29
Mei
08

Naalde, spelde en die “Great wall of China”

Wanneer is naalde vir die eerste keer gebruik?

  
As mens na vorige rekords kyk, dui dit daarop dat dit eers na die Han Dinastie van China begin het.  Dit is bekend dat hulle akupunktuur begin gebruik het na die Nei-jing* skrywe in die omgewing van 200vC.  Akupunktuur is ‘n unieke karakteristiek van Koreaanse medisyne, wat dit differensieer van ander mediese wetenskappe.  Die invloed van akupunktuur in die wereld van medisyne sluit in; die Meridiaanse konsep wat ontstaan het, die ontwikkeling van polsdiagnose en die ontdekking van drukpunte op die liggaam wat as behandelingspunte gebruik word.

 
Die geskiedenis van Koreaanse akupunktuur

 

Die akupunktuurnaald is ‘n mediese instrument wat gebruik word om siektes te genees deur die stimulering van sekere punte op die liggaam.  In die prehistoriese tye het mense die skerp kante van klip gebruik en soos tyd aangestap het, is daar later van dierbeendere en porselein gebruik gemaak.  Later is naalde ontwikkel wat onderskeidelik van koper, brass, goud en silver gemaak is.  Hierdie naalde wat van metale gemaak was het maklik gebreek, geroes en is soms gekontamineer met Clostridium tetani (klem-in-die-kaak). In die 1960’s het hulle naalde begin vervaardig van vlekvryestaal en deesdae word ander spesiale metale ook ingespan.

 
Klip-akupunktuur, wat beskou word as die begin van akupunktuur, was ook in Korea gebruik en oorblyfsels daarvan is al opgegrawe.  Tydens die Silla-dinastie het die bekendheid van akupunktuur oorgeloop na Japan.  In Koning Seon Duk se 9e jaar het ‘n Japanese man, genaamd Ki Ha Byun Nam Ma, na Silla gereis om ‘n kenner in die veld van akupunktuur te word.  Hy het dan ook baie bekendheid en faam in Japan bereik vir sy ongelooflike kennis in die veld.  Tydens die Geryeo-dinastie was akupunktuur deel van die eksamen vir alle Konfusianisme studente en hulle moes dit leer uit Nei-jing of Nan-jing.

 
Akupunktuur het gewild geraak tydens die Joseon-dinastie en almal, vanaf die armstes tot die rykstes, het daarvan gebruik gemaak.  As gevolg van al die belangstelling het mid-Juseon akupunktuur vlam gevat met Heo Jun, gevolg deur Heo Im.  Heo Im het die eerste boek oor akupunktuur in Korea geskryf.
Akupunktuur is lankal nie meer net ‘n medisinale gebruik in die Ooste nie, maar is nou ‘n bate vir die wereld.  Daar word ongelooflik baie navorsing gedoen in die veld en verskillende metodes vir akupunktuur word steeds ontwikkel.

 

My ervaring…

Dit was soortvan ‘n beplande aksie, maar ook nie eintlik nie en toe ek weer sien stap ek by ‘n Oriental hospitaal in.  Almal staan my grootoog en aankyk en al wat by my mond uitkom is engels en woeste gebare met die hande.  Na ‘n gelag en ‘n gewuif van arms is ek uiteindelik verstaan en word ek na die spreekkamer geneem.  Die een dame kon so 2 of dalk 3 engelse woorde gooi en die dokter het nie ‘n clue gehad nie, so weereens beduie ek toe nou maar dat ek sukkel met hoofpyne en dat my skouers die “Great wall of China” is.

Die mannetjie het opgestaan uit sy stoel en nader gestaan…hy het gedruk en gevoel aan my nek en skouers en sommer net daar naalde in my begin insteek!  Sommer so in die stoel!?

Na die eerste rondte het hy net sy kop geskud en op die foon geklim.  Hy het beduie dat ek net 5 minute moet wag vir sy vriend (die is toe al die tyd ‘n meganiese ingeneur en professor aan die universiteit in Busan) om te kom interpreteer.  Hier het ek moed verloor…’n mannetjie gewapen met “ancient” naalde en spelde en ‘n meganiese ingeneur om die groot muur af te breek???

Op die ou einde het hy gesien die aksie in die stoel gaan nie werk nie.  Toe moes ek op die bed op my kniee staan en toe begin die sports.  Hy druk die naald hier in my skouer dan voel dit of hy my oog uithaal met ‘n chop stick en so het hy die migraine demoontjie rondgejaag van die eenkant na die ander.  Later het ek net omgedop en op my rug gaan le.  Hy het met so “skietmasjientjie” my slape geprik en verder ‘n klomp naalde in my kop, nek, skouers, maag, regterbeen en -voet ingedruk.

So le ek toe nou daar vir ‘n wyle en ontspan.  Dat dit werk is ‘n feit, maar ek sal maar nog ‘n hele paar keer moet gaan om die muur weg te kry.  Dit is glad nie seer nie, maar as daai naald in so stywe spier ingaan voel dit of iemand jou ‘n lammie gee.  Jy voel sommer hoe gee dit skiet.  Ek sal dit ook nou nie juis as lekker beskryf nie, maar dis nie te sleg nie.

Wat wonderlik is is dat die Koreaanse mediesefonds daarvoor betaal…hulle betaal nie vir tandartsbesoeke nie, maar staan reg as iemand jou wil puncture tot jy soos ‘n sifdraad lyk.  Terwyl ek nou hier is gaan ek dit verseker benut en ek is buitendien so raadop met die migraines dat ek byna enige iets sal probeer.

 

*Teoretiese fondasie vir Sjinese medisyne, mediese skrywe van ou Sjina

Advertisements

19 Responses to “Naalde, spelde en die “Great wall of China””


  1. Mei 29, 2008 om 9:02 nm

    Klink baie interessant – ek probeer graag alternative healing praktyke.

    Bloei mens, of is dit ‘n stupid vraag?

  2. Mei 29, 2008 om 9:08 nm

    Dit is nogal en kyk, ek is al so keelvol vir pynpille wat NIE werk NIE ek kan mal word! Mens bloei glad nie. Daai naalde is so blerrie dun…dit lyk soos ‘n haar! Probeer dit gerus, jy het niks om te verloor nie.

  3. Mei 29, 2008 om 10:49 nm

    Jy het guts, girl! Baie interessante inskrywing oor die geskiedenis van hierdie praktyk. Ek sal egter BAIE ERGE spierpyne moet ervaar en geen ander uitkoms moet he, voor hulle my SO vol naalde druk! Niemand maak van my ‘n voodoo-pop nie!

    NS: Jou nuwe header is baie mooi!

  4. Mei 29, 2008 om 11:08 nm

    Glo my Boer, daar is op die stadium geen ander uitkoms, so nou probeer ek maar die voodoo-ding 🙂

  5. Mei 30, 2008 om 12:39 vm

    Akupunktuur werk baie goed vir baie mense. Ek is ‘n voorstaander vir alternatiewe medisyne en praktyke. Antibiotika en pille wat die dokters so links en regs voorskryf is soms gif vir die liggaam en jy raak partykeer weerstandig ook daarvoor. Daar is nou al baie siektes wat weerstandig geraak het vir antibiotika, wêreldwyd. Laat weet ons hoe dit gaan met die naalde storie, ek is regtig nuuskierig. Ek sukkel ook erg met stres in my skouers, soveel so dat my skouers in spasma ingaan. Miskien is hierdie net die ding om hierdie skouers te leer ontspan. 😉

  6. Mei 30, 2008 om 2:39 vm

    Dit was nou lekker Kaalvoet, ek het ook al ‘n paar sessies deurgegaan en glo dit of nie in Piet Retief. Dit WERK. En dit is rerig net vir ‘n paar sekondes deur. Die geskiedenis was nou vreeslik interessant…

  7. 7 mockajava
    Mei 30, 2008 om 3:16 vm

    Moet se kaalvoetinireen jy het meer moed as wat ek het om dit te gaan doen, maar ek skraap nog moed bymekaar, wie weet, miskien mission ek net eendag na die naaste oriental doctor en doen dit maar net.

  8. Mei 30, 2008 om 3:19 nm

    Ek het vir my lae rug probleem. Saam met fisioterapie – ‘n lafenis! Dis hier en daar ‘n bietjie prikkelrig, en dan so ‘n bietjie seer. Maar as die naalde uitkom (sjoe, van hulle is regtig lank) dan verstaan ek die konsep “verligting”.

  9. Mei 30, 2008 om 3:35 nm

    Nee hel Emil, ek bly weg van die fisio af! Daai bliksems maak dit net erger en hulle raas altyd met my as ek se hulle maak my seer. Dit lyk gewoonlik of ek aangerand is en glo my dit voel ook so! Hulle kan my maar vol naalde steek…dit werk en is nie seer nie!

  10. 10 Nefri
    Mei 31, 2008 om 1:39 vm

    Ek wens vir jou ‘n wonderwerk – dat die pyn sal verdwyn en jou migraines sal genees.

  11. Junie 1, 2008 om 5:28 vm

    😆 Ja-nee, maklik is dit nie. Ek gaan Dr Ina Diener in Stellenbosch. Haar bynaam is Eina Donner!! EN glo my, baie gepas. Maar die rugyn is so seer, haar bietjie inmenging is minimaal. Gaan juis weer Dinsdag.

  12. Junie 1, 2008 om 3:06 nm

    Verseker Emil! Ek post binnekort ‘n opvolg van my nuutste akupunktuur ervaring! Al wat ek se is EINA HEL!

  13. Junie 2, 2008 om 4:00 vm

    Shoe moet se ek is ook nou nogal geintreseerd om te sien hoe dit uit draai. Ek sukkel self met my rug en gaan vir reflexology (hoop dis reg gespel maar twyfel) so elke 2 maande en dit werk soos n bom, maar los nie die probleem permanent op nie.

  14. Junie 2, 2008 om 5:51 nm

    Interessant oor die geskiedenis daarvan. Ek sal dit ook seker probeer as daar geen ander uitweg is nie, hulle moet my net blinddoek sodat ek nie die naalde sien nie! :mrgreen:

    Sien uit na die opvolg, en om te weet hoeveel sessies nodig gaan wees om jou migraine monstertjie die doodsteek te gee! 😉

  15. Junie 11, 2008 om 11:32 nm

    Ek loooooooooove akupunktuur! Dit help vir ALLES! Ek het so ‘n paar jaar terug ook akupunktuur laat doen vir gewigsverlies! Hulle druk sulke funny ronde goedjies met skerp puntjies op so drie plekke in jou oorskulp wat op sekere hormone inwerk – en dis glad nie seer nie en het gewerk soos ‘n bom! My mediese fonds het dit natuurlik nie betaal nie en toe raak die storie te duur vir my!! Ek is vandag nog spyt ek moes ophou daarmee! En dit help beslis vir migraine! Ek het vandag ook weer ‘n sessie gehad vir my lae rug (agv lang ure se sit agter die rekenaar – go figure!!) en vir hoofpyne gehad! Ek weet ten minste vanaand slaap ek heerlik!!

    Julle is sommer ‘n klomp sissies – dis glad nie seer nie!!

  16. Junie 11, 2008 om 11:41 nm

    Dankie tog daar is nog iemand wat my kan back!!! Hulle is ‘n klomp sissies 🙂

  17. 17 carol hougaard
    Februarie 26, 2011 om 5:37 nm

    Dit is regtig nie seer nie ek was noual 2 keer gaan weer Maandag ek het spiere in my rug seer gemaak, dit voel al beter maar ek kan seker nie n wonderwerk verwag van 2x se naalde nie!

  18. 18 corra
    Julie 23, 2013 om 10:22 nm

    hi, vir hoeveel keer het is dit nodig om te gaan en wat kos dit per keer?

  19. Augustus 8, 2013 om 4:40 vm

    Oh my goodness! Incredible article dude! Thanks, However I am going through problems with
    your RSS. I don’t understand why I cannot join it. Is there anybody else getting the same RSS problems? Anyone who knows the solution can you kindly respond? Thanx!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s


Kalender

Mei 2008
M D W T V S S
« Apr   Jun »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Wie’s hier…

counter

Van waar gehasie?

Waar is wat?

Flickr Kiekies

DSCF1460

DSCF1458

Yeosu 3 Okt 253

Yeosu 3 Okt 251

More Photos

waarnatoe volgende...

  • Geen

Blog Statistieke

  • 44,309 houe
Page copy protected against web site content infringement by Copyscape

Bladsye


%d bloggers like this: