27
Mei
08

vir jou

 
 
jy met soveel drome in jou oe
jy met ‘n mond vol moed
jy met ‘n hart van goud
jy met ‘n sagte hand
 
dis jy wat my van als laat vergeet
dis jy wat die hier en nou laat tel
dis jy wat my hart laat lag
dis jy waarvoor ek so lank al wag
 
vir jou sal ek die maan gaan haal
vir jou sal ek enige prys betaal
vir jou sal ek my hart volkome gee
vir jou sal ek die beste wees

18 Responses to “vir jou”


  1. Mei 27, 2008 om 4:43 nm

    Wow kaalvoet dis mooi…. vir jou sal ek die maan gaan haal.
    Dankie hierdie gaan ek bêre.

  2. Mei 27, 2008 om 5:25 nm

    Baie, baie mooi!!! 😉

  3. Mei 27, 2008 om 10:41 nm

    Mooi! “Ek sal vir jou die maan gaan haal” – pragtige beelde.

    Ek sien jou so oorals in die blogsfeer kommentaar los en loer nou eers vir die eerste keer in. Skande! Jammer. Ek sal weer kom kuier.

  4. Mei 27, 2008 om 11:11 nm

    Mooi woorde! Waar kry jy die inspirasie (stuur tog vir my ook ‘n bietjie daarvan).

  5. 8 Nefri
    Mei 28, 2008 om 3:29 vm

    Ek is mal oor die magrietjies en MAL oor die gedig! Hehe toe ek dit begin lees het, het die ‘jy’ my verbeelding skoon op hol gejaag – sien ek hierdie wysvinger wat deur die skerm na my wys. I wish…..

    Dit ongelooflik mooi – jou woorde het my getoor (bewitch)

  6. Mei 28, 2008 om 3:22 nm

    Dankie almal!
    BiB: inspirasie vra jy…mmmm….iemand spesiaal doen die truuk op die oomblik 😉
    Sal vir jou so bietjie aanstuur met die wind…
    Emil: No problem! Dankie vir die inloer en maak gerus weer ‘n draai.
    Nefri: Ek het ook ‘n “ding” vir magrietjies! Sulke mooi blommetjies! Bly jy het van die gedig gehou.

  7. Mei 28, 2008 om 5:33 nm

    Dit is pragtig!! Ons is hoeka volgende week 20 jaar getroud en dit kan deel uitmaak van my verassing….

  8. Mei 28, 2008 om 7:05 nm

    BAIE geluk Tersia!!! Dis great om te weet daar is nog mense wat dit regkry. Jy kan dit maar met liefde gebruik, solank jy my erkenning gee 😉

  9. Mei 28, 2008 om 9:31 nm

    Jy toor met woorde. Besonders!

  10. 13 Reisiger
    Mei 28, 2008 om 11:46 nm

    Baie mooi!!

  11. Mei 29, 2008 om 1:55 vm

    Ag dis so lekker as almal opgewonde raak as iemand verlief is…. Kaalvoetinireën, een van die dae sing jy ‘Ons TWEE stap kaalvoet en alleen…’

  12. 16 meermin
    Junie 3, 2008 om 8:12 nm

    baie baie baie mooi!

  13. 17 costello
    Junie 3, 2008 om 9:53 nm

    Ek kom weer hier kuier

  14. 18 demoerin
    Junie 4, 2008 om 8:54 nm

    eerste keer hier, sien jou altyd hier en daar en oral raak. Baie mooi woorde!


Lewer kommentaar op costello Kanselleer antwoord


Kalender

Mei 2008
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 49 655 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye