14
Mei
08

Buddha se B-day!

Downtown mission(22Mrt) 032

Die bekende rondelyf, mannetjie het die 12e Mei verjaar en was ek so gelukkig om nog ‘n langnaweek te he…

In Korea word Buddha se verjaardag gefier volgens die “Lunisolar” kalender. Hierdie dag word Seokga tansinil (dag van Buddha se verjaardag) of Bucheonim osin nal (die dag wat Buddha sy verskyning gemaak het) genoem.

Die verhaal en geskiedenis rondom Buddha en Buddhisme is so ingewikkeld en hopeloos te veel werk vir my op die stadium om daaroor te skryf 😉

 

 

buddha 403 buddha 315

 

Ek was hier in my omgewing by ‘n tempel in die Liberty Park gewees wat pragtig opgehelder was met lanterns net waar jy kyk.

 

 

 

 

 

buddha 327

 

 

Die hele stad se strate is vol lanterns asook die voetpaadjie deur die park na die tempel. Dit is ‘n reuse fees en gratis tee en kos (bibimpap) word aan die besoekers uitgedeel.

 

 

buddha 395

 

Optogte word gehou met ‘n see van liggies waar jy kyk, wat die donker landskap in ‘n towerwereld omskep. Lotuslanterns bedek dan ook die tempel deur die hele maand voor dit weer afgehaal word.

 

 

buddha 333

buddha 385buddha 399

 

 

Die mense koop allerhande vars vrugte en groente wat dan op sy verjaardag “ge-offer” word en hulle glo vas hy eet dit. Wonder of hulle al van voels en ander gediertes gehoor het? Wonder maar net…

Niet te min, dit was mooi om te sien en ‘n lekker bonus so aan die begin van die week.

Advertisements

9 Responses to “Buddha se B-day!”


  1. Mei 14, 2008 om 9:11 nm

    Ligte fassineer my vreeslik! Ek sou dit nou werklik geniet het. Dankie vir die mooi foto’s. Vir ou vetman het ek nie veel tyd nie!

  2. Mei 14, 2008 om 9:19 nm

    Oor die algemeen lyk hy nie regtig so nie en het ‘n meer vroulike voorkoms in die tempels. Soos ek se, die storie agter die storie is nogal ingewikkeld en ek is nie baie lus om daarin rond te krap nie al is dit hoe snaaks! Die liggies was fantasties mooi en ek het maar swaar gekies aan al die foto’s.

  3. Mei 14, 2008 om 9:49 nm

    Oooo dit moes alles seker baie mooi gewees het. Die eerste keer wat ek hier inloer, maar sal definitief weer so maak. Dis baie interessant. Ek is dol oor die “vertalings-misverstande”

  4. 4 Meraai
    Mei 14, 2008 om 9:56 nm

    Dit lyk wonderlik, alles lyk eintlik wonderlik. Hoop jy geniet dit nog.

  5. Mei 14, 2008 om 11:40 nm

    Daai latern fotos is pragtig, moes seker so mooi gewees het om te sien!

  6. Mei 15, 2008 om 1:16 vm

    Ek het so paar boeddha’s in die tuin….ek het nie eers geweet hulle verjaar nie! 😆
    Die lanterns is darem maar mooi en kleurvol!

  7. Mei 15, 2008 om 5:18 nm

    Die lantern foto’s is baie mooi. Wens ek kon dit ook eendag self sien.

  8. Mei 15, 2008 om 10:26 nm

    Mooi foto’s! Ek hou ook elke jaar van die kleure en die pragtige lanterns in die aand.

  9. Mei 16, 2008 om 12:05 nm

    Salome: Baie welkom en loer gerus weer in.
    Meraai: Ek is so bly jy het ingeloer, ek mis julle ongelooflik baie girl! Dis ‘n belewenis!
    Jane: Thanx en ja, dit is stunning!
    Wip: Wonder of die klomp nie dalk skelm ‘n party gehou het nie 😉
    Dellie: Never say never! Toe ek my oe uitvee toe sit ek in ‘n ander land 🙂
    BiB: Dankie vir die kompliment op foto’s, maar dit was maar ‘n gesukkel sonder ‘n tripod 👿 Hulle kan gerus die lanterns permanent in die aande aanhou, want dit is so mooi en laat vir my ‘n romantiese iets in die lug rondhang 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Mei 2008
M D W T V S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,309 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: