17
Apr
08

Krakende kakebene!

Nee hel, so kan dit nie langer aangaan nie! Hierdie spul Koreaanse mans is besig om ‘n spidertannie van my te maak, want stadig maar seker is ek besig om die mure uit te klim. Al wat ‘n man is try sy luck met my en ek is nou gatvol vir die geel gifappeltjies en hul sogenaamde skadeloosheid!

Laat ek by die begin begin…

Mens kry baie dat hulle jou aangaap en uitvra oor waar jy vandaan kom ensovoorts en dit was aanvanklik nie ‘n probleem nie. Hulle is seker maar net nuuskierig en stel belang, wel ja, maar in meer as jou land van herkoms…

Die 1e voorval: Ek was so 3 weke in Korea toe ‘n kennis van een van my kollegas aangebied het om my bietjie rond te wys. Natuurlik het ek dit nie van die hand gewys nie, want dis tog iemand wat sy ken…So is ek toe saam met hom Yeosu toe. Ek was so opgewonde en die plek het so mooi gelyk, aangesien dit teen die kus is en daar ‘n hele reeks eilande is. Dit was blerrie koud gewees en ek het dit nie regtig so baie geniet nie. Ons het die Vrydagaand laat eers daar aangekom en bietjie gaan rondloop en toe het ons ‘n blyplek gaan soek. So, babbel die ou in Koreaans en ek neem aan hy kry 2 kamers! O nee!!! Een kamer met ‘n dubbelbed en hy plant homself so ewe op die bed en se ek moet daar langs hom park!!! Amper kry Yeosu nog ‘n eiland by…ek het hom mooi laat verstaan dat dit nie is hoe hierdie girl werk nie en ek soek my eie kamer en my eie bed! Needless to say, het ons vroeg Saterdagoggend teruggery en het ek ook nie weer van hom gehoor nie!

Ek het maar aangeneem dit was ‘n frats happening, want ek het mos sulke bad luck! Dit was nog lank nie die einde nie…

2e voorval: Ek was een Sondagaand oppad terug na my stad vanaf Daegu (so 3ure se ry) en moes daar by die busterminaal vir ‘n rukkie wag voor ek ‘n bus kon kry. Ek het toe maar iets gaan eet by die Lotteria (soos McDonald’s, maar beter) oorkant die pad. Daar sit ek rustig en smul aan my paprika, bacon en bulgogi burger, just minding my own business. Klaar ge-eet staan ek toe op met my coke in die een hand en sak in die ander, oppad terug na die busterminaal. Intussen het ‘n omie daar ingestap, maar loop toe sommer agter my aan en weer uit. Hy groet my so ewe vriendelik in sy beste engels en ek groet toe maar terug. Daar is mos niks daarmee fout nie!? Toe ek weer sien het hy my aan die hand beet, reg om saam met my oor die pad te stap. Ek kan mos nie sulke goed hanteer nie en het half histeries aan die lag gegaan van ongemaklikheid. Ek het so bietjie begin panic, want die man babbel in koreaans en ek weet nie wat hy se nie en hy glimlag van oor tot oor. (Seker gedink hy het die jackpot geslaan!) Ek haal toe net diep asem en reken hy is seker maar net vriendelik en as ons aan die oorkant kom sal hy sekerlik sy gang gaan. Hoe verkeerd kon ek nie gewees het nie!!!

In die proses om oor die pad te stap, het die omie mos goed gedink om aan my gat te vat en toe word ek so met gebroke engels en handgebare in die rigting van ‘n Motel gedwing. MY GOODNESS!!! Ek dog ek bou net daar ‘n eiland/middelman!

Ek weet nie hoeveel keer ek “NO” gese het nie, maar die dude is op die ou einde saam met my die terminaal in en al wat ‘n Koreaan was het my skeef aangekyk oor die ou so aan my hang en ek my wil doodlag! Kyk, dit was alles behalwe snaaks op daardie oomblik, maar om te lag is my coping meganisme. Nou staan ek met die coke in my een hand en met die ander in my baadjiesak, dan haal hy my hand uit my sak en vleg sy verdomde sushivingers soos koeksisters in myne. Dan ruk ek los en vat die coke met daai hand en steek die ander in my sak. So het hy al om my gedans, totdat ek dit regtig nie meer kon uitstaan nie. Ek het toe ‘n hoesbui “ontwikkel” en in die badkamer gaan wegkruip! Ek weet nie hoe lank ek daarbinne was nie, maar toe ek uitkom staan hy so ewe en wag! Daar het ek besef ek moet hol, en glo my, ek het! Ek het toe so vinnig as moontlik op my foon gespring om eers die grap aan iemand oor te vertel en toe hy sien ek praat op die foon stap hy so ewe ‘n draai om my en slaan ‘n ander rigting in!

3e voorval: ‘n Jong knaap wat saam met my op die bus is oppad Gwangju toe begin met my gesels by die bene-rek-stop. Hy kon ook nie regtig engels praat nie en ek was min lus vir die gesukkel. Ek drink toe my koffie klaar en stap rustig terug na die bus. Sal hy my toe nou nie sommer so aan die arm rondtrek om langs hom te gaan sit agter in die bus. Ek het hom net een kyk gegee en gese “NO!” Hy was persistent en het amper my arm afgeruk. Ek weet nie hoe dit hier werk nie, maar ek is nie een of ander prehistoriese gedierte wat aan die hare (of arm) grot toe gesleep gaan word nie! Ek het darem vinnig van hom ontslae geraak en het met ‘n spoed van die bus afgespring in Gwangju om seker te maak hy agtervolg my nie!

4e voorval: Ek is so ruk terug, sommer oppad huistoe van die skool af, daar by ‘n apteek in opsoek na meds wat hulle toe nie gehad het nie. Die ou apteker het toe maar vir my ‘n VitC drankie as troos gegee, maar dis toe nou ook nie waar dit stop nie! Hy groet my elke oggend as ek daar verby stap en nooi my mos nou die dag in en vra toe nou eers my naam en waar ek vandaan kom en ek moes prentjies teken, want die ou ken nie van die rooitaal nie. Ag, maar dis mos maar die gewone MO met die spul en ek het nie omgegee nie. Ek het toe weer ‘n VitC drankie gekry…hy het seker gesien ek lyk verkouerig.

‘n Paar dae later skree hy weer agterna (want hy ken mos nou my naam) en beduie ek moet nader staan (vir nog ‘n VitC drankie) vir ‘n vinnige koreaanse geselsie wat ek nie verstaan nie. Die keer wil hy egter my selnommer he en hy wou weet waar ek bly. Ek het net gelag en gese: “no hand-a-foun-a”. Hy was stom geslaan, want hoe kan ek nou nie ‘n selfoon he nie?! So babbel hy in koreaans en ek probeer nog verduidelik dat ek boggerol verstaan. Later moes ek hoor : “you beauti-pull” (hulle sukkel om ‘n “f” te se, so Fok sal seker pok wees 😆 ) Teen daardie tyd wou ek al op die grond rondkruip, dik van die lag, maar hou dit toe wonderbaarlik in. Die volgende oomblik uiter hy ‘n hele sin in engels “I love you!”. Ek het net daar uitgebars van die lag en vir die man beduie hy is simpel. Ek het omgedraai en geloop! Deesdae groet hy my nog, maar ek wys net altyd op my horlosie dat ek haastig is en dan draf ek verder. Ek moet ongelukkig elke dag daar verby stap, want dis die enigste pad skool toe…

Behalwe vir die voorvalle was daar ook onlangs ‘n jong taxidrywer wat draaie met my gery het en allerhande praatjies gemaak het. Ek het al gesien hoe spring ek by die kar uit. Dan was daar ook een knaap wat “privaat” engelse lesse wou gehad het en daarop aangedring het om dit in my woonstel te doen (no pun intended). Excuse me, daar is net GEEN manier nie!

Dis tye soos die wat ek wens ek was so lelik soos die nag, nie dat ek enigsins dink ek is ‘n oil painting nie en nog minder ‘n model! Wat die Koreaanse mans se gedrag aanbetref, dink ek ek gaan tog van die Amerikaanse girls blameer. Ek weet vir ‘n feit van girls wat daarop uit is om te kyk hoeveel koreane hulle in die bed kan kry. Hulle hou score met behulp van ‘n telbord op hul yskas!!!!! En dit is ook algemene kennis onder die Koreaanse mans as hulle bietjie aksie soek. Die eerste ding wat hulle jou ook vra is of jy van Amerika af kom.

Dit maak my sommer moeilik en ek haat dit om heeltyd goed uit te dink om die mense te kry om my uit te los!

Advertisements

26 Responses to “Krakende kakebene!”


  1. April 18, 2008 om 12:43 vm

    Whaahaaha, maar jy het sonde met die koreane! Ek het nou lekker gelag.

  2. April 18, 2008 om 8:38 nm

    Gelukkig kon jy nog altyd betyds ontsnap! 😆

    Ek kuier nou lekker hier by jou. Dankie.

  3. April 18, 2008 om 9:04 nm

    Ek is seker dit was nie so snaaks vir jou nie, maar ek lag lekker vir jou skryftrant! Dink jy hierdie probleem is uniek aan Korea of dink jy dat jy dit maar in enige land sal ervaar as jy alleen reis?

    NS: Laat my weet as jy ‘n lyfwag nodig het… 😉

  4. April 18, 2008 om 11:07 nm

    Ek probeer maar om die humor in alles raak te sien, want anders kan ek dalk net een van die mannetjies te lyf gaan 😉 Ek kan nie met sekerheid se dat dit uniek is aan Korea, maar ek dink dis tog ‘n probleem as jy alleen reis in lande waar westerlinge nie volop is nie. Ek weet ook nie…Korea is maar my 1e oorsese ondervinding. Ek dink ek moet jou naderhark vir daai lyfwagaksie…;-) Dit sal verseker ‘n stokkie voor hulle gedagtes steek.

  5. April 19, 2008 om 1:38 vm

    As dis aaklig, miskien moet jy sommer op hulle spoeg as hulle nie ‘NO’ verstaan nie! Of sê so iets soos “Me, Dragqueen!” miskien verstaan hulle dit. Dalk ook nie, wat van “Me man with woman clothes”! Hel, ek sal bietjie vannag aan nog dink. In die meantime beter jy jouself baie goed oppas en kry om liefdeswil boerinballingskap se selfoon nommer en sit hom op speeddail!!! Ek gaan sowaar vannag nie ‘n oog toemaak van die worry nie… 🙄
    :

  6. April 19, 2008 om 8:42 vm

    Wha-ha-ha @ Pikkelik!!! Ek dink darem ek is heel veilig… My moedertjie sal seker ook nie slaap nie so ek vertel haar nie eers van die mannewalis nie! Ek moet net ‘n paar skelwoorde in Koreaans leer en vinnig ook!

  7. April 20, 2008 om 7:11 nm

    Mynick sê ek moet vir jou sê die universele taal om te gebruik is baie eenvoudig. Hy sê hy dink nie daar is iemand in die beskaafde wêreld wat nie weet wat F*K*F beteken nie…. Mens weet nooit? 🙄

  8. April 21, 2008 om 4:34 nm

    Hehe! Goed … uitgedruk!!!!!! Kry jou ‘jammer’ maar dit IS hilarious!!!!!

    🙂

  9. April 21, 2008 om 5:18 nm

    Haha @ Pikkelik. Ek sal dit probeer, maar op die stadium gee ek hulle net die duifkyk!
    Bly jy het dit geniet Platty!!! Dit is snaaks as mens terugkyk, maar op daai oomblik kan jy my netsowel met ‘n warm kaggeleg in die hol tokkel! Ek laaik nie die aandag nie en gril vir die spul geel mannetjies…

  10. April 21, 2008 om 5:49 nm

    Kaalvoet, wat is die duifkyk, amper iets soos die Mandosa-look????

  11. April 21, 2008 om 6:53 nm

    Koerrrr-koerrrr ek gaan jou moerrrrr! 😆

  12. April 21, 2008 om 7:52 nm

    Whahaha! Ek gaan daai duifkyk onthou… 😆

  13. April 21, 2008 om 8:22 nm

    Whahahahaha….. Love it!

  14. April 22, 2008 om 12:26 vm

    Dis vreeslik! Dra ‘n ring aan jou ringvinger en swaai dit onder hulle neuse. Skree hardop NEE! in hulle taal.
    Of poep sommer.

  15. April 22, 2008 om 11:40 vm

    Lekker lag ek nou Rosa! Ek dink nie ‘n poep sal werk nie, aangesien dit maar ‘n normale ding hier is om sommer so te loop en poep ens! Die een ding wat my die meeste uitgross is die mense (meer die mans) wat so loop en spoeg! Hulle gaan haal hom daar onder en ver agter….dit maak my sommer naar! The sounds of Korea 😆

  16. April 22, 2008 om 7:37 nm

    O sies, loop en spoeg! Met my luck sal een van hulle op my spoeg.

  17. April 22, 2008 om 8:51 nm

    Ja nee, as ek daai kenmerkende “starter” geluid hoor, begin ek al koes!

  18. 18 meermin
    April 23, 2008 om 7:50 nm

    Hallo jy ek het heel lekker hier gekuier!

  19. April 23, 2008 om 10:41 nm

    Rosa en Kaalvoet – julle laat my nou net met ‘n skok besef ek het ‘n groepie Koreaanse seuns grootgemaak – poepkompetisies en al!
    Lekker gelag Kaalvoet – gelukkig raak dinge snaaks wanneer jy daarna terugkyk. Wanneer dit besig is om te gebeur kan mens maar lekker benoud wees. Dalk moet jy die trouring aan jou middelvinger sit voor jy dit wys……

  20. April 27, 2008 om 6:54 nm

    So wanneer kan ek kom aanmeld om my LYFwag-dienste te begin, of is jy bang vir ‘n wolf in skaapsklere? 😉

  21. April 27, 2008 om 9:15 nm

    Boer, hoe groot wolf kan jy nou wees tussen die spul wat my so treiter??? Jy is meer as welkom om my op ekspedisies te vergesel om die geles af te skrik! Ek het pepperspray en ‘n tazer gun net in case jy ‘n wolf WIL wees. So wees gewaarsku… :mrgreen:

  22. April 28, 2008 om 6:30 nm

    Lekker gelag – veral vir die duifkyk! Kom maar Swede toe, die mans hier is so pap in die broek (pun intended!) dat hulle nie eens opkyk as enige seksbom verby hulle loop nie, nevermaaind Netjane.

  23. April 28, 2008 om 6:40 nm

    Klink net na die plek vir my!

  24. April 28, 2008 om 11:48 nm

    …ek’s ‘n baie klein, onskadelike wolfie…

  25. April 29, 2008 om 12:06 vm

    whahaha! 😆 Dis die KLEIN jakkalsies (wolfies) wat die wingerd opvreet!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

April 2008
M D W T V S S
« Mar   Mei »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,400 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: