15
Mei
08

Teachers day

Vandag word teachers day regoor Korea gevier en al wat ‘n kind is het geskenkies en eetgoed aangedra. Dis hoogtyd dat ons ook bietjie bederf word, want om elke dag met so klomp terries te werk is nie aldag ‘n grap nie.

 

My 5 jarige terries – Hue, Dean en Jasper

Vir ons 10am snack was daar waterlemoen, aarbeie, die een of ander “rice cake” (dis nie lekker nie) en ‘n moerse roomyskoek met neute! Deur die loop van die dag het daar nog van daai aaklige “rice cakes” opgedaag en darem ook ‘n paar sjokolade rolkoeke. Nou moet ek ook se dat hulle nie weet wat lekker sjokoladekoek is nie, maar dis heel eetbaar.

So het my dag dan nou ook tot ‘n einde gekom, maar toe het ons klomp onderwysers besluit om die dag op ons eie te gaan geniet by ‘n bekende restaurant hier in Gwangju.

 

 

Teachers day 15 May 018

Teachers day 15 May 022

Teachers day 15 May 023

 

 

Links: Binnekant van restaurant waar jy lekker plat op jou bas en sonder skoene sit; Middel & Regs: Een of ander weird slaai met lemoen, kool, wortels en komkommer. Dan is daar ook vars knoffel en red bean paste.

 

 

Teachers day 15 May 024

Teachers day 15 May 026

Links: ‘n Verskeidenheid blare waarin die gebraaide vleisie, sampejoene, knoffel en red bean paste ingesit word en dan word dit toegevou en so heel in jou mond gestop.

Regs: Gemarineerde varkvleisie met sampejoene wat wag om “gebraai” te word.

 

 

Teachers day 15 May 028

Hierdie dis staan bekend as Galbi

Teachers day 15 May 037

Teachers day 15 May 041

 

Hierdie dis wat bekend staan as “fire noodles” is ook nog bestel. Die Koreane noem dit boelsali.

Weereens was dit ‘n suksesvolle aand wat die kos aanbetref en wat sal ‘n ete in Korea dan nou sonder sy bier wees.

Teachers day 15 May 031

Ek soek maar nog die “S” in die OB 😉

Advertisements

9 Responses to “Teachers day”


  1. Mei 16, 2008 om 1:06 vm

    Gelukkige Teachers day vir jou!

  2. Mei 16, 2008 om 1:38 vm

    Daai varkie lyk heel lekker. Wat noem hulle daai snaakse kosmaakdingetjie wat jy die vleis op braai! Ek soek ook so een!

  3. Mei 16, 2008 om 10:13 vm

    Dankie Jane…daar behoort elke week so dag te wees 😉
    Pikkelik: Ek weet nie wat hulle dit noem nie, maar daar is ‘n gat in die tafel waarin hulle dan ‘n houer met smeulende kole insit en dan kom daai boepensdeksel-thingy bo-op wat dan nou warm word en die vleisie braai. Dis ‘n algemene ding hier in die restaurante en as hulle dit nie gebruik nie word gas gebruik.

  4. Mei 16, 2008 om 5:11 nm

    Happy teachers day. Mmmm jou terries lyk of hulle ‘n handvol is 😉

    Ek kyk ook met belangstelling na daardie houer op die tafel wat vleisbraai. Ek dink my teddie moet ‘n gat in ons patio tafel saag, dit kan mos net gesellig wees. Hier gaan ek met ‘n diy projek weg vanoggend….

  5. Mei 16, 2008 om 6:51 nm

    Dankie Wip! Die drietjies is fine…ek bribe hulle met stickers! My probleem is my ander 2 klasse van 16!!!! Dis regtig erg, veral as hulle jou nie eers verstaan nie. Daai “braaier” is nogal nice en dit rook nie, so jy kan dit binnenshuis gebruik. Hulle het sulke extractor fan-erige goed wat oor dit hang wat baie nice is.

  6. Mei 16, 2008 om 10:25 nm

    Daai kids lyk vicious – ek hardloop sommer weg! Haal daai sker uit sy hand!
    Lyk of jou ete baie aangenaam was. Ek hou ook baie van Deji-Galbi! En OB is lekker, hoewel my gunsteling Cass is. Ek dink die braai-kontrepsie word sommer net ‘n “gas burner” genoem.

  7. Mei 16, 2008 om 10:57 nm

    Ja Boer, ek hardloop helfte van die tyd!!! Daar was al ‘n geval in een van my ander klasse waar hulle mekaar se hare gesny het!!!
    Daai was nie “gas burners” nie, maar “coal burners”

  8. Mei 16, 2008 om 11:02 nm

    Klink of jy met die Taliban se jeugvleuel te doen het!
    Ooooo…ek het vergeet. Sommige van die branders werk met gas en ander met houtskool.

  9. Mei 17, 2008 om 1:04 vm

    heeltemal reg! Ek neem aan houtskool is nou die MOOI Afrikaans vir “charcoal” Dit klink vir my te veel na kunstoerusting 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Mei 2008
M D W T V S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Waarvan julle hou

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,631 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: