21
Mei
08

We’re going to the “JEW”

 

gwangju zoo (25 April) 002

 

“Teacher, Teacher, we are going to the JEW!” Ek kyk af in twee, blink, swart ogies. “What JEW?” vra ek met ‘n frons op my gesig. “The Jew Teacher, the Jew” “What are you talking about? Who is the Jew? Do you know a Jew? Where is the Jew?” Teen die tyd spring hy al op en af oor ek nie verstaan dat hy na die “Jew” toe gaan nie. Uitdrukkingloos staan ek die storie en uitkyk en die mannetjie wat die liaseerwerk in my brein doen spring rond soos ‘n wafferse kangaroo om ‘n verwysing te soek vir die Koreaanse “jew”.

Toe tref dit my…ons het ‘n uitstappie met die kleintjies na die ZOO!!! Ek het vergeet hulle kan nie die “z” klank so lekker se nie…

So is ons toe Vrydagoggend volstoom weg by die skool, oppad Family Land toe. Ek sou veel eerder in die pretpark wou rondhang, maar die grappie wat ek daaroor gemaak het is vinnig in die kiem gesmoor 😦

 

gwangju zoo (25 April) 015

 

Dit was ‘n laaaaaaaaang oggend en ek moes die heeltyd alles aan die klomp verduidelik, omdat die Koreane nie die verskil tussen ‘n kalkoen en ‘n reier ken nie! Ek belowe julle!!!

 

gwangju zoo (25 April) 090

 

gwangju zoo (25 April) 054gwangju zoo (25 April) 061Die kinders het dit vreeslik geniet om al die eksotiese voels te sien en natuurlik die tiere en leeus asook die Afrika soogdiere. Ek moes bontstaan om foto’s van almal by die zebra’s en kameelperde te neem.

 

 

gwangju zoo (25 April) 088

 

Die een terrie van 5 het homself geblik en heeltyd in koreaans gebabbel toe hy die moviese seekoei sien. Toe ek my kollega daarna vra het sy net gelag en gese: “He is pointing and laughing, saying; look at its big butt” Dit was so oulik gewees, want hy het dit so geniet!

 

gwangju zoo (25 April) 099

 

Middagete het ook aangebreek en die klomp is soos skapies teruggeneem na ons plekkie in die koelte onder ‘n boom. Hier los jy sommer al jou goed by jou spot en dan verken jy en as jy terugkom is alles nog daar, tot die kos!!! Ek het natuurlik maar als saamgedra… Die kinders se ouers het vir hulle allerhande snacks ingepak en natuurlik vir ons klomp teachers ook.

 

gwangju zoo (25 April) 022

gwangju zoo (25 April) 019

gwangju zoo (25 April) 145

gwangju zoo (25 April) 146

gwangju zoo (25 April) 024

gwangju zoo (25 April) 154

 

 

 

 

Na ‘n rustige middagete het ons die res van die dieretuin aangepak, waar ons nog baie ander interessante diere gesien het.

 

gwangju zoo (25 April) 073

gwangju zoo (25 April) 120

Die beer het die laaste lekseltjie roomys probeer bykom, wat iemand vir hom gegee het.

Sam moes net ‘n foto saam met die langnekgedierte neem…ek noem hom Samsung – hy verpes dit 🙂

Natuurlik ‘n volstruisie ook

gwangju zoo (25 April) 136

 

 

gwangju zoo (25 April) 079

gwangju zoo (25 April) 106

gwangju zoo (25 April) 186

 

 

Dis regtig ‘n ‘n baie goed versorgde dieretuin en alles lyk goed. Die een ding wat my wel vreeslik ontstel het is die feit dat hulle honde ook in die dieretuin het. Daar was ‘n dalmation en Australiaanse malamute en dan ook van die eg Koreaanse rasse waaronder die waarmee geboer word vir hul vleis ook ingesluit was. Ek het skoon naar geword. Die honde was in ‘n goeie toestand, maar die hokke was maar klein. Dit het gevoel soos by die DBV, nie dat ek al ooit my voete daar gesit het nie, maar dit was vir my hartseer om dit te sien.

 

gwangju zoo (25 April) 111

Koreaanse “vleis” hond

Ek is oor die algemeen nie ‘n groot aanhanger van dieretuine nie, maar ondersteun dit in ‘n mate as dit by die bewaring van spesies kom. Solank die diere in ‘n goeie kondisie is en genoeg spasie het, kan ek nog daarmee saamleef.

 

gwangju zoo (25 April) 013

gwangju zoo (25 April) 057

gwangju zoo (25 April) 218

 

 

Wat ek aanvanklik as ‘n moviese bargain gesien het om nie klas te gee nie die oggend, het my tweekeer laat dink oppad terug skooltoe. Ek was dood op my voete en toe le ‘n hele middag se Taliban nog voor. Die helfte van hulle hoort in die blerrie dieretuin!!!

 

 

Advertisements

12 Responses to “We’re going to the “JEW””


  1. Mei 21, 2008 om 9:54 nm

    😆 dit was nou ‘n lekker skrywe en mooi foto’s. Hierdie terries van jou begin al in mens se hart kruip.

  2. Mei 22, 2008 om 12:22 vm

    Hulle klink te cute! Ek hou ook nie eintlik van dieretuine nie, voel te jammer vir die diere, maar as dit die enigste manier is wat die kinders die diere te siene gaan kry en as dit miskien ‘n bewaringsbewustheid by hulle skep, is dit seker verstaanbaar.

  3. Mei 22, 2008 om 12:36 vm

    Kaalvoet, lyk en klink na ‘n baie lekker uitstappie. Ek is nie mal oor dieretuine nie, maar dis ook die enigste manier hoe Oosterlinge hierdie diere kan sien en ervaar…en miskien bewustheid kan skep. Ek stem egter saam dat honde nie in ‘n dieretuin hoort nie! Jou foto’s is pragtig en ek’s veral mal oor daardie uil en die ppi is baie mooi!

  4. Mei 22, 2008 om 1:54 vm

    Jou foto’s is stunning. Ek bewonder jou om vir daai outjies klas te gee… Ek sal my gedaan lag vir hul sêgoed. Ek die oosterling het mos so ‘n manier om met hulle oë ook te lag wat my sommer histeries aan die lag sit, al het ek nie ‘n clue waaroor dit gaan nie… 😳

  5. Mei 22, 2008 om 7:18 nm

    Ag jirre ma, daai swart kraal ogies sal mos my hart laat smelt! Hulle is te pragtig, maar ek kan ook glo hulle is ‘n handvol!!

    Hoe spyt is ek nou ek het nie destyds (toe ek jou ouderdom was) ook so-iets gedoen soos wat jy nou doen nie!! Nou is daar ‘n man en twee honde wat my veilig by die huis hou! *sug*! :mrgreen: Maar ek sal hulle nou vir niks verruil nie!

    Daai hond is darem maar te ‘n mooi hond om te eet! Nie dat ek enige ander hond sal eet nie – maar nietemin – hoe kry hulle dit reg om hom dood te maak vir kos???

  6. 6 BB
    Mei 22, 2008 om 9:42 nm

    Wat ‘n stunning blog!! Kan nie glo ek was nog nooit hier nie!!
    /me sal later die ouer inskrywings bietjie deurwerk…

  7. Mei 22, 2008 om 10:01 nm

    Wip: dankie hoor en ek’s bly daar is iemand in wie se hart hulle inkruip…ek is immuun teen daai puppy eye look!!!
    NJ: BAIE cute, tot jy hulle iets moet leer… 😉
    BiB: Dit was ‘n lekker verandering op die tema en dankie vir die kompliment op my foto’s
    Pikkelik: Baie dankie! Glo my, ek lag BAIE! 😆
    Rene: ‘n Handvol??? NOOIT!!! Ek wil hulle soms aan hul tone ophang veral die swartoogmannetjie, Joe. Ek dink sy ma voer hom springs elke oggend voor hy skool toe kom. Niks keer jou om so iets te doen nie (behalwe dalk jou honde), want jy kan altyd vir manlief saamsleep. Ek weet van mense wat dit doen en hier is baie mense heelwat ouer as ek en jy wat hier kom skoolgee. Ouderdom is geen faktor! Ek gaan nie eers begin oor die hele hondevleis storie nie, want dit maak my net moerig. Hulle is nogal erg oor die klein hondjies, maar ek is seker as hulle die dagwou sal die ook in ‘n pot beland.
    BB: Baie dankie en welkom! Hoop jy geniet jou leeswerk!

  8. 8 boendoe
    Mei 23, 2008 om 1:14 vm

    Simpatie, sus, simpatie! So oggend sou my kapoet gemaak het. Die pretpark lyk ook eerder na ‘n beter opsie vir my! Mooi foto’s, by the way. Ek moet nog uitfigure hoe mens dit, soos jy, so tussen die skrywe gepost kry! (Maar die jare tel teen my…)

  9. Mei 23, 2008 om 7:26 nm

    Ag dankie dat jy julle trippie na die “jew” met ons gedeel het. Ek kuier so graag hier by jou, en geniet al jou foto’s net so baie. Daai kossies lyk te lekker!

  10. Mei 29, 2008 om 11:50 vm

    Snaaks die verkeerde uitspraak en die kinders klink oulik. Honde….eina is moeilik vir my. Die verre ooste se hantering van diere steek my oor die algemeen dwars in die krop.
    Maar eerder jy as ek met kinders na die dieretuine, ek sal dit nooit maak nie.

  11. Mei 29, 2008 om 1:14 nm

    Ja Rosa… Dit voel of ek elke dag in die dieretuin is! Ek weet nie waar kry hulle al die energie vandaan nie, veral nie in hierdie drukkende hitte nie. Ek het skaars krag om my arms op te tel…

  12. Junie 20, 2008 om 8:23 vm

    Somehow i missed the point. Probably lost in translation 🙂 Anyway … nice blog to visit.

    cheers, Recommended!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Mei 2008
M D W T V S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,309 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: