroor te stres as ek nie weet wat dit is nie, ne!

  6. April 17, 2008 om 6:31 nm

    Ai Kaalvoet, sterkte…

  7. April 18, 2008 om 2:40 vm

    Terrible ek ken daai gevoel. Dit ontaard in vrees vir vrees. Sterkte.

  8. April 21, 2008 om 7:04 nm

    Ek was reg!!!! Dit wat gebeur het was darem nie te ernstig nie en die persoon oor wie ek geworry het was toe die een waaroor ek moes worry! Neewat, ek het al geleer om daai gevoel te vertrou al is dit nie altyd reg nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

April 2008
M D W T V S S
« Mar   Mei »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,490 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: